Laaste Dae

1 12 2011

Op Wêreld Vigsdag, moet ‘n mens seker ‘n woord of wat oor Vigs sê.  Die vraag is wat, aangesien ek uit ander dae se beurt ook daaroor gepraat het.  Ek het al gepraat oor die stigma van Vigs, oor die voorkoming van Vigs, die vraagstukke van Vigs en ek is seker dat ek omonwonde diskriminering teen mense wat HIV positief is veroordeel het.  Ek het selfs al sover gegaan om Vigs navorsing as ‘n selfsugtige see uit te skel wat net meer en meer en meer soek.  Dit laat maar min dinge oor wat ek nog op Rooistrikkie dag kan sê.

Toe val dit my by, iemand wat MIV positief is, gaan waarskynlik op een of ander stadium Vigs ontwikkel.  Hulle gaan een of ander tyd doodgaan.  Hulle gaan een of ander tyd so swak soos babas raak en hulle gaan versorging nodig hê.  Daardie versorging sit beslis nie in elke Jan Rap en sy maat se broek nie.

Terwyl ek op my plundertog van Google se argiewe was, het ek hier en daar ‘n skokkende foto van ‘n Vigs lyer gesien.  Dit is nie mooi, verwelkomende prentjies nie.  Veral nie terwyl jy jou ontbyt eet nie.  In die dae is die mense lelik uitgeteer.  Baie van hulle het kankeragtige vergroeisel.  Hulle het nie die krag om hulle eie monde af te vee nie.  Ek neem aan dat wanneer Moeder Natuur roep, hulle nie veel beheer oor dit het nie.

As daar nog ‘n bietjie genade vir hulle oor is, sal iemand hulle deur die laaste dae dra.  Afvee wat afgevee moet word.  Was, wat besmeer word.  Hulle voer en laat drink.  Aantrek, bad en versorg.  ‘n Werk van liefde, selfs as hulle geliefdes hulle die rug gekeer het.  Sonder die beloning dat die pasient beter gaan word en by die deur uit loop.

Vir die versorgers van mense in ‘n terminale fase van ‘n siekte – ongeag dit Vigs, Tering, Cholera, Kanker of wat ookal dit is – kan ek net my hoed voor optel.   Die familielede wat hulle eie vrese, voorbehoude of grillerigheid moet oorkom om die laaste daad van liefde te bewys.  Die verpleegsters en hospice werkers wat nie terugstaan nie.  Goed en wel, hulle word wel betaal, maar dit kan nie veel wees nie.  Buitendien kan geld nie vergoed vir die genade wat hulle aan ‘n lyer toon nie.

Wat kan’n mens nog vertel van die vrou of man wat sonder enige verpligting (hetsy deur liefde of werk) na die mense in haar (sy) gemeenskap omsien?  Kry ‘n mens groter naasteliefde as dit?  Ek glo dat daar ‘n spesiale plekkie in die hemel vir hulle is.

Breinvasbrand:  Watter Vigs groep gaan waarskynlik weens ‘n verlies aan fondse hulle werksaamhede moet staak in Januarie 2012?

Breinlosbrand:  Olga het die antwoord gegee wat ek gesoek het met Umkhonto we Sizwe.  Hoewel, Fokker is heeltemal reg dat Aboobaker Ismail die bevelvoerder was.  Oliver Tambo het die aanval goedgekeur.  Hoe de duiwel kan hy as ‘n simbool vir vrede gesien word?

Advertisements

Aksies

Information

3 responses

1 12 2011
Klip

Vrou aan vriendin, “My man sê ek doen niks wat sy asem wegslaan nie”
Vriendin, “En toe wat maak jy ?”
“Toe moer ek sy asma pompie weg… dit behoort die ding te doen”.

1 12 2011
Olga

ek is al so naar vir geld. Dis asof almal bakhand staan vir die deel wat myne moet wees. Al wat ek deesdae hoor is geld. Dit is n tragedie as enige groep helpers of versorgers hul deure moet sluit. Hoe sou hul in die goeie dae voor die soustrein fondse bekom het? Ek sien sommer vi ta winnie met haar plat, wit, vierkantige box buiter supermac wat almal kommandeur wanneer jy daar uitkom: kom nou, jy is gesond. Gee nou maar die kleingeld vir die siekes. Was gewoonlik viq tb.

1 12 2011
Nadia

Om in daardie laaste dae alleen te wees is seker die swaarste van alles, want dit is beslis nie ‘n maklike manier om heen te gaan nie. Mag al die versorgers ook iemand he wat vir hulle sorg, want om te gee op so ‘n manier is beslis ‘n gawe van God.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: