Trefferrowers

21 11 2011

Omtrent ‘n week gelede het ek iewers gelees dat Madonna vuur gespoeg het nadat haar nuwe liedjie op die internet gelek het.  Aanhangers kan dit in die hande kry voordat ‘n radiostasie dit gespeel het of voordat die CD uit is.  Dit het natuurlik heelwat gevolge vir Madonna, onder andere ‘n verlies in inkomste.  Madonna was soos reeds genoem glad nie gelukkig daarmee nie en het aanhangers gevra om dit nie af te laai nie.  Asof dit so maklik is om die vuur te stop.

Ek sien gister dat dieselfde vir Jack Parow getref het.  Anders as Madonna het hy maar net sy skouers opgehaal en verklaar dat dit tog nie gekeer kan word nie.  Interessant in meer as een opsig.  Eerstens is dit seker die enigste keer in sy lewe wat Jack Parow in dieselfde asem as Madonna genoem kan word.  Hy het nie haar naam of reputasie nie.  Sy konsertkaartjies kos ‘n baie klein breukdeel van haar kaartjies en hy trek nie die massas wat sy trek nie.  Hy gaan nie naastenby soveel inkomste verloor as sy nie, maar dan gaan hy die verlies behoorlik voel en sy nie.

Sterk kontras, maar eintlik wil ek praat oor onwettige musiek of films.  Iets waaraan almal in ‘n mate skuldig is en wat nogal in Suid-Afrika skerp veroordeel word.  Aan die een kant kos ‘n goeie DVD of CD tussen R150 en R200 – vir een produk.  Vir dieselfde geld en die regte kontakte, kan jy ten minste 10 produkte kry.  Die somme spreek vanself.  Tog behalwe dat dit teen die wet is, word die kunstenaar ingedoen om die vrugte van sy of haar goeie werk te pluk.  As jy tog ‘n aanhanger is, wil jy tog hê dat die kunstenaars tog daarby baat vind.

Nie juis dat hulle krepeer nie.  Ek lees nou die dag (ek lees seker te veel) dat ou Koert van Heerden R5000 uur betaal is vir ‘n rol in The Ra-cist.  Goed en wel, hy is nooit betaal nie, maar vir R5000 per uur gaan hou ek ook my lyf akteur al kan ek nie toneel speel om my lewe te red nie.  Ek het ook al iewers gehoor dat kunstenaars ryk word uit konserte uit en nie soseer uit musiekverkope nie.  Tog, hoe meer hulle verkoop, hoe duurder raak hulle kontrakte.  Hulle rykdom het nie net sommer in hulle skote geval nie.  Hulle moes jare lank teen ‘n hongerloon op tree om gehoor te word.  Daarna is dit na elke fesie in die land toer en mense stadig maar seker mal  (of is dit eerder lojaal) maak oor jou.  Dit is een ding om bo te kom en ‘n heeltemal ander ding om bo te bly.

Tog, R150 bly R150.  As jy 10 goed wettig wil bekom, kos dit jou R1500.  Bekotsingswaardig as daar dalk net 1 liedjie per CD is waarvoor jy nou eintlik betaal.  Ek dink amper ‘n wettige aflaai kos R20 per liedjie.  Aansienlik duurder as om die hele CD te koop.

Dit kom basies daarop neer of die wettige verspreiders belaglik is en of gratis downloads die weg van die toekoms is?  Kan die een party vingers wys as jy self die ander indoen?

Ek dink daar is twee groepe.  Die een sal meestal wettig koop en hier en daar ‘n trefferrower wees, veral waar hulle nie bereid is om te betaal vir ‘n klomp snert nie.  Die ander sal nooit koop waar hulle kan roof nie.  Amper vergeet ek van die rowers wat dit nog teen ‘n wins verkoop teen ‘n breukdeel van die oorspronklike.

Die plaaslike akteurs brom graag ook daaroor dat mense nie verhoog produksies bywoon nie.  Weereens is dit nou nie juis R20 ‘n kaartjie nie.  Dit is ook nie gewaarborg dat jy nie teleurgesteld gaan wees as jy gaan opdok vir die kaartjie nie.  Sal hulle bereid wees om jou ‘n geldterug waarborg te gee as hulle afskeep?  Seker nie.

Is jy ‘n trefferrower?

Breinvasbrand:  Wat is Jack Parow se regte naam?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Microsoft


Aksies

Information

6 responses

21 11 2011
Olga

Eerste!!!

Zander Tyler.

21 11 2011
Olga

Die probleem met goed soos cd’s, dvd’s en plate was gewoonlik die gulsigheid wat daarmee saamgaan. Vir my maak dit net sin dat as en mens sn vir R9,99 verkoop kan word, is daar geen rede om R289 vir ‘n ander sn te betaal nie. In die eerste plek, sal ek nie ‘n dvd of cd van Madonna koop nie, in die tweede plek sal ek ook “nee dankie” se vir ‘n geroofde een. Na my mening is dit mense soos sy wat in kleindogtertjie stemmetjies sing met hulle bene wawyd oop wat kinder molestering aanwakker. Ek sal verkies om haar en haar vennote nie eers op die radio te hoor nie.

21 11 2011
MaanKind

Hoe pas ‘n boek wat mens vir iemand leen by rooflees? En biblioteke?

21 11 2011
Olga

Biblioteke is seker maar wettige roof. Mens kan cd’s en dvd’s ook daar uitneem.

21 11 2011
Xena Phoenix

Goeie vraag Maankind

Ek dink die verskil is dat die biblioteke ‘n lisensie het om dit uit te leen en dit is veronderstel om weer terug te gaan. Sonder dat jy eers jou eie afdruk gemaak het.

22 11 2011
seegogga

some you win, some you lose. ek dink kunstenaars moet dit maar besef, net soos ander se idees weer gesteel word deur mense wat hulle eie ondernemings begin met ‘n ander se idee.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: