Bel Net

28 12 2011

Die dae wat ‘n “Letter in the Mail” die enigste manier was om kontak te behou is al vergete terug verby.  Genugtig, leer kinders ooit nog op skool hoe om briewe te skryf?  Die verskil tussen ‘n formele en ‘n informele brief?  Is liefdegroete ooit nog ‘n amptelike Afrikaanse woord?  Weet iemand ooit wat die nut van ‘n seël is?

Ek dwaal af, die punt is dat briewe en selfs kaartjies meer ‘n aardigheid as allerdaags is.  Ek onthou toe ek melktande gehad het, was daar nog soms biewe gestuur.  Bel was egter minder moeite, maar aansienlik duurder.  Daar was dus gebel, maar oproepe was kort en bondig gehou.  Tog het meer en meer mense besef die ekstra koste van ‘n telefoon oproep is nie so baie as die tyd wat aan ‘n brief spandeer word nie.

Toe kom selfone.  Met kostes wat selfs ‘n langafstand oproep goedkoop laat lyk het.  Hier en daar het die gewone middelklas mense ook een aangeskaf – net vir noodgevalle.  Suid-Afrika was toe nie meer ‘n land waar jy maklik aan iemand se deur kon klop as jy hulp nodig het nie.  Noodoproepe met ‘n selfoon was darem gratis.

Stadigaan het ouer kinders vir die geval van nood selfone gekry.  Sodat die ouers hulle in die hande kry as hulle saans uitgaan.  Toe kom sms’e, ‘n splinternuwe metode van kommunikeer.  En dit was relatief goedkoop.  Veral buite spitstye.  Boonop het Vodacom lank 15 gratis sms’e ‘n maand uitgedeel wat lank genoeg was vir die hele maand.

Op die punt het ons ook maar blasé geraak daarmee.  Sms’e is al hoemeer gebruik.  Dit was goedkoper as ‘n brief of oproep.  Dinge het nog goedkoper geraak.  Mxit het amper ‘n revolusie veroorsaak.  Facebook het gekom en al hoe gewilder geword.  Later is Facebook saam met eposse selfone toe.  Alles goed wat dit meer toeganklik vir die gewone mens gemaak het.  Toe kom BBM en dit is so na aan gratis as wat kan kom.  Daar is amper geen meer nut vir Mxit, bel of ‘n brief nie.  Almal, maar almal is op die wa!

Behalwe ‘n paar mense wat tegnologies gestremd is weens hoë ouderdom.  Dit het my die afgelope paar jaar regtig naar gemaak.  Vertel jy vir iemand van ‘n bejaarde vir wie hulle iets behoort te voel, word daar 90% van die tyd gat daaraan afgevee.  Die 10% wat dalk sal maak of hulle omgee, vra ‘n selfoon nommer dat hulle kan sms.  Ek weet in sommige gevalle is dit ‘n blerrie prestasie dat mense so by die 40 of 50 jaar kan sms, maar daar is mense wat nie meer lus is om te leer nie.  Wys jy dit vir hulle uit, hoor jy van hoe duur dit is om te bel.

Is dit ‘n geval van onbekostigbaarheid of inhaligheid?  Die meeste ou mense dink nog bel is net vir ‘n noodgeval.  Hulle is eerstens so dankbaar dat iemand hulle gebel het en gedagtig aan die groot onkostes daarvan maak hulle seker die oproep is kort.  Niemand het in elk geval gesê daar moet in spitstyd gebel word nie.

Persoonlik dink ek daar is ‘n tyd om te bel en ‘n tyd om te sms.  Iewers moet iemand tog ‘n riglyn gaan skryf en hoop dit weeg swaarder as die paar sente wat iemand ekstra moet betaal.

Wanneer behoort daar eerder gesms as gebel te word?

Wie behoort eerder gesms as gebel te word?

Hoe voel julle?


Aksies

Information

6 responses

28 12 2011
skoor

Goeie punte!!! Ek was in love met briewe skryf en kry. Nou se dae email ons maar. Jy skrik as n hand geadresseerde posstuk aankom!

Ai, hier gebruik ek nou tegnologie om jou te antwoord, maar ten minste kommunikeer ons.

Ek is bekommerd oor die agteruitgang van die mens se vermoe om n GESPREK te voer! Dis altyd selfoon gryp in geselskappe, of eenvoudig sit met n mond vol tande, omdat jou vingers eerder sou wou praat!

Hier kom my brekvis…

28 12 2011
murphy

As ek glad nie hoef te bel nie, sal dit my pas, maar dis net my persoonlike gevoel. Ek haat ‘n telefoon en sou baie maklik sonder een kon klaarkom. Ek facebook, sms, BBM, omdat ek ‘n ge-hoeha-ery op ‘n telefoon nie kan vat nie.

28 12 2011
Olga

In meeste gevalle sal ‘n sms doen na iemand wie jy weer vanmiddag, vanaand, more-oggend of volgende week weer gaan sien. Indien dit egter is na iemand wie jy ‘n ruk lank nie gesien het nie, soos ‘n amper vergete familie lid, wag gerus tot na 20:00 en bel hulle.
Ek het vrilendinne van om en by 70 jaar wie leke sms en self mxit en fb. Ek verkies eintlik sms dan hoef ek nie te vra “ekskuus” of “sê weer” nie. Dis frustrerend om nie die ander persoon te kan hoor nie.

28 12 2011
MaanKind

SMS as jy iets wil sê, maar as jy ‘n antwoord verwag, bel eerder.
Ek is mal oor die tegnologie en embrace dit.

29 12 2011
Jo-Ann de Smit

Op Kersdag wou ek my kinders se stemme hoor. Vir die ander liefies kon ek drukkies uitdeel. Ek het seker so twee sms’e gestuur. Ek bel nie graag nie.

Ek mxit en e-mail baie. Daar was ‘n tyd toe ek lief was daarvoor om briewe te skryf…. dit was toe ek nog ‘n pen langer as vyf minute kon vashou sonder dat my hand kramp… ek is eerlik dat ek verleer het om netjies te skryf. Ek tik net. Dis eintlik ‘n skande.

Ek het die jaar geen kerskaartjies gestuur nie – ook nie ontvang nie. Die besigheid het ook net drie gekry. Lyk my dit sterf ook uit met tegnologie wat oorneem.

30 12 2011
Olga

wie sou ooit geglo het dat kerskaarte sou uitsterf? Tog, die jaar het geen vrolike uitstalling van kerskaarte in winkels gesien nie. Ek ook, het niks ontvang of uitgestuur nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: