Ek sien ‘n nuwe aarde kom

8 12 2011

Ek doen nie juis moeite om die Gierigheidsberaad in Durban te volg nie.  Ja, gierigheid!  Aan die een kant is dit die sogenaamde ryk lande wat voel dat hulle ekonomie te veel geknou gaan word as hulle effens groener gaan wees.  Dit is nie onderhandelbaar nie.  Aan die ander kant is daar die arm lande wat geld eis sommer net omdat hulle oral waar hulle kom geld eis.  In die geval is dit oor die sogenaamde skade wat die ryk lande aan hulle doen met hulle besoedeling en die onreg van kolonialisme.  Dit is nie onderhandelbaar nie.

Die groenes soek minder.  Verkieslik moet daar geen nywerhede, myne of industrieë wees nie.  Almal kan dan gaan betoog vir ‘n lewe en om hulle besig te hou.  As daar dan nie ‘n bevolkingsontploffing gaan kom nie, weet ek nie.  Sonder industrieë sal daar nie iets soos kondome of voorbehoedpille wees nie.  Ek dink baie van die groenes sal verkies dat mense voor die voet uitgesit word.  Weereens is hulle eise nie onderhandelbaar nie.  Mense wil natuurlik oorleef en dit is ook nie onderhandelbaar nie.

Net om ‘n paar nie-onderhandelbares te noem.  Met alles waaroor daar nie geonderhandel kan word nie, weet ek nie hoekom daar ‘n beraad moet wees nie.  Almal wil praat en niemand wil luister nie.  Almal gaan in elk geval hulle eie agendas deurvoer, dus is die beraad net ‘n mors van hulpbronne.  Volgens die omgewingsbewustes, is die aarde gedoem.  Aan die een kant het ons almal seker maar daardie vrees – die wat-kan-en-nie-wil-nie seker ook.

Toe die aankondiging dat daar moontlik ‘n planeet soortgelyk aan die aarde is.   Daar is ‘n ster, G5, wat baie soortgelyk aan ons son is.  Die planeet, Kepler 22b, is min of meer op ‘n bewoonbare zone van die son af en is waarskynlik rotsagtig soos die aarde.  Daar is ‘n oppervlaktemperatuur van 22ºC en die moontlikheid van lopende water is nie uitgesluit nie.  Dit is wel onseker of daar lewe op die planeet is.

Ons sal seker gou genoeg uitvind – deur iets of iemand te stuur om te gaan kyk.  Die Keplers moet hulle nou maar regmaak.  As die planeet enigsins bewoon kan word, gaan ‘n paar aardlinge (of selfs nasies) dit gaan bewoon.  Die mens was mos nou een maal nog nooit bereid om gelukkig te wees met wat hulle het nie.  Na die Tweede Wêreld Oorlog is landlus meer beperk, maar die lagie van beskawing is mos maar baie dun.  As lande op die aarde nie meer gegryp kan word nie, wat keer hulle om lande op ander planete te gaan gryp?

Waarskynlik net geld en vaardighede.  Goed wat relatief maklik bymekaar gekrap kan word.  Gieraads wat die aarde se stof finaal van hulle voete sal skud.  My innige simpatie aan die Keplers.  Ek wonder tog. . .  Gaan hulle dood ons brood wees?

Wat dink julle?

Breinvasbrand:  Watter superheld is as baba aarde toe gepos toe sy planeet, Krypton, op die punt was om vernietig te word?

Breinlosbrand:  Olga was reg met E-Tv

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

8 12 2011
Olga

eerste!
Superman.

8 12 2011
Son

Ek dink daai planeet is effe ver van ons af. 600 ligjare. So hoe lank gaan dit ons vat om daar te kom? Dit maak nie sin om eers te probeer nie!

8 12 2011
Olga

ek het nog altyd gedink groen is groen. Toe nie. Ek het nog altyd probeer om my deel tov ekologie (?) doen. Ek gebruik tot plastiese sakkie en inkopiesakke oor en oor.

8 12 2011
JWW

Groen….. dis die kleur van geld . . . wel, eintlik is die kleur van geld rooi, bloed rooi !

8 12 2011
Toortsie

Ek wou kom sê Superman, maar Olga het my voorgespring

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: