Geseënde Nuwejaar

31 12 2011

“Before the Merriment of Commencement Commences” vergun my die geleentheid om my beste wense vir die Nuwejaar oor te dra.

Volgens almal wat ‘n mening het, gaan 2012 ‘n moeilike jaar wees.  Daar word verwag dat dit ‘n taaier jaar as 2012 gaan wees.  Nie juis dat ek my daaraan steur nie.  In 2008 het almal ‘n gatskopjaar verwag en toe word almal se gatte geskop.  Net nie soos daar verwag was nie.  Die Nuwejaar kan dus nie voorspellings lees nie en die jaar steur hulle dus nie aan die voorspellings nie.

Dus gaan ek nie aan die donker prentjie steur nie.  Ek dink wel 2012 gaan ons weer die geleenthede gee waarvan ons die beste van moet maak.  2012 gaan ons weer kanse gee wat ons nie kan verspeel nie.  2012 gaan weer ‘n jaar wees waarin ons kan groei en hopelik gaan ons 2013 in as beter mense.

Die nuwejaar is ‘n geskenk, waarvan ons die meeste van moet maak.  Die jaar gaan niks aan ons heil verander nie – dit is ons wat die ekstra tyd moet aangryp.

Mag jy en jou geliefdes die voorspoed van die Nuwejaar ontdek en vir julleself toeëien.

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

2 01 2012
Toortsie

WONDERLIKE 2012 vir jou! En ja, ek steur my ook nie te veel aan die doemprofete nie!

2 01 2012
seegogga

Dankie vir my mooi en onverwagse gerskenk! Ek het gister die eerste bladjiwe omgeswaai na Januarie 2012!

2 01 2012
Olga

My ou Papa het altyd gesê: “life is what you make it.” Doemprofete gaan jy immers oral kry. Gelukkige nuwejaar vir jou en Laviga ook.

3 01 2012
J W W

Voorjarige Nuwespoed, mag die beste van 2011 die slegste van 2012 wees…. immers dis wanneer die aarde sal vergaan in elk geval volgens die Mayan kalender !!!!!

:mrgreen:

5 01 2012
verons

HI julle, Hallo en ‘n voorspoedige nuwejaar vir julle almal….

5 01 2012
demoerin

Voorspoed en beste wense vir 2012! Yip, elke dag is so suksesvol as wat jy hom maak. Mag ons aan die einde van elke dag ‘n glasie kan lig op ‘n suksesvolle dag.

8 01 2012
Olga

Ek soek na Laviga, Laviga, Laviga
Ek soek na Laviga
Laviga Heks.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: