Almal wil Universiteit toe gaan

11 01 2012

Genoeg is blerrie genoeg!!  Elke jaar nadat die matriekuitslae bekend gemaak word, is daar chaos by die universiteite.  Party het bo enige verwagtinge of drukfoute skielik universiteit vrystelling gekry en wil nou opsluit met “further education”.  Al is die universiteite vol en kos dit iemand se dood.  Sluitingsdatums is mos net vir (kamstige voormalige) Model C skole. 

En dit is hoe dit al vir jare in Model C skole werk.  Jy word vroeg-vroeg al vertel dat jou st 9 (gr 11) punte die is wat jou in universiteit sal kry of daar uithou.  Natuurlik steur min mense hulle regtig daaraan.  Die st 9 punte is dalk nie watwonders nie, maar dit is heel skaflik.  Gemaklik in die matriekvrystelling reeks, eintlik is matriekvrystelling net ‘n formaliteit. 

Dan tref die eerste kwartaal van Matriek en jy besef dat die vermanings van die onderwysers van gr 8 af nie net wind was nie.  Jy moet met jou st 9 punte jou M-telling uitwerk en daarmee vir universiteit toelating aansoek doen.  Die sluitingsdatum van 30 Junie (as ek reg kan onthou) beteken nie veel nie.  Vir alle praktiese doeleindes moet dit voor einde April in.  Vroeër as jy hoop om ‘n plek in die koshuis te kry. 

Jy wag dan en dan kry jy skielik ‘n briefie wat sê jy is aanvaar.  Jy het plek in die koshuis (as jy vroeg genoeg was en jou punte goed) of jy is op die waglys.  Daar is ook ‘n bedrag wat voor 30 dae betaal moet word – dit laat jou pa wit word en jou ma snaak na haar asem.  Daarna kan jy jouself ‘n student noem.  Jou matriekpunte word met registrasie genoem en kan ‘n paar rand korting beteken, maar dit traak niemand juis nie. 

Amper ‘n jaarlange projek.  As jy nie vroeg genoeg werk daarvan gemaak het nie, het jy die boot verpas.  Jy gaan au pair of spel kelner vir ‘n jaar en maak seker jy vang die volgende boot betyds.  Dit is die algemene aanvaarde proses vir die Model C’ers.  Dit is hoe dit is en basta. 

Verstaan julle nou hoekom studente ergelik raak as die massas net op ‘n dag opdaag?  Hulle kry nie net universiteittoelatings nie, maar kry omtrent ook dadelik plek in ‘n koshuis.  Agtergeblewendes wat dadelik die vraag laat onstaan of hulle deposito betaal en indien wel, wie betaal dit vir hulle? 

Nou wil Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, die jaarlikse stormloop stop deur ‘n ’n sentrale aansoek-en-registrasiestelsel te begin.  Ek kan my net voorstel hoe de hel dit gaan werk.  Moet almal nou hulle aansoeke vir die departament stuur en hulle besluit wie kan gaan studeer en waar kan hulle gaan studeer?  Ek neem aan almal weet wie die wie gaan wees.  As ‘n voornemende student wat vrystelling as vanselfsprekend aanvaar wel toegaan kry, beteken dit seker die departament kan ook besluit waar hy of sy kan gaan studeer.  So kan Sannie Bester van Orania gedwing word om by Fort O’Hare te gaan studeer, al gaan haar mense vir 100 jaar na RAU. 

Die naam van die Universiteit gaan nie net oor ligging, omgewing en snobisme nie.  Die universiteit naam agter jou graad om diploma gee gewig aan die kwalifikasie.  Dit is die rede hoekom almal van Harvard weet, maar nie van Guam nie.  En raai wie se papiere weeg die swaarste? 

Ek hoop die idee van hom gaan ‘n vinnige dood sterf.  En dat daar regtig voet neergesit gaan word met laat inskrywings. 


Aksies

Information

2 responses

11 01 2012
Olga

ek dink dit is n gekkespul hoe swart mense net SWART moet wees om voorgang te geniet. Dis regtig bullshit. Blade mzimande en die anc se sentrale aansoek en registrasie stelsel is net nog n trick van die anc om alle universiteite in te palm vir bbbee.

12 01 2012
Jen

By Unisa moet studente van verlede jaar af al reeds in September aansoek doen om ‘n studentenommer om die volgende jaar te kan inskryf. Daar is ‘n minimale koste verbonde, wat ook nie terugbetaalbaar is indien jou aansoek onsuksesvol is nie. Gedurende registrasie tyd kan slegs studente met reeds bevestigde studentenommers nou sommer op die internet registreer en betaal. Jy is ook nie geregistreer voordat jy ten minste 60% van jou modules waarvoor jy registreer betaal het nie. Ek kon nog nooit verstaan hoekom ander universiteite nie maar dieselfde metode kan gebruik nie.

‘n Sentrale registrasie-sisteem klink vir my al te veel soos die sentrale telefoonnommer waar jy deesdae moet bel om aansoek te doen om ‘n bestuurslisensietoets te doen… heeltemal BELAGLIK!

Baie dankbaar op die oomblik dat ek minder as 6 maande op universiteit oor het en nie nou eers hoef te begin nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: