Gelofdedag

16 12 2011

Turksvy vra my nou die dag:  “Vier jy Gelofdedag?”

Die kort antwoord is nee.  Ek gaan nie vandag my gewone Sondagroetine handaf nie en ek gaan oop nie kerk toe nie.  Ek herdenk dit wel elke jaar en sal dit seker elke jaar in die toekoms doen.  Ongeag waar ek my in die toekoms mag bevind.  Hoekom?

Wel, om mee te begin herdenk ek elkeen van die ou vakansiedae nog steeds.  Ek het altyd aangeneem dat dit die norm was in alle skole.  Ons was trots vir die land gevoer.  Kort voor elke vakansie dag was die rede vir die dag weer met trots aan ons verduidelik dat ons dankbaar kan wees vir ons voorvaders.  Die verandering van die regering het niks daaraan verander nie.  Ek sal my beslis ook nie skaam daaroor nie.  Dit was lank voor die euwel van apartheid gewees.

Ek is heeltemal bereid om op aandag te staan en Nkosi Sikelel’ iAfrika te sing.  Tog gaan ek altyd ‘n rapsie regopper kom wanneer Die Stem aan die beurt kom.  Die Nuwe Suid-Afrika word daar net gefokus op hoe sleg die blanke Suid-Afrikaners was.  Mens kan verstaan hoekom die massas so voel, maar ons moet ook onthou dat die blanke Afrikaners nie net sleg was nie.  Hulle het baie gedoen om die land op te bou nou wat dit vandag is.  Hulle was self versukkeldes wat op EIE stoom (sonder hulp of voortrekkery) suksesvol moes raak.

Die enigste dag wat oor gebly het van ‘n trotse geskiedenis (tot so 1940’s) is Gelofdedag.  Die spesiaalste dag van al die ou vakansiedae.  Ja, dit word nou versoeningsdag genoem en versoening is so nodig.  Maar dit gee ons ‘n dag waarop ons weer trots kan wees op die Voortrekkers.  Die enigste volk na die Isrealiete wat ‘n verbond met God aangegaan het.  Wat hulleself suksesvol teen ‘n volksmoord verdedig het.

Dit  vir my hartseer dat die meeste Afrikaners afstand van hulle geskiedenis gedoen het.  Iemand het my eendag vertel dat sport nou ons Geskiedenis is.  Ander voel weer dat daar niks is om te vier nie.  Dit maak ons iemand sonder herkoms, iemand sonder sonder wortels en geen identiteit.  Iemand wat net goed genoeg is vir suip en teel

Dit doen my hart goed as ek op 16 Desember verby die Voortrekkermonument ry en die stroom karre sien wat wag om in te gaan.  Dit wys dat daar nog wortels is.  Dat die trotse voorvaders se nakomelinge nog geanker is in Iets groter.

Ek sluit af met die laaste strofe van die Stem.

Op u Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:

skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou–

dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly:

knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer:

Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer!


Aksies

Information

10 responses

16 12 2011
turksvy

So bekkie moet jam kry. 😉

16 12 2011
turksvy

O, skuus….EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

16 12 2011
skoor

Draai vlg keer in as jy die karre sien staan en word deel van die oomblik.

Doen dit vir my. Wat vir een dag n jaar nie n Kaapnaar wil wees nie!

16 12 2011
Olga

God regeer.

Vndag is dit n geval van die anc regeer, so julld sal vat wat julle kry. En bly wees die anc kos iets wat julle kan kry. Want daar sal altyd nog n ‘stooge’ wees om die sotlikheid na n ander te verkondig. Maar soos die ou Afrikaners ook geglo het: gee hulle tou, hulle sal hulself hang.

Dan sal ons weer sien,
MET ONS LAND EN MET ONS NASIE (VOLK) SAL DIT WEL WEES GOD REGEER.

16 12 2011
Son

Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra, ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika!

16 12 2011
Toortsie

Nadat ek vanoggend ‘n ander blog gelees het waar die skrywer ons ernstig aanpraat oor die bywoning van Geloftefeesvieringe, het ek verskriklik skuldig gevoel. en gedink dat ek dalk in die toekoms so ‘n fees moet bywoon. Wat ek op die ou einde betwyfel of ek dit gaan doen. Ek is ‘n Suid-Afrikaner in murg en been. Het groot geword met die Gelofte, al het ons nooit ‘n Geloftefeesviering bygewoon nie, behalwe een keer. Ek glo my verhouding met God is reg, daar is natuurlik altyd te verbeter, maar is dit nie waaroor dit gaan nie, om weer in my binnekamer met Hom reg te maak nie?

16 12 2011
Olga

Wat ek op sabc gesien het, is dit veronderstel om net ‘n swart feesdag te wees. Gelukkig het hulle nie die datum verander nie.

17 12 2011
Toortsie

Olga, as dit n politieke fees is, het ek n probledm. As dit is om God te eer, doen ons die Gelofte gestand.

17 12 2011
Olga

true. Ek sal nie jaar vir jaar opruk ventersdorp toe nie. Et was nie vir my n held of n
vyand nie. Tog, as ander dit wil doen, wens ek hulle vrede toe.

20 12 2011
Skoor

Toortsie, watse blog het te velde getrek?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: