So ‘n klein atoomontploffing

24 11 2011

Sover dit emosies aangaan het iemand besluit dat liefde die enigste een is waaroor daar bladsye vol geskryf kan word.  Dalk kan daar ‘n paar bladsye aan geluk afgestaan word, veral as iemand as gevolg van liefde vir ewig en vir altyd gelukkig is.  Dalk praat ek deur my nek, baie mense spandeer ure daaraan om almal te vertel hoe ongelukkig en teleurgesteld hulle in die mensdom is.  Ek wil nie vandag daaroor praat nie.  Een van die magtigste emosies is woede.

Kragtig soos dit is, moet dit dikwels weggesteek word as jy weet wat goed is vir jou.  Daar is seker goed waarvoor ‘n mens nie omgee om in die tronk te gaan sit nie.  ‘n Moord in ‘n oomblik van woede op iemand wat dit nog moontlik verdien is nie noodwendig die tronk werd nie.  Boonop weeg party mense se regte aansienlik meer as ander s’n.  Briesend meng nie so lekker met helder denke nie.  Behoede die aarde as die oë blits, die neusvleuels oopgesper is en jy weet presies wat jy doen.  Dodelik akkuraat en al die spyt wat agter na kom, kan niks omkeer nie.

Nie dat woede noodwendig ‘n slegte ding is nie.  Dit is soms presies wat nodig is om onsin stop te sit en te doen wat gedoen moet word.  Die finale stoot in die regte rigting.  Dit is ook ‘n manier om die lug te suiwer presies nes ‘n lekker donderstorm.

Almal raak seker met tye ergelik.  Soos ‘n klein klapper.  ‘n Kyk en miskien ‘n knor en dan is dit verby.  ‘n Effense geraas is die ergste wat gebeur.  Tog kan so ‘n klapper wat ingeperk word of verkeerd gebruik word ontsettende skade aanrig.  Wel, in die geestelike wêreld moet dit net te veel opgehoop word voordat dit bars.  Dan kry ‘n mens die bomcrackers – ‘n gunsteling van vele mense.  Dit maak ‘n groot geraas en kan soms afgelag word, hoewel dit die aanhangers sleg in die gesig vroetel.

Die dinamiet ontploffings is erger en die aanhangers hiervan moet liefs vermy word.  Vir normale mense gebeur dit gebeur selde, maar die skade is aansienlik.  Dit laat wonde, wat dalk nog herstel kan word.  Die gate kan gebruik word om iets beters te skep in die wat vernietig was.  Daar is nog hoop, al is dit nie dadelik sigbaar nie.

Anders as ‘n atoomontploffing wat alles in die pad verwoes sonder enige hoop op herstel.  Dit vee alles plat en menslik gesproke is daar geen herstel nie.  ‘n Lelike vermorsing van goeie energie waaruit niks goeds kan kom nie.  Daar is seker ‘n tyd en ‘n plek daarvoor, maar nie in elkeen se lewe nie.

Persoonlik is ek nie iemand met ‘n vuil humeur nie.  Ek het wel soms die kindervriendelike klapper, maar selfs dit is selde.  Ek het wel al ‘n dinamiet ontploffing of 2 gehad en het geleer om dit eerder te vermy.  Ek het al ‘n atoomontploffing voel kook en kon dit gelukkig (of is dit genadiglik) ontlont.

Wat maak jou woedendkwaad?  Verloor jy dikwels jou humeur?  Raak mense maklik vir jou kwaad?  Wie is die baas – jy of jou humeur?

Breinvasbrand:  Watter land het Naga Saki met ‘n atoombom aangeval?

Breinlosbrand:  Olga was reg met tussen 1896 en 1899.


Aksies

Information

3 responses

24 11 2011
J W W

America het Nagasaki ge-bom

Wel, mense in die algemeen maak my murig, en natuurlik idiote agter karre se stuurwiele wat dink hy/sy kan sommer net voor mens indruk of AL die padreels verontagsaam !!

O en die GROOT een is – Politikuste – ALMAL moet verdrink word !

24 11 2011
Sonlig

Ek het my moments, maar ek dink nie ek is humeurig nie.

Moet net nie vir my lieg nie – dan is ek onmiddelik woedend! En dan kan ek nogal aspris wees…

24 11 2011
Olga

Ek is eerder soos ‘n jumping jack. Word moerig elke keer dat my voete grond raak. :mrgreen:

Ek is oor die algemeen kalm en besadig. Maar ja, ek het ook my oomblikke.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: