Kan die gereg sy gang gaan?

18 01 2012

Ek het gister ‘n brief van Pieter Mulder gelees wat nogal heelwat stof tot nadenke gee.  In kort het Jacob Zuma op 15 Desember 2011 die Galg Museum in die C-Max gevangenes geopen.  As deel van die projek is daar 134 gevangenes geidentifiseer wat blykbaar oor hulle politiek gehang is.  Hulle word dus nou martelaars van die saak gemaak en as sulks as helde vereer.

Mulder waag dit dan om vir die slagoffers op te staan.  Een van die nuwe struggle helde is die Vulindlela-familielede.  Hulle word geprys vir hulle politieke aktivisme.  Mulder weet egter ook van die gesin van Norman en Elizabeth Grobbelaar wat met pangas deur die Vulindlela familie uitgemoor is terwyl hulle kampeer het.  Die Waarheids-en-versoeningskommissie  het bevind dat die aanval erger menseskending was omdat daar geen militêre teiken was nie.  Mulder gebruik ook die Stasiebom as ‘n voorbeeld.  In beide gevalle is dit duidelik dat die veroordeeldes nie die slagoffers van politiek was nie, maar dat hulle onskuldige mense vermoor het en daarvoor gestraf was.  Soos die amper 4000 ander veroordeeldes.

Ek dink baie mense stem volmondig met Mulder saam op die kwessie.  Naamlik dat mense die straf verdien het wat aan hulle uit gedeel was.  Hulle kan nie nou helde gemaak word nie.  Dieselfde argument word toegepas vir menigde oortreders wat met parool, mediese parool of sommer begenadiging vrygelaat word.  Die algemene opvatting is dat geweldenaars in die tronk moet verrot. 

Dit is egter wat die hele storie vir my so interessant maak.  Aan die eenkant word Korrektiewe Dienste en almal wat moontlik verantwoordelik kan wees oor die vingers geraps omdat hulle die vrylating toegelaat het.  Aan die ander kant moet Korrektiewe Dienste kritiek verdra omdat hulle nie dieselfde reëls op meer “simpatieke” veroordeeldes toepas nie. 

Simpatiek in aanhaling tekens weens ‘n gebrek aan ‘n beter woord.  Baie mense voel strek daaroor dat Eugene de Kock en Clive Derby-Lewis vry behoort te wees.  As stawing van hulle argumente woord onlangse gevalle van Korrektiewe Dienste aangevoer as regverdiging.  Tog, as jy die besluite veroordeel het, kan dit met ‘n skoon gewete aangewend word in ‘n ander saak?  Verkeerde redenasie bly mos verkeerd.  Ongeag van op wie dit toegepas word. 

As ‘n mens voel dat veroordeeldes in die tronk moet vrot, geld dit sekerlik vir alle veroordeeldes.  Ongeag van kleur.  Want, kom ons wees eerlik.  Sou Eugene de Kock ‘n swart Mandla Nkozi wees met dieselfde oortredinge, sou sy ondersteuners nog by hom gestaan het?  As Derby-Lewis vir PW Botha vermoor het, sou mense nog sy vrylating geëis het? 

Wanneer die vrae eerlik beantwoord is, kan die regering van onregverdigheid en rassisme beskuldig word as mens self skuldig is?  Hoe het die ou mense gesê?  Wys ‘n vinger na ‘n ander en 3 wys terug. 

Breinvasbrand:  Wie is die laaste man wat in Suid-Afrika tereg gestel is?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Grey Kollege


Aksies

Information

7 responses

18 01 2012
Olga

na my beskeie mening was dit koos bischoff. Tensy iemand anders intussen tereggestel ir.

18 01 2012
Olga

EERSTE!

18 01 2012
Olga

volgens wet egter solomon ngobeni op 14 nov 1989 by pta sentraal. Tog was die laaste necktie party in S.A vir john tsakani chauke 31/1/91 in die destydse venda.

19 01 2012
Wheelbarrow Jack

Kan ons zuma kwalik neew vis die drek wat hy kwyt raak? weet die man van beter? hulle sal nou moet toegee aan openbare druk om selebi vry te laat weens sy swak gesondheid. Het wit suid afrikaners al n FREE DARBY LEWIS of FREE EUGENE DE KOCK fb profile begin of enige ander betoe om hulle te bevry? indie wel, sou ek bitter graag daarvan wil weet.

23 06 2012
M J THOM

Indien Derby-Lewis PW vermoor het sou Hani ‘n opposisieparty gevorm het teenoor die ANC. Wat het 2 Ierse huursoldate hier kom soek in 1994? Hulle het niemand vermoor nie maar Clive het ‘n politikus op die lys vermoor. Waarom was de Klerk & die Waarheidskomisie so die moer in toe die Iere niks vermag nie? Was net Clive en sy maat betrokke? Nie die regering of CIA nie. Word Presidente/politikuste net deur enkelinge en/of Idiote vermoor?

23 06 2012
M J THOM@MISDAAD

Ek skryf my gal af oor misdaad op verskilende blaaie maar waarskynlik verstaan niemand in ‘n magsposisie Engels of my taal nie of onosel of self betrokke……..ag tog!

31 03 2014
Mathys J Thom

Rasistiese Hipokriptiese leunaars & Morele Prostitute

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: