Wanneer jou sondes jou inhaal

5 12 2011

Party mense tel nou al die slapies tot die dag wat hulle op vakansie kan vertrek.  Dit is nou as hulle nie al reeds hulle tasse gepak het nie.  Die laasgenoemde is ‘n noodsaaklike keuse.

Die probleem is wat moet gaan, wat moet bly en wat kan onder geen omstandighede kan bly nie.  Dit laat my dink aan een van die eerste tonele in Dirty Dancing.  Lisa sien hoe een van die portiere ‘n armvol skoene dra.  Sy is dan baie ontsteld omdat sy een spesifieke paar by die huis vergeet het.  Haar ma antwoord dan:  “But, Honey, you brought 10 pairs.”

Duidelik het die Housemans nie na Kellermans gevlieg nie.  Daar is net soveel wat jy op ‘n vliegtuig kan vat.  Die vliegtuig is nog besonders vrygewig.  Ek het al sonder moeite en probleme my pakkasie op ‘n vliegtuig gekry.  Die probleem was om dit alles in die huurkar te kry.  Ek was boonop net een.  Dit vat towerkragte of ‘n wonderwerk om meer as een mens se goed in ‘n gemiddelde kar te kry.    Dit net met een of twee pare skoene.

Vandag wil ek praat oor wat en hoe gepak moet word.  Nie dat ek ‘n kenner is nie.  My klere kreukel altyd en ek vergeet gewoonlik iets iewers.

My lys van goed wat nie vergeet moet word nie, is “chargers” en ‘n handdoek.  Ek gee toe dat akkomodasiehanddoeke wonderlik as jy hare was, maar ek verkies om my eie te gebruik.  Enige iets anders kan maklik genoeg vervang word as dit agter gebly het.  Ek moes al ‘n tande borsel, tandepasta en ‘n hareborsel per geleentheid gaan koop het as ek dit vergeet het.  Ek vergeet ook byna altyd om sjampoo te pak.  Ek het eenkeer ‘n onpaar skoene ingepak ook.

My tas(se) is ook maar net so groot.  Veral as ek vlieg, trek ek gewoonlik die goed (baadjie, stewels ens) wat die meeste plek vat.  Ek het al dikwels klaar gepak en moes dan die tas toeforseer.  Sover was dit suksesvol.  Gelukkig het ‘n mens in die somer nie stewels of verskeie truie en goed nodig nie.

Ek pak nie sommer uit nie – behalwe as ek vir besigheid moet aantrek.  Dan sal ek my goed ophang sodat ek darem professioneel lyk.

Dit is amper nog erger om in te pak as jy teruggaan – daar is dan altyd iets wat jy so terloops gekoop het.

Hoe pak jy?  Wat kan jy onder geen omstandighede vergeet nie?  Wat het jy al tot jou spyt en skaamte vergeet?  Watter pakraad het jy?

Breinvasbrand:  Wat was Baby in Dirty Dancing se regte naam?

Breinlosbrand:  In elk lag

Advertisements

Aksies

Information

3 responses

5 12 2011
Toortsie

Voorheen het ek die grootste moontlike tas gevat en vir elke dag skoon klere ingepak, ek gaan NIE klere was nie. Dis hoe ek my gesin ook geleer het, as ons by die huis kom is dit berge en berge wasgoed. Hul moes als wat hul besit in die klerelyn inpak.
Deesdae pak ek twee jeans, ‘n paar toppies, iets warms en iets netjies, ‘n paar crocs sandale en ‘n paar netjiese skoene, my bybel…. dis omtrent dit!

5 12 2011
Olga

jennifer grey.
Ek veqgeet altyd iets. Is glad nie leke om nat onderklere aan te trek nie. Ek moes al, om te gaan nuwes koop. Vergeet dikwels tande en hareborsel. My eie handdoek is n moet. Groot goed onder. Die kleintjies kan maklik ingeforseer word. Mits jy ni met jou terugkeer die hopie vind waar jy gepak het nie.

6 12 2011
Sewe Skandes, Sondes of Sommernet « Kouevuur

[…] vertel wat ander mense nie weet nie dat ek beswaarlik kan dink aan iets wat nog ‘n geheim is. Merrieperd – ek skuld haar ook nog huiswerk – iets van water met ‘n vurk drink – stel toe voor ek […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: