‘n Voël verander van veer, maar nie van kleur nie

16 11 2011

Hier is hopeloos te veel onderwysers op WordPress.  Seegogga, ‘n gewese onderwyser, het my vertel om ‘n opstel oor “’n Voël verander van veer, maar nie van kleur nie” te skryf.  Ek weet nie hoekom daar nou juis ‘n opstel nodig is nie.  Die paragraaf gee duidelik die betekenins van die uitdrukking.  Seegogga het nie ‘n bord, kryt of selfs ‘n klas nie, maar sy sal nog wragtig huiswerk uitdeel.  Die Engelse praat mos van old habits die hard.

Die perfekte misdaad is glad nie so moeilik soos wat ‘n mens dink nie.  Die sin moet egter baie versigtig en omslagtig hanteer word.  Sien, dit is juis daardie aanname wat jou jou gat sonder ‘n spieël sal laat sien.  Die polisie, nie eers die Suid-Afrikaanse polisie, is ook nie regtig so dom soos wat hulle lyk nie.  Die oomblik dat jy dit dink, is die tronk jou voorland.

Nogtans is daar al in die verlede perfekte misdade gepleeg.  Dit is ook nie onmoontlik om vandag iets briljant uit te voer betreffende misdaad nie.  Die geheim is dat jy dit soos ‘n Top Secret Naval Operation moet doen.  Vir die wat nie bekend is met Pearl Harbor nie, beteken dit dat jy iets moet doen wat niemand van te vore gedoen het of aan gedink het nie.  Daarmee gaan jy nie net jou kompetisie en slagoffers ontnugter nie, maar ook die wat jou moet aankeer en tot orde roep.

Dit kos fyn dink, goed beplan en presisie in die uitvoer, maar sukses is so te sê gewaarborg.  Hoekom haal die meeste mense se dade hulle een of ander tyd tog in?  Die mens is nou een maal nooit tevrede met hulle sukses en met wat hulle het nie.  Dit moet altyd meer, beter of slimmer wees.  Kort voor lank steek die gierige gogga sy kop uit en kan dit net op een manier bevredig word.

Dit is dan ook hier waar die vloek van “n Voël verander van veer, maar nie van kleur nie” te sprake kom.  Persoonlik is ek meer bekend met “”n Jakkals verander van haar, maar nie van snaar.”  Die mens gaan altyd weer terug na wat voorheen gewerk het.  Die verskil is dat die briljantheid ten minste halveer is en die nodige verweer teen die streek is in plek gestel.  Die kanse dat dit weer gaan slaag, is dus aansienlik minder as die eerste keer wat dit gebeur het.

Dit is maar een voorbeeld.  So oud soos die skepping, maar nogtans so waar soos nog iets.  Mense haal altyd hulle ou streke van vooraf uit.  Hulle vererger met die tyd saam, maar sal dit nimmer laat staan.  Daar bly ‘n onderwyser, altyd maar ‘n onderwyser.  ‘n Verkragter, sal weer verkrag.  Die ou wat met bedrog weggekom het, sal weer probeer.  En geskiedenis sal maar altyd herhaal word.

So voorspelbaar, maar dit is tog ons behoud.  As jakkals sy snaar kon verander het, was daar seker aansienlik meer chaos.

Ek moet die huiswerk verder uitdeel en ek tag Tannie Gypsy dan met “Water in ‘n Mandjie dra.”

Breinvasbrand:  Watter karakter in Pateet 7de Laan draai altyd sy / haar idiome om?

Breinlosbrand:  Eugene Schueller

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

16 11 2011
seegogga

nouja, ek het vir my man gese:” noem gouy ‘n idioom!” en dis waarmee hy vorendag gekom het. Maar mert hierdie skrywe het jy my ook iets laat insien wat ek voorheen ontken het. Dankie. goed gedoen!

16 11 2011
MaanKind

Well done!

16 11 2011
J W W

Oubaas is daai stupid irreterende oom wat altyd gat oor kop idiomiseer !

16 11 2011
Olga

en is di ou box n kramp in die gat.

16 11 2011
Son

Ek skop sommer jou gat, nevermind water in ‘n mandjie dra! 😉

Ek sal maar sien wanneer ek by hierdie huiswerk uitkom – by the way – die uitdrukking is “sop met ‘n vurk eet” 😈

16 11 2011
Xena Phoenix

Water in ‘n mandjie dra is ‘n erkende idioom. En as ‘n mens sop met chop sticks kan eet, kan jy dit seker met ‘n vurk ook eet.

16 11 2011
Xena Phoenix

O ja, nou nie dat ek wil poep of skinder nie, MAAR sop met vurk eet is nie ‘n amptelike Afrikaanse Idioom nie.

Water in ‘n mandjie is wel.

http://www.andiquote.co.za/idiome.php?search_idiom=mandjie

16 11 2011
seegogga

Moenie die baba met die badwater uitgooi nie of iets van hoenders of harekloof of so-iets in dier voege. Skryf net die stories! Julle laat my besef dat ek laaaanklaas ‘n Afr onnie was!.

16 11 2011
Nadia

Ek wil nou nie poep, skinder en paniek saai nie – maar hierdie storie het nou my dag gemaak! Dit sou defintief enige Afrikaanse onnie se hart verwarm het 😉

21 11 2011
‘n Voël verander… | Toortsie en Kameel

[…] Voël verander van veer maar nie van kleur….. Dis die opdrag wat Seegogga eers net vir Xena, maar ook later vir Maankind en my gegee het. Skryf […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: