Dit is meer as net verkeerd . . .

17 01 2012

Ek het die berig by Nuus 24 raak geloop en is gewalg op meer as een vlak.

‘n Ma verkrag haar 11 jarige dogter, maak ‘n video daarvan, noem dit seks opvoeding en word net vir 4 jaar tronk toe gestuur. 

Ek meen??? 

Om mee te begin ‘n 11 jarige is verkrag.  Dit kan in geen samelewing goedgepraat of regverdig word nie.  Dit was boonop verfilm om die hele storie nog meer vernederend te maak.  Sy is deur ‘n ander vrou verkrag.  Ek sal nooit verstaan hoe een vrou kan deelneem aan seker die ergste misdaad teenoor vroue nie.  Kan jy jouself nog ‘n vrou noem as jy ‘n ander van haar vrouwees beroof?  Vroue doen dit nie. 

Nog erger, dit was haar eie bloedma.  Ma’s wat veronderstel is om hulle kinders tot die dood te verdedig en nie aktief te vernietig nie.  Diere toon beter moederskap.  Die ma se kop is nie lekker nie, hoe kan sy dit afskryf as seksopvoeding.  Wat het geword van praatjies en boeke?  Niemand het al ooit ‘n fisiese les nodig gehad nie.  Boonop was die kind die jongste van 4!  Sy het dit waarskynlik ook met die ander 3 gedoen dit.

Alles in ag geneem, word sy net vir 4 jaar tronk toe gestuur????  Ernstig??  Is dit die beskerming wat Australië sy kinders gee?

Advertisements

Aksies

Information

11 responses

17 01 2012
Gerda. J

sies. so n lae lae teef.

18 01 2012
Xena Phoenix

Wat noem jy die geregstelsel Down Under?

17 01 2012
Olga

askies gerda? Bessie is n teef. Sy sal nooit so iets doen nie.

Hul moes die ding in die gorilla hokke by die dieretuin gaan smyt het.
Of nie. Netnou wil sy hul ook sexopvoeding gee.

18 01 2012
Xena Phoenix

Die arme gorillas het mos niks gesondig nie.

17 01 2012
Wheelbarrow Jack

Merrieperd het jy die mense geskop? niks nats. Niks mathilda, niks wilde kind, niks se getweeling en drieling nie. Niks se gekloon nie. Niks se geridder nie. Niks se geossewa of bloubul tannie nie. Niks kruiwa nie? het al die rotte die skip verlaat? almal gaan ook seker se hulle internet misbruik by die werk word geban. Maar ek dink hulle boikot jou omdat hulle my charming geselskap mis.

18 01 2012
Xena Phoenix

Ek het duidelik my touch verloor

17 01 2012
Wheelbarrow Jack

Wat het van my pevreetjie geword? ek sien jy het handuit geruk vandat ek weg is merrieperd. Dit sal nooit deug nie dogter. Iemand moet jou in hand vat. Maar dan het ou bierbottel en de oog in ook die skip verlaat. A nee a.

18 01 2012
demoerin

Daar is nie genoegvloekwoorde om so ‘n persoon te beskryf nie. Goeie Ouers!

18 01 2012
Xena Phoenix

Goeie ouers is juis die mense wat in die geval makeer. 😉

18 01 2012
Selene Phoenix

Dis siek verby!!!
Soos jy sê, jy is veronderstel om jou kinders te beskerm – juis teen dit!! 👿

Vier jaar is pateties verby – daai skuim moes aangekla word van verkragting, kinderpornografie, bloedskande, aanranding… sommer alles onder die son!!

18 01 2012
Charms

Wat de ffffffff!!! amper vloek ek. Nee ek het gevloek maar sal jou maar die woorde spaar. Dis siek verby.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: