Ander se rekenaars is nie so duister nie

16 01 2012

Ek het iewers in die verby gang ook gehoor van die Millenium reeks.  Dit is nou “The girl with the dragon tattoo”, “The girl who played with fire” en “The girl who kicked the hornets nest”.  ‘n Trilogie wat na Stieg Larsson se dood ontdek en uitgegee is.  In 2009 is ‘n reeks Sweedse flieks daaroor gemaak en tans draai die eerste Hollywood weergawe.  Beslis ‘n reeks boeke wat die wêreld laat regop sit het en nie omdat die Swede erger as hase te kere gaan nie.

Soos van die titel afgelei kan word, het die reeks ‘n heldin.  Ene Lisbeth Salander wat aan ‘n reeks afwykings ly.  Die afwykings kon dalk gediagnoseer word as sy met ‘n psigiater wou praat.  Daar kon dalk net ontdek word dat sy bloot net nie ‘n duiwel aflei nie.  Salander is onder meer ‘n spesialis kuberkraker – ek dink in elk geval dit is wat ‘n hacker in Afrikaans is.  Die netwerk waar sy nie kan in nie, moet nog geskep word.  Die blote gedagte is natuurlik genoeg om dadelik jou rekenaar verdag te laat aankyk.

Ook maar net tot ‘n mens besef dat die gemiddelde mens se rekenaar maar ‘n baie flou onderwerp is.  Wat het die gemiddelde rekenaar nou in elk geval om oor opgewonde te raak.  ‘n Paar foto’s, ‘n paar CD’s en miskien selfs ‘n paar DVD’s?  Dalk ‘n paar briewe en ‘n manuskrip wat niemand ooit sal uitgee nie – waarskynlik omdat dit net so vaal soos die rekenaar is.  Die meer georganiseerde gemiddelde het dalk ‘n begroting en sekere dokumente op hulle rekenaar.  Nie goed wat ‘n mens orals wil laat rondvlieg nie.  Diegene wat egter kan sal jou begroting sommer van jou bankrekords op die bank se server kry.  Saam met die bankstate van meer kleurvolle mense.

Dit beteken egter nie dat ek dink dat kuberkrakery ‘n onsinnige stokperdjie is nie.  Persoonlik dink ek nogal dat dit ‘n stokperdjie is waarvan ek self sal hou, veral as ek dalk ‘n jota omgegee hoe ‘n rekenaar of server werk.  Nie noodwendig om geld te steel of om mense tot ‘n val te bring nie.  Net sommer om te lees en te kyk of ek my eie nuuskierigheid kan bevredig.

Vraag is waar om te begin.  Plaaslike politici – om te kyk of hulle praatjies met hulle rekenaars ooreenstem.  Dalk kan ‘n mens sien of daar ‘n verskuilde agenda onder al wat ‘n minister se simpel idee is en of die ministers dalk net dom is.  Ek mik nog na die boomtoppe en nie die sterre nie.  Kan julle dink hoe interessant moet die CIA en ander federale agentskappe se netwerke moet wees?  Of wat NASA dalk vir ons wegsteek om paniek te voorkom?  Dalk kan ‘n mens net sien hoe jou gunsteling skrywer se nuwe boek vorm aanneem

As jy ‘n spesialis kuber kraker is, op watter netwerke sal jy inteken?  Wat sal ‘n hacker op jou rekenaar kan sien?

Breinvasbrand:  Wie is die uitgewer-held van die Millenium Reeks?

Breinlosbrand:  Sonlig was reg met Jennifer Lopez

Advertisements

Aksies

Information

2 responses

16 01 2012
Olga

norstedts forlag.
Ek sou eerder boodskappe wou los op ander mense se rekenaars. Veral op die slim mense van die goewerment, skoolhoofde, varsity kanseliers en grootkop sangers en akteurs. Hul reaksies daarop sal baie interessanter wees as om te lees wat hul ‘wegsteek.’

16 01 2012
Gerda. J

he he he. ek wens ek kan die gesigsuitdrukkings sien as die boodskappe deurkom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: