366

22 12 2011

Daar is mense wat glo dat die aarde glo op 21 Desember 2012 gaan vergaan.  Dit is volgens die Meso-Amerikaanse kalender wat na 5125 jaar tot ‘n einde sal kom.  Om watter rede weet geen mens nie.  Dalk het die klip opgeraak, die hele bevolking was dalk deur ‘n pes uitgeroei, hulle het dalk gemigreer en die klippe gelos of dit was dalk net ‘n kind wat moeg geraak het vir sy speletjie.  Ewentwel, dit beteken dus basies dat daar volgens die siening net 366 dae op Moeder Aarde oor is.

Nou wonder almal – sommige hipoteties gesproke – wat maak ‘n mens met die laaste jaar van jou lewe?  Daar is boonop ‘n bonusdag siende dat dit skrikkeljaar is.  Wat beteken dat vrouens mans kan vra om te trou en dat dit ook ‘n Olimpiese Jaar is.  Dalk nog die laaste een ooit.  Gaan die Suid-Afrikaanse spanne ons nou uiteindelik trots maak?  Wag, dit is te algemeen.

Vraag is hoe JY jou laaste 366 dae gaan laat tel.  Wat as eendag nou is?  Alles wat jy vir eendag gelos het, moet nou afgehandel word.  As jy nog wou leer om te salsa of Spaans te praat, moet jy dit nou doen.  As jy nog eendag vrede met iemand wou maak, is dit nou die tyd om die stappe te neem.  As jy nog self Everest wou gaan klim het of persoonlik self jou ogies op die Eiffel toring gaan lê het, moet jy ernstig by ‘n reisagent uitkom.  Daar is nie meer uitstel nie.  Jy tree of NOU op of jy mis uit.

Ek het nogal ‘n vermoede dat die aarde 22 Desember 2012 nog gaan staan.  Ek sal nie eers verbaas wees as die aarde nog in 7137 nog gaan wentel nie.  Ek beplan om horingoud te word, maar ek sal in alle waarskynlikheid dan nie die aarde bewandel nie.  Tensy die storie van Highlander nie net ‘n storie was nie en ek nie myself met ‘n  swaard onthoof nie – maar, wag!  Daar fantaseer ek alweer.

Ek het wel ‘n punt en dit is een of ander tyd gaan ons almal ons laaste 366 dae betree.  En daardie laaste sandglas gaan sonder waarskuwing kom.  Eendag mag opgeskort word voordat ons reg is daarvoor.  Goed wat dus wag vir eendag, moet so gou as moontlik gedoen word of dit is dalk neusie verby.

Tog laat die siening tot die lewe dalk ‘n paar onvernoegde mense wat blase is omdat hulle niks het om na uit te sien nie.  Tog, die mense is altyd ontevrede en daar is altyd nog iets wat nagejaag word.  Dink net aan die stories wat jy dan as ‘n 100 jarige kan vertel.

Herriewysheid:  Leef sonder ‘n eendag, maar tref voorsorg asof jy vir altyd gaan lewe.

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

22 12 2011
MaanKind

Ek het altyd gereken op 104, en op honder moes my kinders my net nog eenmaal om die ysskaatsbaan help. Toe vra ‘n gawe vriend my, maar sal jou dogter op 80 nog kans sien?

22 12 2011
Olga

as di regering sy neus uit die olimpiese se spanne gaan hou en kwotas tot hul uitgebreide families gaan beperk, mag daar rede tot trots wees.

22 12 2011
Olga

skuus, ek wil tog nie weet as dit wel my laaste 366 dae is nie. Ek dink dan sal elke dag so kosbaar wees. Dit is wat my so murig maak, wanneer my n leke ‘dagGIE toewens. Hoe durf hul n geskenk van bo so verkleineer?

Ieder geval, mens moet die grootsheid van elke dag benut en niks los vir 1dag nie.

23 12 2011
demoerin

Ek glo as jy vir die volgende 360 dae anders wil leef en ander goed wil doen, het jy jouself tot op hierdie punt verraai. Maar ja – ek glo ook die wat gespaar word gaan Kersfees 2012 in lewende lywe op die aardbol sien.

23 12 2011
Toortsie

Gaan voluit!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: