Sondebok vir Hoekom

12 01 2012

Een ding wat my altyd opval van Law & Order is hoe ver hulle sal gaan om iemand aan die pen te laat ry vir ‘n moord / misdaad.  Gewoonlik as hulle nie die regte oortreder kan of mag vasvat nie, versprei hulle die net verder om iemand anders op een of ander manier verantwoordelik te hou.  Dit is amper asof hulle dink as iemand in die tronk gaan sit, het geregtigheid geskiet.  Selfs al moet dit gerek word soos ‘n stuk kougom. 

Ek het al dikwels gewonder hoekom hulle na sulke uiterstes moet gaan.  Net die blote feit dat iemand boet verander niks aan die ongelukkige besigheid nie.  Dit is een ding om iemand te straf vir hulle oortredinge, maar iets anders om sommer iemand te straf net omdat die eintlike oortreder onaantasbaar is en die persoon in trefafstand is.  Laat my dink aan ouers wat al 6 hulle kinders sal pakgee vir ‘n oortreding omdat hulle nie weet wie skuldig is nie.  Dit is vir hulle belangriker dat die skuldige een gestraf is as dat die ander 5 onskuldig gestraf is. 

Wanneer ‘n tragedie ‘n familie tref, is hulle geneig om wraak te sweer.  Dalk nou nie heeltemal wraak nie, maar hulle is van voorneme dat iemand moet boet.  ‘n Goeie voorbeeld is die ma wat Facebook verantwoordelik gehou het toe haar dogter vermoor en verkrag is deur iemand wat sy op Facebook ontmoet het.  Facebook was net die medium, wat glad nie self tot die misdaad bygedra het nie.  Tog het Facebook die hoofbeskuldige geword.  Dieselfde gebeur dikwels waar Mxit as ‘n kommunikasie medium gebruik was. 

Soms draai die familie teen mekaar en maak mekaar medepligtig.  Die ma beskuldig dalk die pa dat hy in die eerste plek die selfoon gekoop het.  Die pa beskuldig die ma dat sy Mxit toegelaat het.  Enige iets, solank daar iemand is wat die blaam kan dra en gestraf kan word. 

As ‘n mens logies daaroor redeneer, maak dit nie juis sin nie.  Mense wat egter pas iemand verloor het, is baie emosioneel en dan word emosies eerder as logika vir denke aangewend.  Straf gaan nie die pyn laat verdof nie, maar dit beteken nie hulle gaan nie probeer nie.  Solank daar iemand is wat beskuldig kan word, is daar geen rede om net te aanvaar nie.  Iets moet ten alle koste die skuld dra.  Dalk net sodat daar een “hoekom” is wat ‘n antwoord het. 

Dat die vervolger dalk in die proses self ‘n onreg begaan maak nie saak nie.  Mits iets of iemand die straf kan dra.

Breinvasbrand:  Wie is die skepper van Law & Order?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Bonnie Tyler.

 


Aksies

Information

2 responses

12 01 2012
Olga

dick wolf?
Mens sal seker altyd aan n vervolgingswaan ly.
Kan daar egter bevrediging wees as jy weet n onskuldige boet vir n onreg wat teen jou of joune gepleeg was.

12 01 2012
Gerda. J

ek dink tog mense kry in elk geval nie veel satisfaksie uit die straf wat die hof namens hulle uitdeel nie. daarom maak dit nie eintlik saak as iemand anders as die oortreder die spit afbyt nie. dan is dit eerder n geval van hoe meer, hoe beter.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: