Net ‘n stukkie papier

23 11 2011

Swart Dinsdag inderdaad.

Die omstrede inligtingswet is vanmiddag ingestem met 229 stemme teen 107.  Twee mense het buite stem gebly.  Die ANC het so ver gegaan as om sy lede onbeskaamd te dreig om seker te maak hulle kry die groen lig.  Interessant genoeg is Cosatu een van die grootste teenstanders van die wet.  Die DA, Cope, IVP, ACDP, OD en die VF+ is ook skerp teen die wet self.  Selfs die Nelson Mandela Stigting en Openbare beskermer het vir wysigings aan die wet gevra.  Dan praat ek nie eers van die Media en menige redelike mense nie.  Wie steur hulle daaraan?  Beslis nie die ANC nie.

Daar is nog ‘n hekkie of twee voordat die wet afgevaardig kan word, maar soos die ANC stoomroller kan ‘n mens nie daarop hoop nie.  Ek is geen regskenner nie, maar die gene wat weet reken dat die wet die einde van vryheid van spraak sal wees en baie beslis teen die grondwet is.  Ek haal sommer direk aan:

16. (1) Elkeen het die reg op vryheid van uitdrukking, waarby inbegrepe is –
(a) die vryheid van die pers en ander media;
(b) die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra;
(c) die vryheid van artistieke kreatiwiteit; en
(d) akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing.
(2) Die reg in subartikel (1) omvat nie –
(a) propaganda vir oorlog nie;
(b) die aanstigting van dreigende geweld nie; of
(c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is
en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.

En:

32. (1) Elkeen het die reg op toegang tot –
(a) enige inligting wat deur die staat gehou word; en
(b) enige inligting wat deur ’n ander persoon gehou word en wat vir die uitoefening of
beskerming van enige regte benodig word.
(2) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie reg gevolg te gee, en kan
voorsiening maak vir redelike maatreëls om die administratiewe en finansiële las op die staat te
verlig.

Kom ons neem eers ‘n stappie terug en besin oor wat die grondwet nou eindlik is.  Volgens die woordeboek is die grondwet die wet wat onder alle omstandighede geldig is en waarop alle ander wette gebou word.  Dit is die rugsteen van ons wetgewing en dus die oppergesag oor enige ander wet, reël of regulasie.

Die grondwet is belangrik omdat dit ons basiese regte waarborg.  Verder stel dit die waardes waarna ons as ‘n land moet strewe en stel dit doelwitte van hoe dit bereik moet word.  Dit is veronderstel om ‘n afdruk vir vrede, geregtigheid en harmonie  te wees en dit beskerm minderhede se belange, aangesien die meerderheid met ‘n stem hulle belange kan beskerm.

Dit is duidelik dat die grondwet dieselfde waarde vir die ANC het as ‘n stukkie toiletpapier.  Wat ‘n baie gevaarlik stand van sake is.  Om aan enige van die regte te karring het die ANC ‘n twee derde stem nodig.  Vandag het hulle met 67 % van die stemme hulle sin gekry.  Hulle kan dus die nodige twee derdes stem kry om enige van die regte in die grondwet te wysig.  Behalwe – en dit is die groot geheim.

As die ANC nie ‘n twee derde meerderheid in ‘n nasionale verkiesing haal nie.  Wat heeltemal binne bereik is as mense hulle gatte lig en gaan stem.  Jou party hoef nie te wen nie, maar om daardie twee derdes te keer is elke teenstem broodnodig.

Op daardie noot dink ek dat die dag gekom het wat die verskeie groot partye dalk net een groot opposisie party moet vorm.  Vergeet al die klein onderliggende verskille en ideale.  Dit kan later kom.  Begin om die ANC uit die kussings te lig en die grondwet veilig te hou.  Verbeter dienslewering en gun elke mens sy plek in die son.  Baklei dan eers oor die goed wat nie die heil van elke Suid-Afrikaner bevorder nie.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wanneer was die Fort gebou waar die Grondwet hof vandag is?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Johannes Jacobus Steyn.


Aksies

Information

7 responses

23 11 2011
Olga

eerste.
Tussen 1896 en 1899

23 11 2011
Olga

volgens 16 (2)c moes die masjiengeweer liedjie sanger en die skiet die boer liedjie sanger se monde deur die anc self gesnoer gewees het. Tog moes die da en afriforum dit doen. Hulle het toe die grondwet beter as die anc geken.
Die wet op die beskerming van inligting is seker broodnodig om in plek te wees voordat die bevindinge van meeste bevindinge bekend word. Waarvoor anders is die anc bang? Het 229 stemmers goed om toe te smeer?

23 11 2011
Selene Phoenix

Ons land sou in so ‘n goeie toestand gewees het as almal die land wil opbou – maar nee almal soek net geld geld en geld… en dan moet partye soos die DA wat al hulle kragte moet gebruik om die wetters teen te staan sodat hulle nie nog verder afbreek nie! 👿

As die DA al hulle tyd en krag in goed kon insit sou dit fantasties gewees het! Maar nee nou moet hulle extra hard werk aan dinge soos die!!

Dis soos om blare te vee terwyl die wind waai!!

23 11 2011
Klip

Die ou het na n werksfunksie gegaan en toe hy terug kom vra sy vrou hoe is dit moontlik dat hy nugter van die huis weg is maar dronk terug kom.Hy antwoord toe hoe is dit moontlik dat as ek die huis verlaat makeer jy niks maar as ek terug kom is jy moerig.

23 11 2011
Klip

Wat sien dronk mense die maklikste?? Blou ligte!

23 11 2011
Klip

Koffie maak ‘n mens definitief aggresief. My pel het gisteraand 12 dubbel brandewyne gedrink en sy vrou twee koffies. Jy moes sien hoe de moer in was sy…

23 11 2011
Klip

Twee pelle sit vroeg oggend langs die viswaters, dus nog donker en die manne kan nie lekker sien wat hulle doen nie. Die een ou vra: “het jy al ingegooi?” Die ander ou se: “nee, ek soek nog die glase!”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: