Werk, Arbeid of slawerny

19 01 2012

Daar word gesê werk is edel.  My laerskool leuse was gewees arbeid oorwin.  Selfs die Bybel sê dat jy in die sweet van jou aansig jou brood gaan verdien.  Niks fout daarmee nie:  dit is ‘n gesonde uitkyk om te hê.  In teorie beteken dit egter dat niemand hulle neus vir werk op trek nie en niemand op ‘n harde werker neerkyk nie.  In praktyk werk dit nie altyd so nie. 

Kyk, donkies is ideaal vir harde, veeleisende werk.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, ‘n donkie is ‘n edele dier – dalk selfs omdat ‘n donkie nie wegskram van werk nie.  Daar is egter meer as een manier om ‘n ding gedoen te kry.  Soos ‘n dosent van my gesê het:  ‘n Dom man kap ‘n boom met ‘n stomp byl af; ‘n slim man kap dit met ‘n skerp byl af en ‘n wyse kry iemand anders om die boom af te kap.  Ek het al lankal gesê as dit nie vir die minder edeles – bloot sommer luies – onder ons was nie; het ons almal nog in grote gewoon en met knuppels rond geloop. 

Let net asseblief op dat die nie-edeles nie NIKS gedoen het nie.  Hulle het in sekere gevalle hulle sterte afgewerk om hulle lewens te vergemaklik.  Dink aan Thomas Edison wat 2000 maniere gekry waarmee ‘n gloeilamp nie werk nie.  Toe dit egter werk, het die druk van ‘n knoppie die norm geraak en kerse en lanterns die uitsonderings.  Iemand was iewers te lui om hulle besigheid buite te doen, iemand was te lui om vuur te maak vir kos, iemand was te lui om perde in te span of weke lank te voet te reis.  Kry die prentjie? 

Diegene wat egter op hulle gatte sit en wag vir ‘n wonderwerk, kry selde een.  Daar word met rede op hulle neergesien.  Tog word die ongeskoolde werker, bediende, kelner, bloubaadjies, verpleegster ensmet minagting behandel.  Hoekom?  Hulle sit dalk nie heeldag om ‘n raadstafel nie, maar hulle is tog bereid om hulle hande te vuil te maak om goed te doen wat die raadstafelmense nie kan doen nie.  Feit van die saak is dat hulle wel tot die raadstafel kan vorder met tyd.  Sou die raadstafel in hulle werk gegooi word, gaan dit ‘n gemors wees.  Raai wie verdien nou eintlik respek. 

Aan die ander kant, is daar altyd plek vir gesonde ambisie.  As iemand nie as ‘n arbeider wil werk nie en bereid is om homself te verbeter en te bewys dat hy meer werd is, verdien dit ook respek.  Elke mens kan tog hulle sterre verander as hulle wil.  Werkers wat nie tevrede is daarmee om werkers te wees nie, moet hand in eie boesem slaan.  Eis is nie redelik nie.

Op die ou einde kom hoogmoed tot ‘n val.  Soos ‘n vriendin van my vertel.  Op skool was daar altyd op haar neergesien.  Vandag wonder sy waaroor het die hoogmoediges hulle aangestel?  Die bordjies het iewers verdraai geword. 

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wanneer word werkersdag gevier?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Solomon Ngobeni.


Aksies

Information

5 responses

19 01 2012
Bileam se Donkie

Werkersdag 1 Mei,
en baie dankie vir die mooi woorde oor donkies- ons waardeer dit!

19 01 2012
Gerda. J

dis n feit van die lewe. iemand moet die donkie werk doen. dit meen darem nie ander kan op hulle neersien nie.

19 01 2012
Wheelbarrow Jack

Industriewas n geheel word op die rue van die arbeiders gebou. Dis ook n feit.

19 01 2012
Olga

die ‘houthakers en waterdraers,’ arbeiders dus, kan oor die weg kom sonder die ‘grootkoppe.’ die grootkoppe, egter, is geskroef sonder die arbeider. Buitendien, as die grootkoppe hul vingers uit hul holle gaan trek, sal hul koppe nie so groot wees nie.

20 01 2012
Toortsie

Solank elkeen sy werk met trots doen….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: