As ‘n baba moet vlieg

14 12 2011

Volgens my meng babas en vliegtuie nie.  ‘n Gevolgtrekking waarby ek gekom het nadat ek die eerste keer op ‘n vlug was waar ‘n pienkvoet die heeltyd sy misnoë te kenne gegee het.  Dit was nie die enigste geval nie.  ‘n Paar ander gevalle het my mening vasgesement.  Soos die keer wat daar ‘n klein seun ‘n keel op gesit het en sy ore vasgegryp het toe hy besef hy word op ‘n vliegtuig gedra.  Duidelik was daar vir hom geen aangename herinneringe nie.

Juis met die laaste geval, het ek ernstig begin wonder oor babas op vliegtuie.  Ek het regtig nie ‘n probleem met die sogenaamde laekoste lugrederye nie.  Ek is nou nie heeltemal ‘n jetsetter nie, maar ek het al ‘n hele klompie kere gevlieg.  Ek het al opgelet dat babas onder 2 jaar op die ma of pa se skoot vasgehou word.  ‘n Afwyking van die “duurder” lugrederye waar ‘n verlenging van die gordel spesiaal vir die baba beskikbaar is.  Daar is selfs rederye waar jy ‘n spesiale babastoeltjie kan kry of jy eie motorstoeltjie kan saamsleep (volgens my goeie vriendin Google, maar in die laekoste lugrederye vlieg die stoeltjie onder saam met die bagasie).

Die dag met die laaitie, het hy doodeenvoudig geweier om van sy pa se skoot te klim.  Die lugwaardin het daarop aangedring, maar sy longe het nie daarvoor terug gestaan nie.  Op die einde is die toestemming baie teensinnig gegee.  Op die ouers se risiko en as die omliggende passasiers toestem, kon hy daar bly.

Dit bring my terug na die norm van babas onder twee wat op ‘n skoot sit terwyl hulle vasgehou word.  Iets wat ten sterkste in voertuie verbied word, juis omdat die vashouer in ‘n ongeluk die baba sal los.  Ek het nogal ‘n vermoede dat dieselfde op ‘n vliegtuig sal gebeur.  Ek vermoed ook dat ‘n vlieënde baba ‘n gevaar vir ander passasiers sal inhou.  Dalk is dit net die minste van die probleme wanneer die paw-paw die fan strike.  Met die help van statistieke en waarskynlikhede is die lewe van die baba se waarde dalk net nie hoog genoeg nie.  Ek moet egter byvoeg dat ek al gelees het van babas wat vliegrampe oorleef het.

Dit bring my tot die volgende punt.  Blykbaar as die druk in die vliegtuig verminder, kry die passasiers lugmaskers.  Waarmee hulle eers hulleself moet help en dan hulle kinders en medepassasiers.  Sover kan ek nog rede insien.  Wiskunde is egter nie my swakste vak nie.  Drie stoele vertel my 3 maskers.  Wat nou as daar 2 ekstra skootryertjies in die ry sit?  Hoe word 3 maskers in 5 gesigte gedeel?

Ek kan helaas seker nie myself belowe dat ek nooit my baba op ‘n vliegtuig sal neem nie.  Maar die blote gedagte laat my ongemaklik – en nie net omdat dit ‘n geskree wat skrik vir niks af sal gee nie.  Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Ettie Bierman het ‘n denkbeeldige lugredery waar Tier Schutte werk in verskeie van haar boeke.  Wat is die naam van die lugredery?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Thailand.


Aksies

Information

9 responses

14 12 2011
MaanKind

Ek het so simpatie met die arme babas, hulle oortjies kry vreesklik seer as die vliegtuig begin daal. Maar steeds eerder dit as langpad ry met ‘n babalyfie in ‘n karstoeltjie.

14 12 2011
turksvy

As kinders gereeld vlieg, raak hulle wel gewoond aan die vreesaanjaende geluide en baie mense, is my ondervinding. Too bad vir die ou suurpruime wat nie ‘n skreeuende kind kan uitstaan nie. Die wiel draai, of so seg hulle… 😆

SAL en SA Express het my altyd ‘n klein gordeltjie gegee wat aan myne moes koppel vir die klein monster op my skoot. Gelukkig net vir kinders onder 2, daarna kry hulle ‘n eie sitplek.

14 12 2011
klippie

Hoe anders, as die kleintjies vir oupa en ouma van ‘n ander land af kom kuier?

14 12 2011
J W W

Dan is ek seker maar een van daai suur pruime – maar ek sal mal word op ‘n vliegtuig as hier langs my ‘n baba sit wat die hele donnerse vlug skree – my ore is baie sensitief, en ek wil graag nog kan hoor as ek 50 is… in fact, dit maak my ore seer as jy in hom skree, en dis niks minder as “assault” nie… so as ek iemand met die plat hand moer, is dit mos ook “assault” vir my is dit net so pynlik !

14 12 2011
Twilight

Ek moes nog net twee keer met kinders onder 2 vlieg. Een keer was nogal met Loren wie se suigmasjien iewers elektronies gekoppel moes word. Ons het vooraf iemand gekry wat ‘n battery gemaak het wat die krag kon omskakel, want die krag op ‘n vliegtuig is anders as by die huis. Altwee kere was die kinders baie rustig, maar ek besef terdee dit was daai keer net my (en die ander passasiers se) geluk… Ek gee nie om as iemand anders se kinders in my ore skree nie. Net so bly dis nie ek wat met die huilende ene op die skoot sit nie 🙂

14 12 2011
Olga

“Jammer, maar jy is opsoek na iets wat nie hier is nie.” *&&^ ^&%$% ^%#@$%!!!! HUH???????????????

14 12 2011
Olga

Jakaranda lugdiens.

Ek dink enige manier van reis met ‘n baba is ‘n resep vir ‘n trompettergeskal van die een of ander wyse.

15 12 2011
seegogga

Die tweeling van Holland het mos nhier kom kuier! En hulle was net 6 mde oud! Dier lugredery het spesiale sitplekke vir moeders met kindertjies en vir elke baba het hulle ‘n spesiale mandjie of wiegieding wat vasclip
teen die ‘muur’ voor die ouers. daar is ook ekstra ruimte. Hulle was heel soet en het net later bietjie woelig geraak omdat hulle wou speel.Ek weet nie of daar ekstra suurstofmaskers ook was nie, maar ek neem so aan as hulle ekstra spesiale plek vir babatjies het. In ‘n kudde skape moet die gebler van die klein lammertjies ook daar wees.

15 12 2011
Xena Phoenix

Vir die rekord – ek probeer darem nie om babas van vliegtuie te verban nie. Ek dink egter ek sal dit met my eie (toekomstige) babas probeer vermy. Tensy daar aparte stoeltjies is soos waarvan Seegogga praat. Kulula, Mango en 1time het nie eers die verlenging van die sitplekgordel nie. Dit word gesien as ‘n luukse item 🙄 waarsonder ‘n reisiger kan klaarkom gesien.

Maankind, baie babas word amper die hele dag in ‘n karstoeltjie gehou, tot hulle omtrent reg is om uit te klim om self te loop.

Ek hou wel nie van ‘n geskree van ‘n baba of kleuter nie, maar ek het waarskynlik meer geduld daarmee as 90% van mense. Anders gestel, ek hou nie daarvan dat die kinders ongelukkig is nie. My ore is ‘n bysaak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: