Alles in die naam van skoonheid

15 11 2011

Somer is seker ‘n tyd om weer uit te haal en te wys.  Nou nie noodwendig alles nie.  Maar jou voete kom nou weer in sandale, die rokkies en broekies raak korter en jy wil dalk ‘n draai op die strand maak.  Dit kan jy nie in jou winter toestand doen nie – wel, soos ek van die tydskrifte verneem.  Skielik is die gims oorlaai met almal wat hoop hulle kan die winterskade ongedaan maak.  Almal is op ‘n dieet om al die moeite in Desember ongedaan te maak.

Die oefening, diëte en die moontlike gesigs, voet en selfs hand behandeling is seker normaal en kon nie juis skade doen nie.  Skoonheidsterapeute moet darem ook lewe en ‘n Kersfees bonus sal welkom wees.  Tog is daar mense wat vir elke weird storie of belofde val.  Ongeag hoe dit met kos, sjokolade of drank mors.  Die behandeling kan selfs walglik wees, maar as dit hulle dalkies jonger gaan laat lyk, sal hulle dit gaan probeer.

Cleopatra het blykbaar altyd in melk gebad.  Ek het nog altyd by die blote gedagte daarvan gegril, terwyl ek baie lief is vir ‘n koue glas melk.  Veral as dit saam met ‘n koekie kom.  Ek hoor daar is ‘n behandeling waar jy in bier bad.  Daar is glo ook ‘n biermasker vir jou gesig.  Dit kan seker nog gaan, maar ek weet darem nie of ek vir slakslym gesigroompie sal val nie.  Daar is selfs mense wat hulle gesigte met urine was.

Masserings is ‘n perd van ‘n ander kleur.  Persoonlik hou ek nie daarvan as mense aan my druk en vroetel nie.  Daar is ook nie juis ‘n kans wat ek gaan betaal om geboelie te word nie.  Ek verstaan daar is massering mishandeling wat met sjokolade gedoen word.  Ek is nou nie die grootste aanhanger van sjokolade nie, maar wat ‘n vermorsing.  Ek sal goeie strek oefening kry soos ek dit van my rig sal wil aflek.  Dit is darem nie pynlik nie.  Daar is ‘n behandelink waar daar ‘n vakuum gevorm word met warm glasse op jou vel.  Dit is nog niks.  Hoe sal jy daarvan hou om met takke gelooi te word – alles in die naam van goeie bloed sirkulasie?  En net om seker te maak jy behou die sensasie word jy agterna met koue water gegooi.

Een behandeling wat my so fassineer dat ek dit sommer sal probeer is ‘n Thaise / Japanese Vis pedikuur.  Jy druk jou voete in die vissies se dam en hulle vreet al die dooie velletjies weg.  Blykbaar is dit glad nie seer nie, net kielierig.

Het jy van weird behandelings gehoor?  Enige van hulle al self probeer of oorweeg?

Breinvasbrand:  Wie was die stigter van L’Oreal?

Breinlosbrand:  Mense in Suid-Afrika was blykbaar altyd 07:00 gehang.


Aksies

Information

5 responses

15 11 2011
MaanKind

Enige iets, behalwe die bloedsuiers wat vir sekere goed gebruik word!

15 11 2011
Selene Phoenix

Ek het ‘n scary storie gelees oor daai vissies wat so aan dooi velletjies eet! Sal dit nooit doen nie! As hulle nie die tanks mooi skoon maak nie en die water ruil nie kan jy ander mense se siektes optel! 😯

Al weird ding wat ek doen is… nope ek doen niks nie! Ek gooi wel olie in my bad, en gebruik gesig en oog room wanneer ek onthou!

15 11 2011
Sonlig

Uhm…semen op jou gesig vir verjonging is waarkynlik die ergste waarvan ek nog gehoor het.

Daai vissies wat jou voete sag vreet is ook blêddie “groce”! Eeeeeuuuuwww man!!!

15 11 2011
J W W

Alkohol maak my mooi (oftewel dan dink ek ten minste so)

Dove seep, dis al wat ek gebruik.

15 11 2011
Olga

ek wil my voetekies in die vissies se tenk gaan druk. Ek wil.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: