Wie sal die kinders beskerm?

22 11 2011

Vrydag begin die 16 dae van aktivisme teen vroue en kindermishandeling weer.  Soos dit nou al tradisie is, gaan ‘n paar 1000 mense weer in Johannesburg teen vroue en kindermishandeling protesteer.  Die jaarlikse Sisters with Blisters waar 4 km (of 8 km) in hakskoene afgelê word in solidariteit vir al diegene wat in stilte ly.  Stilte is immers die grootste vriend van die mishandelaar en die grootste vyand van die slagoffer.  Helaas is die vernedering om die mishandeling te erken vir talle te groot.  Die vrees dat niemand die slagoffer sal glo nie of selfs vrees dat die slagoffer verwyt gaan word, beskerm stilte soos geen wag ooit sal kan doen nie.  Dit is hartseer, maar ook nie ongegrond n6ie.

Ek brom elke jaar daaroor dat die 16 dae van aktivisme deur mishandelaars gebruik word om hulle self te bemark.  Dit is amper of veral kindermishandeling dan op ‘n spits gedryf word.  Ek hoop dat 2011 die uitsondering op die vieslike reël gaan wees.  Die vet weet, as elke mishandelaar sy merk wil maak, weet ek nie of daar nog veilige, ongeraakte kinders in die land gaan wees nie.

Die jaar was nie ‘n goeie jaar vir die kinders van ons land nie.  Siende dat ons in Afrika is, moet ons seker die Afrika tradisie omarm dat die gemeenskap die kind se ouers is.  Met net ‘n vinnig oorsig, blyk dit dat die gemeenskap ons kinders gefaal het.  Erger, as ‘n mens kyk waardeur van die kinders gegaan het, wonder ‘n mens wat dit van die gemeenskap sê.  Die manier waarop kinders behandel word, moet seker op die gemeenskap weerspieël?

Daar was die Sondagverkragter, wat op Sondae – terwyl hy veronderstel was om gemeenskapdiens te verrig omdat hy vroeër tienermeisies onsedelik aangerand het – jong meisies gaan soek, verkrag en selfs vermoor het.  Hy is nou waar hy hoort, maar ander het seker les geneem.  Net een van hulle is gevang.  Daar is die ma’s wat soos hasies teel en dan die babas weggooi soos gemors.  Ek blameer nog steeds die kindertoelae.  Daar is vanjaar kinders dood van honger en dors omdat die ma pad gevat het en hulle gelos het sonder ‘n kriesel.  As ek reg kan onthou was dit nie die enigste geval nie, maar die ander kinders was betyds gevind.

Waar die gemeenskap veral harde vrae aan onsself moet stel is hoe kinders mekaar mishandel.  Selfone, kameras, internet, mxit en facebook mishandel nie kinders nie.  Dit is die kinders (en sogenaamde volwassenes) wat kinders deur dit bykom.  Seks en verkragtings self wat verfilm en versprei word.  Kinders se name wat deur die modder gesleep word en sommer in die modder versuip word.

Dit gaan verder.  Vanjaar was daar ‘n geval van jongmense wat ander vasgebind en aan die brand gesteek het.  Al word Satanisme blameer, is dit nog steeds ‘n daad wat mense ‘n ander een aangedoen het.  Laasweek het seuns in Belfast ‘n kompressor in ‘n klasmaat se hol opgedruk en dit oopgedraai.  Die seun, wat reeds gestremd is, het natuurlik baie seer gekry.

Is dit ‘n geval van ledigheid wat die duiwel se oorkussing is.  As ons strate weer veilig is dat kinders kan kom en gaan soos hulle wil, sal hulle hopelik iets beters kry om hulle self meer besig te hou.  Soos ek verstaan is dit die staat se plan teen 2030.  Hoe kinders die volgende 19 jaar (‘n hele generasie) gaan oorleef, is bo my begrip.

Al wat kan help, is genade.  Meer as wat menslik gegee kan word.

Breinvasbrand:  Wie het erken dat hy die Sondagsverkragter is?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Zander Tyler

Advertisements

Aksies

Information

21 responses

22 11 2011
MaanKind

Sulke campaigns is wat my betref mors van tyd en geld. Preaching to the converted, en as so mens dit hoor wat skuldig isn kan dit hom aamspoor deurdat hy dink as ander ook sulke kak aanjaag, is hy nie alleen nie en doen hy dit weer
(Kan nie sien wat ek tikn toets weer BB)

22 11 2011
Xena Phoenix

Maankind, in ‘n mate stem ek saam met jou. Tog, die tipe projekte help met bewusmaking. Ek wil kots as ek sien hoeveel horende doof, siende blind mense daar is. Iemand vertel noudie dag dat ‘n blanke Afrikaner Christen man hom nooit aan so iets skuldig sal maak nie. Wel, hy behoort nie, maar daar is van hulle wat jong kinders nie kan uitlos nie. Ek gee feite, maar sy weier om my te glo.

22 11 2011
MaanKind

Niks sal ‘n ou oortuig wat nie wil sien nie.

22 11 2011
Xena Phoenix

Ook waar. Sulke mense se koppe moet teen ‘n muur gestamp word. Dalk word hulle dan wakker.

22 11 2011
seegogga

die media is ‘n groot faktor. Beperk geweld en seks op TV en kyk wat gebeur. En kastreer die bliksems!

22 11 2011
Xena Phoenix

Jy het ‘n punt met die media. Ek is baie kere geskok met die aantal geweld in iets soos Prison Break. Die sogenaamde jeugprogramme is ook deurspek met seks.

Het jy geweet dat kastrasie nie juis help nie? Dit is die kop wat fout is, nie die tools nie. As sy meneer nie werk nie, gebruik hy vingers of voorwerpe.

22 11 2011
MaanKind

Ek het nou van die BB af, met helse moeite gekommentaar, as toets, ek sien hy voeg nie my skakel by nie. Nou weet ek om dit net in dringende gevalle te doen.

22 11 2011
Olga

johannes jacobus steyn.
Luis.

22 11 2011
Xena Phoenix

En sy paroolbeampte is amper nog ‘n groter luis. Dit is om van te kots

22 11 2011
Selene Phoenix

Ek voel weer dis nie ‘n mors van tyd nie. Mense moet bewus gemaak word van wat in die wereld aangaan en sodoende die mense probeer help. As niemand dit sien as verkeerd nie, kan jou buurman sy vrou pimpel en pers slaan en niemand sal ‘n oog skeef trek nie.

Kinders moet bewus gemaak word dat as pa vir ma slaan is dit vekeerd… of as die oom aan my vat – anders gaan hulle dink dis deel van die lewe.

Ja flieks ens dra by tot dit, maar daar is nie verniet ouderdoms bekerkings op nie. Ek weet daar is ouers wat wrede flieks kyk met hulle kinders langs hulle, so wie word dan geblameer die fliek?

Wat tekenprentjies betref, dis deesdae ‘n pot snot! Maar then again daar is ouers wat die duiwel in alles soek!

Maar dis net my 5c – Ek loop Saterdag Sisters With Blisters met trots!

22 11 2011
Xena Phoenix

En dan sleep jy nog Saterdag ‘n ekstra mens saam. Dink jy julle gaan twee medaljes kry?

Ek doen vanjaar my 4 de sisters en elk een was die moeite werd.

22 11 2011
Selene Phoenix

Ha ha ha!! Mens moet hulle van kleins af leer wat reg en verkeerd is, al kan sy op die stadium nog net hoor! 😉

Ek sleep ook vir AL saam… of gaan sy my sleep?

Dis my 3rde jaar!! Wel ek was darem laas jaar daar in gees!

22 11 2011
Xena Phoenix

Shame, gaan AL hakskoene dra?

😉 Jy moet onthou om vir noenoe ‘n gesiggie te teken.

22 11 2011
Olga

Ek stem met Maankind saam. Die molesteerder gaan nie saamstap nie. As hy ooit weet waarvoor daar gestap word, gaan dit hom of haar net laat lekker kry. Lae luis. Hulle is gewoonlik die met die grootste bekke oor wat hulle so ‘n molesteerder of aanrander sal aandoen.

22 11 2011
Xena Phoenix

Ongelukkig gaan die molesteerders ook nie lê dat daar bo-oor hulle geloop kan word nie. Maar dit samel darem geld in om die slagoffers te help.

22 11 2011
Olga

Aan die einde van die dag is die geld al waaroor dit gaan.

22 11 2011
Xena Phoenix

Sonder geld kom ‘n mens nie ver om ander te help nie. Terapie, versorging en regshulp vir slagoffers kos ‘n fortuin.

22 11 2011
Olga

Hoeveel van die “slagoffers” was al ontslae van die drek, dan het hulle uit hulle pad gegaan om die ding weer terug te hê want hulle is bang hulle lewe gaan te ordentlik verloop sonder die vuilgoed in hulle lewe? Dan is hulle elke paar maande weer “slagoffers?”

22 11 2011
Xena Phoenix

Ek dink beslis dat vrouemishandeling ondergeskik aan kindermishandeling moet wees. Die vrou kan haar eie besluite maak, wat insluit om haar goed te vat en te loop. Die kind het nie daardie luukse nie. In gevalle van kindermishandeling word die kind ‘n speelbal wat weinig sê oor hulle eie lot het. Vrouens het darem nog ‘n sê wat met hulle moet gebeur.

Toegegee – ek dink nie jy kry vrouemishandeling waar die kinders nie mishandel word nie. Omgekeerd ook.

23 11 2011
Xena Phoenix

Jis, ek is ‘n eier!

Ek was al in 4 sisters gewees. Dit gaan my 5de een wees en my tweeling se 4de een.

23 11 2011
Selene Phoenix

Ja ons is eiers! Dit gaan my 4de een wees! 😀 Skoon vergeet… ons was Hekse en het twee keer ons groen hempies gedra met trots!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: