Wat maak ‘n skool?

17 01 2012

Soos ek die storie verstaan begin die skole in die binneland more.  Dit is veronderstel om weinig invloed op my te hê, maar enige Gautenger kan aan die verkeer alleen sien of daar skool is.  Die verkeer raak aansienlik erger wanneer dit nie skoolvakansie is nie.  My dae van laat slaap is tot die einde Maart verby. 

Mens kry skole en dan kry jy skole.  Die grootste fout wat gemaak kan word is om aan te neem dat alle skole ‘n plek is om jong breine te stimuleer en te voed.  Daar is skole waar nie die onderwysers of die leerlinge moeite doen om vir klasse op te daag nie.  Daar is skole waar sport op die voorgrond is en te hel met enige iets anders.  Daar is skole wat soos ‘n Nazi-kamp bedryf word en daar is skole wat die vryheid van die individue voorop stel.  Daar is skrikwekkende skole, daar is swak skole, daar is gangbare skole en daar is goeie skole.  Wat maak van ‘n skool wat dit is?

Ons was op skool gereeld vertel dit is die leerders wat die skool maak.  Was dit nie vir die leerders nie, sou die skool nie bestaan het nie.  Op ‘n sekere manier maak dit sin.  Onderwysers, selfs die afstammelinge van Hitlers, is eintlik dienaars aan die kinders.  Die kinders is immers hulle brood en botter.  Tog het kinders op die einde van die dag bitter min sê aan die skoolbeleid, aanstellings ens.  (Ja, skoolrade moet studente verteenwoordigers hê, maar hoeveel beteken dit op die ou einde?)

Daar is die skoolrade wat amper soos ‘n vloek op die agtergrond hulle ding doen.  Hulle wens is die skool se bevel.  Hulle besluit oor die taal van die skool en die beeld wat die skool wil uitdra.  Hulle besluit oor wat die skool moet kos en hoe dit aangewend moet word.  Hulle kan ‘n skoolhoof aanstel en in ‘n sekere mate ook die onderwysers.  Maak of breek hulle die skool?

Daar is die onderwysers, wat as ‘n span saam die poel van geleenthede gee wat ‘n skool kan / wil bied.  Hoe meer talente die onderwysers na die tafel bring, hoe minder moet daar sonder gedoen word of van buite af ingebring word.  Die onderwysers bied die vakke aan en het die vermoë om die agterosse ook op een of ander manier in die kraal te kry.  As ‘n onderwyser net ‘n salaris soek, weerspieël dit beslis op die leerlinge.  Tog kan een baie goeie of slegte onderwyser nie ‘n skool red van sy lot nie.

Dit laat die skoolhoof, wat ook ‘n mate besluit oor die rigting waarin die skool moet gaan.  ‘n Bestuurder wat die administratiewe besluite neem wat die skool voorspoed of verlies gaan bring.  Is ‘n goeie skool die produk van ‘n goeie skoolhoof?

Is dit een mens of een groep wat die verskil maak?  Is dit die hele organisasie wat saam werk met die doel om die beste van die saak te maak?  Wat reken julle wat maak ‘n goeie skool?  Kan ‘n slegte skool omgekeer word in ‘n goeie skool?  Hoe? 

Breinvasbrand:  Watter skool in Bloemfontein is bekend vir die aantal Springbokke wat uit die skool gekom het?  Die skool was onder meer Hansie Cronje se Alma Mater?

Breinlosbrand:  Die uitgewer-held – ‘n karakter in die boek – is Mikael Blomkvist.


Aksies

Information

2 responses

17 01 2012
Olga

seker maar grey’s kollege waar oa stofruier en leon schuster ook skool gegaan het.

Deesdae bepaal die skoolfonds of dit n goeie skool is. Hoe hoer die skoolfonds, des te begeerliker raak dit vir die ouers.

17 01 2012
Gerda. J

ek glo dat die bestuurligame van skole nie juis verteenwoordigend is nie. hoekom het hulle net ryk mense op die bestuurligame?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: