Jong Modelle

23 01 2012

Haar naam is Kaia Gerber, sy is een van die eerste reeks modelle vir die Young Versace reeks.  Haar ma was op haar dag die top van al die Supermodelle gewees.  As daar iemand is wat die modewêreld ken, is dit seker Cindy Crawford.  En sy is na bewering so trots soos ‘n pou oor haar 10 jarige dogter se debuut.

Kom ek wees regverdig.  Young Versace se teikenmark is tot ouderdom 12.  Natuurlik gaan hulle modelle jonger as 12 moet wees.  Dit is dalk nie my idee van wat ‘n laerskoolkind behoort te dra nie, maar dit is waarskynlik meer die kleur as enige iets anders wat my nie aanstaan nie.  Sy lyk nie vir my 10 nie (sy word 11 vanjaar), maar dalk is dit met die grimering te doen.  Ek het al gewone soet kinders gesien wie se houding meer uitlokkend is op foto’s.

Aan die ander kant, begin modelle deesdae al hoe jonger.  Toe Crawford in 1986 planke toe was, was sy 20 jaar oud gewees en het sy haar studies as ‘n chemiese ingenieur opgeskop.  Oud, oor-die-muur-amper en oorgekwalifiseerd (sy het skool klaargemaak!).  Elle Macpherson was 17 en Naomi Cambell was 16.  Volgens Wikipedia was Charlize 16, tog verbeel ek my 14 was nader aan die waarheid.  As ek reg verstaan was Kate Moss 14 en Linda Evangelista maar net 13.  Dit was nog in die goeie ou dae.

Ek verbeel my ek het onlangs ‘n bohaai raak gelees van ‘n meisie wat ook maar laerskool ouderdom is.  Sy het naam gemaak met pruilende mondjie en gewaagde posisies.  Die girls wat deesdae as sekskatjies uitgebeeld word, is nie eers die wettige ouderdom nie.  Hulle is nog nie eers tieners wat wild kan pleit nie.  Die modelbase laat dit toe en soek dit selfs.  Die ouers gee blykbaar nie om nie of die geld wat so ‘n snotkop maak is genoeg om alle omgee te verloor.

Professioneel modelspeel sit nie in elkeen se broek nie.  Dit is blykbaar blerrie harde werk en nie heeltemal so prettig soos dit mag lyk nie.  Swemklere word byvoorbeeld in die winter gefotografeer, wanneer jasse self gewoonlik truie soek.  Dit is blykbaar ‘n geval van uithou, vasbyt en deurdruk – al is dit teen die natuur.  Dit is om ‘n gewig te handaf ten alle koste, al kos dit jou dood.  Dit is blykbaar ook ‘n wêreld van drank, dwelms en seks.  Is dit die wêreld van ‘n langbeen meisiekind wat nog bates moet ontwikkel en haarself moet leer ontdek?  Wat is die prys wat sy moet betaal?

Dit is waarskynlik eerder die uitsondering as die reël van alle meisies wat droom om modelle te raak.  Dit is nogal gewild om kinders van jongs af vir modelklasse in te skryf.  Dit help glo met hulle postuur en selfvertroue.  Niks fout daarmee nie.  Persoonlik kan ek deur die dak spring as ‘n kleuter haar bors uitstoot vir ‘n foto.  Dit is nie ouderdom geskik nie.  Kleuters moet nie geleer word om uitlokkend te wees nie.

Persoonlik is dit vir my walglik, ander dink weer dit is cute.

Hoe voel julle?  Wat behoort die minimum ouderdom vir loopplank modelle te wees (nou nie vir kinderklere nie)?  Is die geld wat hulle kry die prys werd?  Behoort model klasse kleintjies te leer om soos wafferse modelle te poseer?

Breinvasbrand:  Wat was Elle Macpherson se bynaam?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1948


Aksies

Information

9 responses

23 01 2012
Olga

the body
ek vind die jong meisies walglik. Wie kan dan pedofilie veroordeel as die ouers en mode mense dit bemajrk. Die jammerte is net, dit is onskuldige kinders wie deurloop omdat kinders so kaja en thylane blondeau gront gemaak word om vergrype teen kinders te bemark.

23 01 2012
Olga

btw…
Eerste!

23 01 2012
Gerda. J

wafferse modelle se jy? ek dink eerder dis heeltemal te terterig.
daar sal nou weer na die gifblogs van jaloerse ou vroue verwys word. tog sal ek gedink he cindy crawford wat self deur daai lewe gegaan het, sal iets beter vir haar kind wil he.
ma? nee, siesa.

23 01 2012
klippie

Nee, heeltemal te uitlokkend vir ‘n 10-jarige. In elk geval, sal ek nie graag wil he my kleinkinders moet so aantrek nie. So iets stel natuurlik ‘n voorbeeld vir ons kinders wat dan weer glo dis hoe mens in die wereld moet lyk en optree.

23 01 2012
MaanKind

The body.
En kinders lyk deesdae op twaalf volwasse, ek sien mos hier op die strand.

23 01 2012
Sonlig

Sjoe! Sy lyk BESLIS nie 10 nie. Dis eintlik scary.

23 01 2012
Wheelbarrow Jack

N man kyk na die modelle, dan kyk jy weer en weer want jy besed dat daar n skroef los is met die eerste kyk. Dan dink jy hulle bedinges jou. Dis n flous foto. Of n man wat so aangetrek en opgemaak word. Wanneer jy besef dis net n brons dogtertjie dan bly daar net walging oor. Ouers wat so hoereer met hulle kinders moet agter n padroller aangesleep word. Ek dink geen onmondige kind moet aan sulke twak blootgestel word nie. Dis nou wragtig nie asof o6 cindy die geld nodig het nie.

23 01 2012
Olga

Hoor hoor! (maw, hulle bedonner jou want die oulike tert is dan nou net omtrent ‘n baba.)

24 01 2012
Charms

Nee heng dis darem maar te erg. Ja, die dogtertjies van vandag ontwikkel baie vinniger as wat die geval met ons was, maar om dit so te adverteer in die ‘name of fashion’ is walglik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: