Een vir Afrika

20 12 2011

Olga het huiswerk uitgedeel wat ek nog moet doen as ek hoop om een koekie uit haar te kry.

Olga stap so ‘n paar tree in die boord in.  Sy wil omdraai omdat sy nie stemme hoor nie, maar dan hoor sy tog iets.  Die gesaag van balke!  Iemand snork ‘n koekhou in die boord.  Sy stap nader om ondersoek in te stel en val amper oor ‘n paar stewels.  Olga skop dit heel onhuts en skielik sit die eienaar verward regop.  Na haar kerksraad vergadering van verlede jaar herken sy hom dadelik:  Vader Kersfees.

“Vader Kersfees, hallo”. Groet Olga verras.  Sy wonder of daar genoeg koekies en gemmerbier by die huis is en of sy hom eerder na ‘n restaurant moet neem.

Kersvader kyk haar ‘n oomblik stip aan.  Skielik gaan daar ‘n lig vir hom op.  “Olga!” groet hy gul en pomp haar arm amper af.

“Wat maak jy hier, Kersvader?”  vra Olga

“Nee, dogter, die Kerskommissie het my gestuur met ‘n belangrike taak.  ‘n Belangrike taak.” kondig hy aan.

“Hoeso, Kersvader?” vra Olga nuuskierig.

“Nee, dogter.  Dinge staan so.  Sien, elkeen van ons het ons gebied waarin ons werk.  Ek dek saam met Christmas Father die voormalige Engelse kolonies.  St Nicholas doen die Arkiese Lande.  Santa Claus is verantwoordelik vir die brats in Noord-Amerika.  Dan is daar Joulupukki vir Skandinawië en La Bafana vir die Italianertjies.  Daar is egter niemand spesifiek vir Afrika.  Ons probeer almal om ‘n gedeelte te doen, maar daar is net te veel kinders.  Daar is net een genade, net een genade, dogter.” Bulder Vader Kersfees

“Wat is dit?” vra Olga.

“Afrika kort ‘n Kersverteenwoordiger, Dogter,  dit is wat.  Ek moet een kom soek, maar dit sukkel maar.”

“Hoeso Kersvader?”

“Nee, Dogter.  Jy sien, ons het gedink die Tokkolosie sal graag wil, maar helaas!  Hy soek betaling en hy wil nog steeds die kinders bang maak.  Ons is ook bang dat hy die geskenke self gaan vat.  Toe dog ons Madiba, maar hy is al oud en is nie lus om vir ewig te lewe nie.  Ons het ‘n paar ander ook probeer, maar dit is ‘n tameletjie, ‘n tameletjie.  Die een wil nie vir swart kindertjies geskenke gee nie en die ander wil nie vir die wit kinders gee nie.  Die een wou weet wat is ons BBBEE status en ons weet nie eers wat BBBEE is nie.  Groot gemors, Dogter, Groot gemors.”

“En nou Kersvader?” vra Olga

“Nee dogter, daar gaan niks van kom nie.  Die Afrikane is nie reg vir so iets nie.  Ons sal dalk iemand oplei vir die toekoms, maar waar om een te kry om te vertrou?  Ek weet nie.  Ek moet terug kom in die Noordpool of baie kinders gaan baie teleurgesteld wees.”

Daarmee fluit Kersvader en die takbokke en slee verskyn.  Hy groet Olga hartlik en spring op die slee.

Olga kyk hom peinsend agterna.  Wie of wat sal die regte figuur wees om Kersfees in Afrika te verteenwoordig?

Breinvasbrand:  Wat is Joulupukki?

Breinlosbrand:  JWW was reg met Ierse.

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

20 12 2011
Jan Twak

Puik!!!

20 12 2011
Gerda. J

joulapukki is die kersfees bokding van finland.

20 12 2011
J W W

😆

:mrgreen:

Olga moes hom gevra het of my kas bier/brannawyn al op pad is? (ek sal hin murse groot kous hang)

20 12 2011
Olga

Ek sal volgende jaar onthou. 😉

20 12 2011
Olga

Whoop!!! Whoop!!!
Puik stuk huiswerk. Ek dink dit verdien ses koekies. Enige voorkeure?

21 12 2011
Toortsie

Ek stel voor: die merrie as verteenwoordiger! Sy het die wereld se energie, is lief vir kinders en sy het die heks om haar te help!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: