Fix it till it is broken

18 11 2011

Daar is regtig tye wat ek wonder of IT monsters niks beters het om met hulle tyd te doen nie.  Ek is altyd die eerste om toe te gee dat daar altyd ruimte vir verbetering is.  Maar verandering beteken nie altyd verbetering nie.  Dikwels is die verandering net ‘n verandering.  ‘n Pyn in die stert en iets om aan gewoond te raak.

Kom ons begin by Windows.  Elke jaar of wat is daar ‘n nuwe weergawe.  Dit is nou waarskynlik nie die einde van die wêreld as jy redelik gemaklik is agter jou rekenaar nie.  Jou oë moet maar net gewoond raak aan die nuwe uitleg en jy moet hier en daar vir ‘n ou bekende funksie soek.  Dit kan egter ‘n ramp wees as jy nie te seker van jou self is of die nodige funksies se name ken nie.  ‘n Paar jaar terug toe Vista uitgekom het, moes jy amper van voor af leer hoe om ‘n rekenaar te gebruik.   Dit het ons ook oorleef en slimmer anderkant uitgekom.

Facebook is na my sin ook heeltemal te gretig om te karring.  Dit het goed gewerk, jy kon sonder enige moeite en inspanning almal se gedagtes en idees volg.  Toe gaan besluit FB van wie jy meer hou en wie jy harder wil volg.  Ek sien nie die verbetering nie.  Hoekom moes hulle ook aan die klets funksie gaan “werk” het.  Weereens besluit hulle mos met wie jy graag sou wou praat.  Alles net meer rede om die kletsfunksie af te hou.

Mobile Sites sal my na drank dryf.  Dit is veronderstel om beter vir selfone te werk, maar dit is een vet gemors as dit nie vir jou werk nie.  Beeld dring daarop aan dat hulle elke keer in die selfoon uitsetting oop maak.  Jy sien dus ‘n maksimum van 5 berigte.  Glad nie gebruikers vriendelik as jy jou oog oor die koerant wil gooi nie.  WordPress se mobiele blad is ‘n kramp op plekke waar ek nie graag krampe wil hê nie.  Jy moet tot heelonder sukkel om dit verander en dan verander die dekselse WordPress dit ‘n dag of twee later terug.

Hoekom?  Is ek dan die enigste een wat nie die voordele van die verandering sien nie?  Daar is seker ander goed waarmee die IT mense hulle besig kan hou?

Die meeste van die veranderinge is ‘n doring in my oog wat lank vat om verwyder te word.  Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Watter maatskappy ontwikkel Windows?

Breinlosbrand:  Selene was reg met Topaz


Aksies

Information

8 responses

18 11 2011
Olga

eerste!
Microsoft?
Ai, kyk, die veranderings kos my net geld. Elke keer as iets verander, moet ek bel vir hulp. 👿

18 11 2011
Olga

modderpoel! Hoekom wil jy my mond met modder was? Ek het nie gevloek nie.

18 11 2011
Olga

Dis Vrydag. Wie wil speel?

18 11 2011
Toortsie

Ek het hul nie ook die laaste paar dae aan wordpress ook gefoeter nie?

18 11 2011
J W W

Vista? Ek is nog by windows 95 !!!!!!!!!! :mrgreen:

18 11 2011
Sonlig

En ek laaik Windows 2003!

18 11 2011
Nadia

Ek het my gister vervies vir die nuwe Facebook – het totaal en al tegnologies ongeletterd gevoel en het so ampertjies die aftog geblaas toe ek onthou dat mens op youtube gewoonlik ‘n video of twee kan kry om vir jou stap-vir-stap te verduidelik hoe om omtrent enige iets – van hareknip tot om vir jou appeltjie ekstra woema te gee (iets te doen met ekstra “ram” vir jou “apple mac” maar ek sal lieg as ek maak asof ek weet hoe dit werk!). Aan die anderkant hou dit ons seker op ons tone 😉

19 11 2011
Gogga

Ek probeer maar aan foeter tot ek regtig nie meer kan uitmaak wat de hel ek veronderstel is om te maak nie. Dan sal ek gaan vra. anders hou ek maar net op om dinge te gbruik (soos facebook) as hulle dit uitlos dan is dit mos ok maar nee altyd verander. Windows maak my gat lam en ek is baie bly dat ek jare gelede die skuif MAC toe gemaak het. Hulle funksies en updates maak my net minder voel om goed teen die mure te laat vasvlieg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: