Wakker Word

30 12 2011

Heinz Winckler sing mos iets van die 20 minute voordat hy op moet staan.

Ek is baie dinge, maar niemand kan my daarvan beskuldig dat ek ‘n oggendmens is nie.  As jy iemand vrolik en vol sonskyn soek in die oggende, kyk maar gerus verder.  Dit is nie ek nie.  Ek dink eindlik dat mense wat so sonnig in die oggend ongeskik is.  Ek kruip eerder in my hoekie weg en knor as ek dan moet praat.

Ek lig dus nie my stert uit die bed uit nie voordat dit absoluut al 10 minute terug nodig was nie.  Ek sal gewoonlik ‘n paar kere omrol en verder slaap.  Iewers sal ek darem gou seker maak of die wêreld nie vergaan het terwyl ek geslaap het.  Ek lees die koerant nog voordat ek badkamer toe gaan.  Facebook ook, net ingeval iemand iets het om oor opgewonde te raak.

Wanneer ek uiteindelik moet opstaan is die tyd van hana-hana al lankal verby.  Ek moet dan vinger kry om betyds klaar te kry.

Hoe benut jy die tyd voordat jy moet opstaan?

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

30 12 2011
Olga

eerste.
Ek draai om en probeer verder slaap. Maar nou ja, net die dat klaasvakie sedert 1994 n bbbee aanstelling is, ly ek maar
gebrek.

30 12 2011
J W W

Ek probeer ook maar so lank as moontlik slaap, vroeg opstaan is gelyk aan martel in my boekie…. Ek is nie ‘n oggend mens nie, maar deesdae lykit my ook nie meer veel van ‘n middag, of aand mens nie.

30 12 2011
Pikkelik

‘n Voorspoedige, wonderlike Nuwe Jaar vir jou! ♥♥ xxx

30 12 2011
MaanKind

Dink oor my drome, drink my tee (MaanMan bring in ‘n poging om my wakker te kry) Lees bietjie. Sit my BlackBerry aan en kyk wie het in die nag gespeel pleks van geslaap. En dan, as ek nou regtig moet badkamer toe dan staan ek op.

30 12 2011
pienkpantoffels

Ek staan dadelik op want ek verslaap elke oggend want ek is die een (in Maankind se opmerking) wat in die nag speel ipv slaap 🙂 Gelukkig werk ek in my pj’s want anders sou my lewe ‘n katastrofe gewees het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: