Letterlike lieg vir Figuurlike Troos

2 12 2011

Ek is mos ‘n lyer van Voet-in-die-monditis.  Moet my nooit vra wat om in ‘n moeilike situasie te sê nie.  As ek aan iets kan dink, is dit waarskynlik verkeerd.  Doen dan die teenoorgestelde.

Heeltemal dom is ek darem nou ook nie.  Ek het al genoeg gesien hoe mense HAAT om te hoor dat iemand presies weet hoe hulle voel.  Laaste ding om te sê, veral as jy nog nooit deurgemaak het wat hulle deurgemaak het nie.  Buitendien kan geen mens weet wat in ‘n ander se binneste aangaan nie.  Wat is volgende?  ‘n Gesegde wat veronderstel is om ander te laat hoop dat dinge beter sal word.

Goed soos “Every dark cloud has a silver lining”.  Dalk het die Engelse wat die uitdrukking geformuleer het, nooit donderwolke sien saampak nie.  Wanneer dit op ‘n helder lig dag skielik donker raak, kan jy maar kyk.  Die wolke is donker grys, maar nie een het ‘n silwer randjie nie.  ‘n Blits is nie ‘n silwer randjie nie.

Wat van die lig aan die einde van die tonnel.  Jy kan in ‘n doolhoof van tonnels wees en nooit die einde van enige een van hulle kry nie.  As jy uitkom, is dit dalk in elk geval donker en dan is daar nie lig nie.

Een waaroor ek al baie gewonder het is die versekering dat daar altyd iemand is wat swaarder kry as jy.  As jy tussen 7 biljoen mense moet soek na iemand wat swaarder kry as jy, gaan jy dalk so besig wees dat jy jou swaarkry vergeet.  Tog moet daar iemand wees wat die swaarste van almal kry.  Die een mens wat regtig so swaarkry dat daar niemand is wat erger af is nie.  Vir hom sal dit ‘n leuen wees.  Niemand weet wie hy is nie, maar dit is dalk die mens voor jou.

Tyd heel alle wonde is nog ‘n gunsteling.  Vir party mense raak sake erger met die verloop van tyd.  Tyd is dalk die een luukse wat hulle het nie.  Almal is danksy die Skoppensboer nie verseker van tyd nie.

Die son gaan weer skyn is dalk die naaste aan waar.  Selfs dit is nie altyd goeie nuus nie.

Met die wat alles sommer ‘n snot strorie is, durf ons dit nog waag om dit vir soetkoek te verkoop?  Wel, as dit iemand hoop gaan gee, dan heilig die leuen die middele.  Sonder hoop, gaan niemand eers probeer nie.  Dan sal dinge nie beter raak nie.

Breinvasbrand:  Voltooi:  ‘n Traan in – -.

Breinlosbrand:  The Treatment Action Campaign.


Aksies

Information

5 responses

2 12 2011
MaanKind

Maar slaan jy my vir ‘n ses met jou skrywe…

2 12 2011
Gogga

Ja daar is nog ‘n seding wat my ma altyd se en dit is “jy kla met ‘n witbrood onder die arm”. Ek haat sulke se goed. As ek die dag nie goed voel oor ‘n ding nie wil ek net ‘n bietjie simpatie he en nie gaan soek vir die een wat slegter af is as ek nie. Die woorde van Ally Mcbeal kom dan altyd by my op veral as ek in ‘n ander se skoene moet staan.
Sy is gevra ” what makes your problem bigger than any of ours?” Haar reply was “Because they are mine” Ek dink dis ‘n fantastiese reply.

2 12 2011
Olga

wat het van my txt geword?

2 12 2011
Olga

kom ek probeer weer…
N traan het oor jou (dalk my) wang gerol.
Swaar tyd net soveel swaarder as jy hulpeloos moet toekyk hoe die ander swaar kry.

2 12 2011
W A JJWW

Ek is nou eenmaal nie goed met die tipe van dinge nie…. ek bly eerder stil…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: