Spook Kamermaat

11 11 2011

Ek lees nou die dag dat Helen Zille die spoke in haar premierhuis die deur gewys het.  Ek kan nie met sekerheid sê dat die spook dalk Patricia de Lille was wat onverwags kom kuier het nie.  Wie weet, dalk was dit sommer Tannie Zille haarself wat onverwags in die spieël gekyk het.  Iedergeval, sy het groot genoeg geskrik om hulle te kom uitdryf.  Dit was blykbaar nogal freaky, die spookkenner wat kom ondersoek instel het, het hulle gekry waar ander hulle gesien het.  Nie dat ek verbaas is nie, spookstories in die premiershuis is seker ‘n staatsgeheim.

Ek wonder tog of Tannie Zille nie haarself te kort gedoen het om die spoke uit te smyt nie.  Ek meen, die premiershuis is seker groot genoeg vir mens en spook.  Buitendien skrik ‘n ystervrou mos seker nou nie vir ‘n spook nie?  (Ysterasters doen wel, maar dit is ‘n ander storie).  Politici is veronderstel om uitstekende diplomate te wees en met ‘n spook in jou hoek, kan jy nie juis verkeerd gaan nie.

Om mee te begin, roep haar opposisie gereeld die hulp van hulle voorvadergeeste in.  Siende dat Zille se voorvadergeeste Duitsers is, gaan hulle nou nie juis veel kan uitrig nie.  Veral omdat hulle sekerlik in Duitsland sit.  Sou sy nou maatjies met haar spook wees, kon sy die spook stuur om so ‘n bietjie sin in die voorvadergeeste te praat.  Hulle beskouing is gewoonlik in die verlede gesetel.  Die spook kan hulle dalk die nuwe Suid-Afrika wys en miskien leer om die internet te gebruik.  Daarmee dink die voorvadergeeste dalk ‘n bietjie verder as wat lewendige geeste kan dink.

Ek neem aan Tannie Zille moet soms minder aangename (welkome) gaste (die wat nog skop) in die premiershuis onthaal.  Soos julle weet, drink die gemiddelde Suid-Afrikaner glo 20 l skoon alkohol ‘n jaar.  In die premiershuis is die beste daarvan waarskynlik gratis beskikbaar – selfs na 11 die aand.  Ek reken dus die reël van loop wanneer die koppie koud is geld nie daar nie.  Sy wil seker ook nie onnodig tone trap net omdat sy wil gaan slaap nie (ek meen, botox gaan ook net so ver).  As haar goeie spookvriend nou net ‘n paar bottels laat vlieg, sal die gaste sekerlik sorg om hulle in die toekoms te gedra?  Dit is sal op die heelminste haar vermaak.

Ek neem aan dat met ‘n leër personeel wat na die huis omsien, is die spook se towerkragte nie nodig om ‘n handjie by te sit nie.  Behalwe nou as almal ‘n welverdiende ruskansie kry.  Dit is nou nie dat die spook uit gebuit kan word nie?  Hy sal maar te bly wees vir gratis onbeperkte verblyf.  Sou tannie Zille nou weliswaar president Zille raak, sal die spook saam met haar verhuis en dan is die premiershuis in elk geval bevry.

Om ‘n belangrike bondgenoot so in die gesig te vroetel.

Breinvasbrand:  Wat was Casper se van as mens?

Breinlosbrand:  Gerda was reg met Matthew en Marilla Cuthbert


Aksies

Information

7 responses

11 11 2011
Olga

eerste.
Breinoplos.
Tannie moes haar spook n bottel macassar oil in die hand gestop het.

11 11 2011
Xena Phoenix

Skies, tannie Zille se spook het aanstoot geneem en my vasvra goed gesteel.

11 11 2011
Olga

mc faddon.
Dink net wat dari spook dan met die regte instruksies kon vermag.

11 11 2011
J W W

Boo, ek dink dit spook in mal emma se kop, want daar is wragtag net ‘n lee spasie, en spoke laaik lee spasies.

11 11 2011
toortsie

Die huis waar ek die afgelope 12 jaar al woon, het glo spoke. Ons het mekaar nog nie raakgeloop nie, maar dit pla my glad nie dat hulle hier is nie. Die feit dat hulle my nie pla nie laat my dink hulle is gelukkig! 🙂 Ons lewe seker in verskillende tye.

12 11 2011
Laviga Heks

😥 My internet wil nie werk nie! Boe hoe hoe

12 11 2011
Toortsie

Viga! Wat gaan aan? Waar is jy?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: