Kersvreugde

24 12 2011

Light the Advent candle four

Think of Joy forever more

Christ child in a stable born

Gift of love that Christmas morn.

Ek is mos agter met my Advent reeks en as ek dit nie nou afhandel nie, is dit te laat.

Kom ons mymer oor vreugde.  KersFEES is ‘n tyd om te vier, nie te wroeg nie.  Dit is ‘n tyd van blydskap en vreugde.  Die koms van die Christuskind wat ons kom red het van sonde.  Christus wat in sy dood ons nie net vry gemaak het nie, maar ook hemelkinders gemaak het.

Ek kry altyd die gevoel dat die mensdom skaam is om bly te wees.  Blydskap word weggesteek of verberg.  Dit is so amper asof vreugde onvanpas is.  Ons lewe in ‘n samelewing waar depressie hooggety vier.  Ja, daar is mense wat ‘n toestand het wat depressie genoem word ly.  Dit is niks om oor snedig te wees nie.  Tog is daar mense wat graag aan depressie WIL ly.  Hoekom?

Is dit net ‘n poging om aandag te soek (let wel – ek praat nie van mense wat regte depressielyers is nie)?  Kry mense wat regtig bly is minder aandag?

Wat sou gebeur as ons besluit om bly te wees?  Om al die vreugdes wat die lewe ons bied te geniet en aan te gryp?  Ons sal self gelukkiger wees en dit sal ons meer positief instel.

Op die vooraand van Kersfees, kom ons verheug ons in die Here.  Dan sal dit oorspoel in die res van ons lewe.


Aksies

Information

2 responses

24 12 2011
Olga

Ek het al dikwels gewroeg oor depressie. Is dit ‘n toestand of is dit ‘n gemoedsding? Ek was al in die verlede dikwels deur ‘n dr gesê dat die een of ander klagte aan “stres” toegeskryf kan word. Die laaste keer dat ‘n dr my vertel het van stres, het ek hom moer toe gestuur. Hoe kan ek stres en dit nie weet nie? Hoe kan ek stres sonder ‘n probleem? “Depressie? Nee, pel, my tiroïed is in remissie.” My hol is regtig seer.

So, ja, ek probeer elke dag met blydskap ingaan. As dit nodig is, gaan soek ek dit in die tuin, of in die veld. Of ek put blydskap uit die feit dat ek my honde op 108 jarige leeftyd nog die krag het om te gaan stap.

26 12 2011
Toortsie

As jy begin konsentreer daarop om vreugdevol te wees, begin jy vreugde na jou aantrek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: