Is dit jou beste Prys??

23 12 2011

Noem my maar ‘n k-woord, maar daar is min dinge so lekker as om minder as die gelysde prys te betaal.  Geld is immers geld en kan nie op ‘n klip geteken word nie.  ‘n Besparing hier en daar is nie te versmaai nie.

Die informele sektor verstaan dit nogal goed en mens kan altyd daar ‘n paar sent spaar.  Dit hang seker ook af oor hoe goed jy kan onderhandel en hoe ongeërgd jy daaroor is.  Helaas is die meeste plekke van die soort van betaal wat jy sien of los dit.  Dit is nie asof enige verkoper of diensverskaffer verleë is oor jou nie.  Jy is tog die een wat iets gesoek het.

Daar is wel maniere – dalk nie heeltemal eerlik nie, maar in Suid-Afrika maak mens seker soos die Suid-Afrikaners.  Ek het lank nadat ek klaar geswot het met my studentekaart rondgeloop en gewaai vir enige plek waar ek daarmee kon wegkom.  Op ‘n stadium het ek seker maar lui geraak wat ook maar goed is.  Soos ek verstaan het Tukkies mos ook hulle kaarte verander.

Ek ken weer iemand wat haar maklik as ‘n skoolkind uitgee.  Anders as studente, word daar nie ‘n studentekaart gevra nie.  Boonop kry sy dan meer afslag as ‘n gewone student.  Wanneer sy dalk iets alkoholies wil drink, moet sy wel gewoonlik ‘n ID uitpluk.  Dit is maar ‘n klein prys om te betaal vir goeie afslag.

Ek het al gehoor van manlike studente wat vroeg die oggend gaan fliek.  Met die volgende vertoning wissel hulle van teaters, sonder ‘n ekstra kaartjie.  So kyk hulle alles wat wys met net een kaartjie.

Ek het eendag ‘n wille kans gevat in ‘n curioshop.  By die kassiere het ek gesê ek is plaaslik en ek weier om die toeriste prys te betaal.  Na ‘n vinnige gesprek met die eienaar het ek ‘n 25% afslag gekry.  Wys net hoe loop hulle toeriste in.

Met die vakansieseisoen, tel elke sent wat jy kan spaar.  Op watter maniere het jy al weggekom om so effens minder te betaal?

Advertisements

Aksies

Information

2 responses

23 12 2011
MaanKind

Ek het danksy my dogter wat op daardie stadium in Israel gewoon en gewerk het en Hebreeus vlot magtig is, ‘n paar leersandale by ‘n man in die Ou Jerusalem gekoop vir 40 EP, pleks van die 140 EP wat hy gevra het. Ek het al klaar my beursie uitgehaal om te betaal, toe sy in ‘n stroom Hebreeus lostrek en (klaarblyklik) vir hom sê dis ‘n tourist trap.

23 12 2011
Olga

Ek is baie allergies vir alles wat duur is.
tydens vakansies is alles buitendien so duur soos die sonde op my dorp.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: