Erfenis

6 12 2011

Ek het nou die dag so effens gerebeleer teen die viering teen dankseggingsdag.  Nie dat ek noodwendig iets teen dankbaarheid het nie.  Wel, behalwe nou as dit buite Amerika op die 25ste November gevier word.  En toemaar, ek weet dit was net die idee om ‘n dag vir dankbaarheid te hê wat eintlik gevier is.  Nie omdat die Idiane hulle kos met die settelaars gedeel het nie.  Tipies, kyk net hoe het die Yanks die hand gebyt wat hulle gevoer het.

Elke jaar sien ek ‘n groter veramerikaansing onder Suid-Afrikaners.  Dit het subtiel begin met ‘n Santa hier en daar.  Deesdae is Santa in elke blerrie winkel.  Die Engelssprekendes onder ons het altyd na ‘n Father Christmas verwys.  Die Afrikaanssprekendes het ook nie Engelse nagevolg (ons was immers baie lank ‘n Engelse kolonie) en ons het ‘n Kersvader gehad.  As Santa nou SA beset het, wonder ek of my kinders nie die Italianse Heksie kan kry nie.

Deesdae raak Haloween al hoemeer prominent.  10 jaar terug was dit met uitsondering gevier, basies net ‘n verskoning vir ‘n partytjie.  Elke klub, dieretuin en akwarium doen baie moeite om Haloween by hulle aktiwiteit te betrek.

Wat my egter amper laat kots het, is ‘n paar plekke wat Independence Day gevier het.  Dit was nie op 31 Mei nie en dit was nie op 27 April nie.  Die viering was op 4 Julie, dus die Amerikaanse onafhanklikheid.  Terwyl ek nou datums noem, let op hoeveel mense praat deesdae van July 4; May 31 of April 27.  Selfs in advertensies, dit is ook ‘n veramerikaansing van datums.

Hoekom is ons so gretig om Amerikaanse tradisies te gryp?  Is dit skaamte oor ons geskiedenis of voel ons net dat ons niks het waaroor ons op trots kan wees nie?  Is ons regtig Identiteitsloos, dat ons so maklik ‘n ander se tradisies sommer net oorneem?  Is dit dalk omdat ons verwag word dat ons ‘n nuwe erfenis moet vier dat ons so ongeërgd is?  Dalk is daar skaamte oor wat sommige van die dae gebeur het?

Ek is die eerste een wat nie die voorgehoude Suid-Afrikaanse geskiedenis vir soetkoek opeet nie.  Nie dit wat die ANC of die NP vir my voorlê nie.  Tussenin is die waarheid egter wel verskuild en dit gaan nie ontdek word deur die geskiedenis te ignoreer nie.  Daar is goed waaroor ons behoort te skaam (netsoos daardie land met strepe en sterre), maar daar is ook goed waarop ons trots kan wees.  Die belangrikste is dat ons ons lesse kan leer en verseker dat dit waaroor ons skaam is nooit weer gebeur nie.

Hoe voel julle daaroor?

Breinvasbrand:  Op watter dag was Krugerdag in die vorige bedeling gevier?

Breinlosbrand:  Baby se regte naam was Frances, maar Olga was reg dat die rol deur Jennifer Grey vertolk is.


Aksies

Information

6 responses

6 12 2011
Krista

Krugerdag = 10 Oktober (oom Paul se verjaarsdag?)

6 12 2011
klippie

Alles om meer geld te maak. Ek kan onthou toe 14 Februarie net nog ‘n dag was, maar nou is dit die dag waarop ons vir ons ander helftes moet wys hoe lief ons hulle het. Is dit nie wat ons in elke geval elke dag moet doen nie?
Ek het ook ‘n kleintjie dood aan die veramerikaansing van datums. 1 September maak in elk geval meer sin as September 1.

6 12 2011
Olga

die veramerikaansing van alles wat sin mbk, is regtig fattap. Amerikaans sd in elk geval vir my ‘gangster’ wat neerkom op skinhead.

8 12 2011
Toortsie

Hello, wat ek nou hier skryf, het ek geskryf kort nadat jy die stuk geskryf het, maar dit het nie “deurgegaan” nie. Ek voel ook so dat mens nie als moet na-aap wat van die ander lande af kom nie. Soveel van die programme op TV is Amerikaans en die mense sit vasgeplak daaraan. Ekself het mos ook oor dankbaarheid geskryf, eintlik effens aspris, maar weet nie veel van hulle thanksgiving af nie. Ek was sommer in die gees van dankbaarheid!! Maar mens moet ook versigtig wees om nie sommer net ALS wat van oorsee af oorwaai af te skiet nie, dit kan dalk iets goeds wees…

9 12 2011
Xena Phoenix

Natuurlik nie. ‘n Amerikaanse paspoort – beter nog, ‘n Britse een – is baie goeie goed wat van oorsee af kom.

Dit is egter nie die punt nie.

9 12 2011
Toortsie

Skielik dink ek ek moet my tjops erg chillie!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: