Royal Screw-ups

12 12 2011

Een van my spesiale talente is “Royal Screw-ups”.  Ek is op my beste maar ‘n bietjie verstrooid.  Ek het al dikwels my sleutels in die kar toegesluit of met ‘n pap battery gesit omdat ek die ligte aan vergeet het.  (Dankie tog vir alarms en sleutels met knoppies).  Ek het al my beursie op ‘n oorsese reis verloor, my selfoon en ID’s laat was en rys in ‘n mikrogolf laat ontplof.  Ek het al my sleutels onder meer in ‘n restaurant, publieke toilet en selfs die strand verloor.

Sien julle nou waar kom my senuwees van staal vandaan?  Ek het dit al oor die jare heen goed geoefen en gebrei.  Murphy was nog altyd baie lief vir my gewees.  As iets verkeerd kan loop, hoe onwaarskynlik ookal, sal dit met my gebeur.  Ek moet darem byvoeg dat my Beskermengeltjie ook altyd vir my jammer was.  Elkeen van die krisisse was nog altyd omkeerbaar.  Dalk met BAIE moeite en ‘n paar skietgebedjies, maar ek het darem nog nie heeltemal met my vinger in my hol gesit nie.  “Touch wood” soos die Engelse sal sê.

So staan ek onlangs op die rand van ‘n krans en bewonder die groot blou dam benede.  Ek neem aan dat evolusie eendag sal sorg dat ons meer as een paar hande het, maar tans het ek net twee.  Tussen die kamera, heks, selfone ens is hulle hopeloos te klein met heeltemal te min vingers.  Dit is mos juis hoekom slenterbroeke sakke het, maar wie steur hulle mos nou daaraan?  As ek dalk nie so in vervoering was nie, sou ek gedink het iets moet doodeenvoudig val.  Natuurlik dink ek eers daaraan toe die karsleutels uit my vingers gly en oor die rand val . . .

Ek kan nie herhaal wat op die stadium deur my kop gegaan het nie, maar die volgende oomblik was daar ‘n golf van verligting oor my.

Gelukkig was my beskermengeltjie darem wakkerder as ek.  Daar was mooi ‘n rots lysie voor die rand waarop die sleutels geland het.  Selfs die wind was op die oomblik  lui.  Dit was so maklik soos buk vooroor en tel die sleutels op.  My geluk.  Ek is mos nie ‘n bobbejaan wat klouter vir ‘n plek en ‘n wen nie.  Dieper as toonnat is ek ook nie in die see nie.

Natuurlik was die sleutels daarna altyd veilig in ‘n sak gebêre.

Het jy al ‘n Koninglike Gemors aangevang?  Wat van een wat toe nie regtig ‘n probleem was nie?

Breinvasbrand:  Olga was reg met Green Day.

Breinlosbrand:  In Home Alone, wie was by die huis vergeet toe die familie op ‘n vakansie Parys toe vertrek het?


Aksies

Information

2 responses

12 12 2011
Jan Twak

Ek het al my selfoon gesoek as ek wil ry, hy is gewoonlik by my sleutels – na ‘n lang vrugtelose soektog besef ek ek is besig om op die ding te praat met ‘n oproep terwyl ek soek.

12 12 2011
J W W

Elke maand as ek so kyk op my payslip, verloor ek alle bewustheid van wat om my aangaan… altyd ‘n klomp nulle weg, iewers verloor tussen HR en myself….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: