Skoert met ‘n F

10 01 2012

Ek lees vanoggend verheug oor die munisipaliteit se planne om Pretoria se middestad ‘n bietjie reg te ruk.  Soos ek verstaan gaan daar meestal op geboue gekonsentreer word.  Ons sal maar sien of dit die middestad weer sal omskep tot ‘n plek waar ‘n mens wil wees.

Daar word gesê dat eerste indrukke blywend is en ek reken dit is veral van toepassing in dorpe en stede.  Ongeag die algemene dorps gevoel of inwoners, gaan niemand juis ondersoek instel as die dorp se voorkoms nie iemand roep nie.  So kan ‘n mens deur klein plekkies ry met die doel om dit so ver as moontlik agter te laat.  Tog is daar dorpies waar jy net MOET deur en dan word jy geroep om ‘n koffietjie te drink.  Op die heelminste merk jy die dorp om in die toekoms dit met die hand te kom groet.

Die roepstem spreek verskillend van mens tot mens.  Skoert met ‘n F gespel is dieselfde in al die amptelike en nie-amptelike landstale.  Party plekke verbloem dit dalk net beter of dra maskers wat bo die blink wys.  Nogtans help dit net tydelik.  Mense is nie almal blind nie en vroeër of later gaan die vrot uitbars.  Daar is dalk ‘n onweerstaanbare trekpleister, maar ‘n vrot dorp laat ‘n week besoek na ‘n naweek krimp.

Ek wil eintlik oor die vrotkolle praat.  Die eerste ding wat my summier ‘n gly in ‘n dorp gee is slaggate.  Wat help die mooiste dorp onder die son as jy te hard op die pad moet konsentreer om die mooiheid raak te sien.  ‘n Dorp wat nie toeganklik is nie, wys duidelik dat hulle nie besoekers soek nie.

Vuil sypadjies maak my ook sommer dadelik vies.  Bestaan daar nog iets soos straatveërs?  Ek verstaan in die eerste plek nie hoe moeilik dit is om jou rommel in ‘n blik weg te gooi nie.  Tog, vir die gebreklikes en vertraagdes wat dit nie wil doen nie, is dit regtig ‘n onbekostigbare uitgawe om iemand aan te stel om skoon te maak?

Straatstalletjies kan oulik wees, maar te veel en die wat sypadjies verberg of oorvloei is ‘n doring in die oog.  Straatsmouse en karwagte kan maklik intimiderend raak.  Weereens maak hulle ‘n plek iets wat liefs vermy moet word.

Vervalle en leë geboue wys dat daar net spoke is en dat die wat hulle lewe lief het gewaai het.  Ek het al dikwels gewonder of ‘n gebou wat sê twee jaar leeg staan nie liefs gesloop moet word nie.  Die klein dorpies wat met besoekers oorstroom word, wys dit gewoonlik met liefde aan die ou geboue.  Hulle verf, restoureer en gebruik dit wat dorpie met die nodige sorg sjarmant kan maak.

Wat in ‘n dorp spel vir jou skoert met ‘n F?

Breinvasbrand:  Wat beteken Paternoster?

Breinlosbrand:  Die butler wat Niles


Aksies

Information

6 responses

10 01 2012
MaanKind

Verval spel Skoert.
Ek is TROTS op ons dorp, Kleinmond groei en word uitstekend bestuur. Alle infrastruktuur word in stand gehou, en uitgebrei.

10 01 2012
klippie

Vuil sypaadjies maak mens sommer dadelik onwelkom voel. Onvriendelike en onhulpvaardige mense beteken dat ons nie gou weer in daardie plek ons voete sal sit nie.

10 01 2012
Sonlig

Ek dink ook vuil sypaadjies skep ‘n swak indruk. Ek het lank in ‘n buurt gebly waar die mense nie hul sypaadjies versorg het nie en kon nie wag om daar uit te trek nie. Ek is oortuig dit verlaag die waarde van die eiendomme. Sal nie weer in daai slaggat trap nie, want dis ‘n kultuur wat jy nie verander kry nie.

Nog iets wat my vreeslik irriteer is lang gras. Aan die begin van elke nuwe jaar, vat die mislikepaliteit amper tot in Maart om die parke en middelmannetjies hier in ons omgewing se gras weer netjies te maak na die Desember vakansie. Dit lyk naderhand so sleg dat mens amper voel jou spoed vir die nuwe jaar is gebreek. Of hulle sny die gras en laat lê die snysels vir weke om te vrot.

Dis seker maar ‘n sielkundige ding dat mens elke nuwe jaar “skoon” wil aanpak.

10 01 2012
J W W

Beskawing is hopeloos te veel werk man… ons het mos nou feedom gakry, nou ons wil niks meer doen, net teel en steel !

10 01 2012
Olga

graskop is vuil. Geboue is vervalle en vuil. Strate vol gate en hele donnerse dorp vol chinese winkels waar die winkelier en sy gesin in die winkels woon. Sabie is nie veel beter nie. Maar die vuilste dorpe in s.a, glo ek is steelpoort en burgersfort. Instede dat die sapd mense? (verwonder ek vir my) wie op straat mors beboet, vreet hul slaptjips en smyt die lee vetterige verpakking by die vangwa se vensters uit, SPOEG kougom en trap stompies op di sypaadjie dood. Dit word as rassisties beskou om die omgewing netjies te hou.

10 01 2012
Olga

onse vader?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: