Weer Sulke Tyd

14 12 2011

Ek kan dit skaars glo, maar dit is weer tyd dat Gauteng leeg loop en die kusbewoners weer kan begin kla oor hulle besoekers.  Ek het nog altyd net my oë gerol wanneer die klaagliedere aangehef word.  Genugtig, dit is nou ook nie dat die Gautengers se geld onwelkom is nie.  Ek is redelik seker dat baie besighede se bestaan van die Gautengers met jeukerige gatte afhang.

Tog, nadat ek onlangs in ‘n kusdorpie gesien het hoe Gautengers optree, verstaan ek die misnoeë beter.  Party mense smeek doodeenvoudig om in die see versuip te word.  In die geval was daar ‘n restaurant wat regtig nie hoef terug te staan vir die wat stede kan aanbied nie.  Die spyskaart is interessant, die pryse redelik, die diens vriendelik en vinnig en die porsies vrygewig.  Wat meer soek ‘n mens op jou vakansie?

Die tafel langs my het twee ouerige paartjies van Gauteng gehad (nee, ek is nie doof nie).  Hulle was blank, die verkeerde kant van 60, oorvol van hulle christelikheid en Afrikaanssprekend.  Die heeltyd was hulle baie neerhalend teenoor die kelner en bestuurder.  Elke gereg op die spyskaart was met afgryse ontleed en gekritiseer.  Hulle besteling was ten minste 4 keer verander.  Die een vrou het selfs daarop aangedring om eers die sous te proe voordat sy bestel.  Ek het later gedink as die kelner te beskaaf is om in haar kos te spoeg, sal ek.

Ewenwel – baie binnelanders se tasse is gepak en hulle is reg vir ‘n paar weke van sonskyn en die groot blou dam.  Ek glo die meerderheid sal hulle chips by die huis los sodat hulle skouers mooi egalig kan verbruin.

Hoe voel julle oor toeriste of vakansiegangers?  Hoe ‘n toeris of vakansieganger is jy?  Geniet jy die nuwe omgewing of is jy die heeltyd onvergenoegd?

Breinvasbrand:  Wie het die hoofrolle vertolk in die fliek: “The Tourist”?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Jakaranda Lugdiens.

Ek wil graag vir almal wat vandag klaar maak, ‘n veilige reis en ‘n aangename vakansie toewens.  Mag julle ‘n baie geseënde Kersfees hê en mag 2012 vir julle ‘n jaar wees waar julle kan bekostig om windgat te wees.

En nee, helaas geen vakansie vir die Herriemerrie nie.  Dalk ‘n bietjie afskaal, maar die blog gaan die feestyd oop wees.

 

Advertisements

Aksies

Information

4 responses

15 12 2011
seegogga

sover ek weet het Xena ek Laviga en nog iemand al klaar bietjie vakansie gehou voor die vakansie. Ek hoop net hulle het die Atlantiese en Indiese oseaan ook so gelyk gesien soos ek hulle al gesien het.
oor vakansie gangers – sommige kom om te kla en fout te vind (dalk is dit lekker om heeldag ontevrede te wees?) ander kom om te geniet. Sommige ry heeldag rond van gastehuis tot gastehuis( op dieselfde klein strandplekkie), om die perfekte plek te vind om 1 nag te slaap, ander vat die eerste redelike plek en gaan spandeer daardie een dag langs die strand , winkeltjies of besienswaardighede. Vir party mense is die glas nou maar eenmaal half leeg, en vir ander half vol.

15 12 2011
Toe herders « OLGA SE OKSELTJIES

[…] Xena, Sonkind, Klippie, Seegogga, Toortsie, Jagter, Nadia en Jan Twak?  Gaan vir goud, mense. Vertel my wat ek gesien het. Dalk so ‘n lekker kinderlike kersverhaaltjie? […]

15 12 2011
Olga

angelina jolie en johnny depp. In ons dorpie kom ook heelwat valansie-gangers. Wt my meer afpis as die toeriste, is die hemelhoe pryre wat oornag op gebruilsartikels verskyn. Soos bv, melk, brood en groente.

15 12 2011
MaanKind

Ek kan boeke skryf oor vakansiegangers se gedrag. Ons bly in Kleinmond, is in Die Bedryf (Ons het 2 selfsorgeenhede wat ons verhuur) Ons bly in die straat wat afloop van die Spar af daar waar jy afdraai strand toe. So ek weet waarvan ek praat. Ons sien hulle. Ons kyk hulle.
Die oorgrote meerderheid mense is gaaf, maar arrogantes kry jy wel. Ek sal ‘n blog maak daaroor na die vakansie.
Hier was netnou weer ‘n seun met skaatsplank op ons stoep. ‘n Man met sy drie honde en seuntjie dwarsdeur my blommies. Nog ‘n hond het gestaan en pie teen my stoeppilaar. (Aan ‘n halsband, met sy eienaar aan die ander end daaraan wat bvir hom staan en wag). Gister weer iemand wat deur ons sitkamervenster loer.
Hierdie dinge het sedert gistermiddag gebeur. En gebeur jaar vir jaar. ELKE jaar.
Ek dink Gauteng moet ‘n wonderlike plek wees, want baie mense se maniere bly daar agter.
O ja, en een pops het my kliphard in die Spar bespreek netnou. Gesê, ek onthou haar, ek weet waar hulle bly. Laasjaar was haar hare nog so krullerig, maar hel, sy lyk…. (Verder kon ek nie hoor nie) Sy is tipies van die wat ons soos apies in hokke behandel. Die wat deur ons vensters loer. Jy glo my nie? Kom sit hier vir ‘n paar dae, in April, of Desember.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: