Kom ons maak daardie fliek weer

11 01 2012

2011 was ‘n jaar waar daar bittermin op die silwerdoek gebeur het om my opgewonde te maak.  Vir iemand wat op ‘n tyd omtrent weekliks gaan fliek het, kon ek amper op my een hand aftel hoeveel keer ek gaan fliek het laasjaar.  Seker maar luiheid aan die eenkant en verbrande 3D flieks aan die anderkant, maar daar was weinig wat my gelok het.  Die een hoogtepunt was Burlesque wat ek baie geniet het.  Ek het nogal uitgesien na Puss in Boots, maar dit was ‘n teleurstelling.

Goeie, briljante, uitsonderlike of bloot net lekker flieks lyk my word elke jaar net skaarser.  Dit is asof Hollywood stoom verloor het.  Kyk net aan die aantal flieks wat oorgemaak word.  Daar is The Italian Job, wat ek baie geniet het, maar ek het nooit die oorspronklike gekyk nie.  Die wat weet reken jy kyk die nuwe weergawe vir die aksie en die oorspronklike vir Michael Caine se sarkasme.  Daar was Freaky Friday en Fame.  Ek hoor hulle gaan die Spiderman van 10 jaar gelede met Toby Maguire oormaak.  Tans draai die 2011 weergawe van die 1984 fliek, Footloose.

Ek gee toe dat daar op die 1984 weergawe verbeter kon word.  Ek sal nogtans verby hou – hulle wou die fliek meer modern maak en het van die liedjies ‘n nuwe baadjie aangetrek.  Iets wat selde ‘n goeie idee is.  Net om hulle ‘n regverdige kans te gee, het ek Holding Out for a Hero gaan opsoek.  So verkrag ek wragtig nie my ore nie.

Ek is ‘n voorstaander van oorspronklike werk.  As oorspronklikheid makeer, neem dan ten minste ‘n paar verskillende konsepte en maak dit jou eie.  Of maak flieks van mense waarvan daar nog nie flieks gemaak is nie.

Flieks is gewoonlik losweg op een of ander boek gebaseer.  Gewoonlik kom die fliek maar sleg tweede.  Dit is vir my regtig een van die groot ironies van die lewe.  ‘n Prent is veronderstel om ‘n 1000 woorde te wees, maar tog gaan die besonderhede van ‘n boek altyd in ‘n fliek verlore.  Wat jy nie altyd besef as jy eers die fliek kyk, geniet en dan die boek gaan opsoek nie.  As jy die boek meer geniet as die fliek, is daar nie ‘n teleurstelling nie.

Met die wat daar so baie flieks oorgemaak word, kan ons seker ‘n paar voorstelle maak van flieks wat oorspronklik deur ‘n regisseur se gat getrek is.  Ek dink byvoorbeeld nou aan Fiela se kind.  Iemand kan wragtig beter werk daarvan maak as die weergawe wat nou bestaan.  Dalk kan dit saam met die ander bosboeke in ‘n reeks omskep word waar al die gebeur chronologies plaasvind.  Wag, eerder nie.

Watter flieks voel jy kan oorgedoen word?  Wat in die fliek behoort hulle meer aandag aan te gee?  Watter flieks moet eerder maar klassiek word en as sulks waardeer word?

Breinvasbrand:  Wie het Holding Out for a Hero in die 1984 Footloose gesing?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Onse Vader.

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

11 01 2012
Sonlig

Ek stem saam met jou oor die gehalte van flieks in 2011.

Aan die einde van die jaar het ek die die top 10 flieks van 2011 iewers raakgelees. Ek wou tel hoeveel van hulle ek darem gesien het. Nou, ouens….ek weet nie wat ék in 2011 gedoen het nie, maar ek het nie eers ÉÉN van die top 10 onder oë gehad nie. Inteendeel, daar was ‘n paar waarvan ek nog nooit eers gehoor het nie! 😳

Hulle kan AL die flieks oormaak en vir Nicholas Cage in die manlike hoofrol sit. 😉

11 01 2012
Xena Phoenix

Ek ken mense wat van jou sal verskil. 😉

Ek vermy na Liefling Afrikaanse flieks soos die pes. Ons het talentvolle akteurs, skrywers en as jy na programme kyk, behoort ons die tegniese vaardighede ook te hê. Waarom de hel moet hulle elke fliek opmors.

11 01 2012
Olga

bonnie tyler?
Die nuutste fliek op die make over lys is Dirty dancing.
As hul flieks wil maak, maak nuwes. Hkm geld uitgee om n ou fliek oor te doen?
Wil my al lyk asof hul net met n ander se ossies wil ploeg of apartheids kak wil maak om haat en woede aan te blaas.

11 01 2012
Xena Phoenix

Ek het daarvan gehoor. En ek sidder al klaar. Ek moet my Dirty Dancing DVD iewers laai om seker te maak dit bly behou.

11 01 2012
MaanKind

Die probleem in 2011 was dalk die groot hoevbeelheid uitstekende flieks die vorige paar jaar. As it is in heaven, Atonement, Departures, Benjamin Button, daardie een van die Indiër outjie wat die miljoen wen, ek kan sommer aan ‘n rits dink. Vicky Christina Barcelona is nog een. An Education.

11 01 2012
Xena Phoenix

Slumdog Millionaire. Was ‘n uitstekende fliek. Die boek vertel ‘n heel ander storie, maar dit het aanvanklik ‘n ander naam gehad. Q & A. 😉

11 01 2012
Selene Phoenix

Dirty Dancing oor doen! NEE!!! Wats volgende Pretty Woman? Los die classics uit!! Dis soos sangers wat ander se liedtjies sing omdat hulle nie self kan liedtjies uitdink nie!

Ek het Platteland gaan sien… en so ander paar flieks maar niks wat my sal laat terug hardloop om dit weer te sien soos Titanic nie! So ja hulle moet bietjie harder werk die jaar!

Ek het nou nog nie die hele Slumdog Millionaire gekyk nie 😳
En ek bly weg van Twilight af… OMW dis ‘n pot snot!!

11 01 2012
Sonlig

Ek wou juis by die merrie hoor of ek my tyd met Platteland moet mors.

Dirty Dancing, Pretty Woman en Ghost is veilig op my CD rakkie.

11 01 2012
Selene Phoenix

As jy van flieks hou waarin die akteurs sing sal ek sê ja gaan kyk dit. Ek het dit gaan kyk om bietjie SA te ondersteun en ek hou van Steve.

Gaan nou nie sê dis die beste fliek ooit nie! Maar ek het dit geniet, nogals ‘n goeie storielyn en Bok is cute! 🙂

12 01 2012
Celia

Ons het onlangs “Driver” en “Ides of March” gaan kyk, ek het baie van beide gehou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: