Selfoon Blues

9 11 2011

Jare gelede het ek ‘n staaltjie gehoor, waaraan ek deesdae alhoemeer herinner word.

Die verkoopsmannetjie besluit om Namakwaland in te vaar en al die ander ore aan te sit.  As niemand Namakwaland toe gaan nie, sal hulle mos geredelik hulle ore vir sy produk uitleen.  So gedink en so gedaan.  Hy word nogal redelik vriendelik by die eerste huis ontvang.  Die tannie nooi hom vriendelik om te sit en verdwyn binnetoe vir innerlike versterkings.  Op die punt dink haar brakkie om sy misnoë met die verkoopsman te toon en hy los ‘n pakkie net daar in die sitkamer.  Net toe kom die tannie met die skinkbord terug.  Die verkoopsmannetjie neem die skinkbord en sit dit neer en kondig selfvoldaan aan dat hy self die pakkie sal eet as sy stofsuier dit nie verwyder nie.  Die tannie kyk hom op en af en strooi die pakkie vol suiker.

“Jy moet dan eet, Boetie.  Hier in Namakwaland het ons nie lektrisiteit nie.”

Dit maak my nogal spyt dat ‘n selfoon nie ook sommer kan stofsuig nie.  Dit sal my oneindige plesier verskaf om te sien hoe ‘n selfoonverkoopspersoon hulle eie gemors moet eet.

Ek gebruik al meer as ‘n dekade ‘n selfoon en ek kan in alle eerlikheid sê dat ek nog nooit so met die ding gesukkel het as die afgelope jaar of twee nie.  Vodacom het onlangs heel trots vertel dat hoe slimmer die selfoon raak, hoe swakker is die sein.  Dit laat my regtig wonder hoekom ons nog enigsins met selfone sukkel?  Punt is dat die beste selfoon waardeloos is as dit nie gebruik kan word nie.  As ek deesdae die voordele van ‘n selfoon teenoor die nadele opweeg, dink ek regtig nie dat die voordele swaarder weeg nie.

Kom ons begin sommer met smse.  In die verlede het sms’e wel van tyd tot tyd vertraag geraak – gewoonlik rondom Kersfees en Nuwejaar wanneer almal die goed soos soetkoekies uitgedeel het.  Dit was egter altyd afgelewer.  Deesdae is ‘n sms omtrent dit onbetroubaarste vorm van kommunikasie.  As jy goeie of slegte nuus het om te deel, is SMS’e moes omtrent daarvoor gemaak.  Ek het vanjaar al verskeie kere in die verleentheid gekom bloot net omdat ek sekere SMSe nie ontvang het nie of omdat my SMS nie afgelewer was nie.  Met tye het iemand sommer ‘n laslappie sms gekry, met stukkies SMSe oor verskeie dae.

3 G dienste hou mens omtrent deesdae nederig.  Dit vat met tye omtrent ‘n uur net om by die bladsy te kom sodat ek my skrywe kan tik.  Om ‘n prentjie te laai kan net so lank neem en dan praat ek van iets wat maar ‘n paar kB groot is.  Jy kan deesdae ook nooit waag om net te “Publiseer” nie.  Jy moet eers jou skrywe copy sodat jy dit darem kan paste as die internet jou in die voet skiet.  Wat 9 uit 10 kere gebeur.

In die verlede het dit gewoonlik ‘n paar uur geneem om jou selfoon te herstel.  Dit is nou as dit wel herstelwerk nodig gehad het.  Die afgelope tyd is ‘n mens meer sonder ‘n foon as met een.  Herstelwerk neem deesdae langer as 6 weke.  Jy het jou selfoon terug vir 2 of 3 weke en dit moet weer vir ‘n 6 weke vakansie gaan.  Daar is regtig nie juis veel nut aan so ‘n foon nie.

Selfs oproepe word gou-gou afgesny.  As jy regtig met iemand telefonies moet praat, moet jy bereid wees om verskeie kere te skakel.

Die ergste van alles is dat jy danksy jou selfoon geen privaatheid het nie.  Danksy FICA kan iemand met net jou nommer jou huis en posadres kry.  Vir watter rede ookal.

Die pluskant van ‘n selfoon is die gemak wat daarmee gepaard gaan, sou dit inderwaarheid werk soos wat jy vertel was dat dit werk.

Ek dink die diensverskaffers het geen verskoning nie.  Hulle word baie meer betaal as hulle internasionale boeties en sussies.  Sekerlik kan ‘n mens iets daarvoor verwag.  Maar dan is ons seker die sotte wat bereid is om te betaal en niks te ontvang nie.

Hoe voel julle daaroor?

Breinvasbrand:  Watter bekende selfoon maatskappy vandag is in 1871 gestig deur Fredrik Idestam en Leo Mechelin?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Kusile kragstasie

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

9 11 2011
Selene Phoenix

Eerste!!!

En die battery wat soos ‘n dag hou (as jy gelukkig is) Mens sal dink met vandag se tegnologie sal ‘n battery darem ‘n week hou! Ek verstaan alles is in kleur, jy gebruik internet en bluetooth en en en… maar nog steeds ‘n dag! Dis belaglik!

9 11 2011
JWW

Dis hoekom ek nie een van daai fancy smart fone wil hê nie, hulle battery tyd is simpel, hulle opvangs is useless, hulle knoppies is so phokk’n klein g’n mens kan dit druk nie, dan is die syfers ook nog so weggesteek, mens sou sweer hulle wil NIE hê mens moet kan bel nie, net heeltyd woorde tik…. as ek met iemand wil praat BEL ek hom/haar en gebruik daai outydse uitvindsel wat bekens is as jou STEM !!!!!!!!!!!!!!

9 11 2011
Olga

kan dit nou oorvertel?
Nokia.
Jy moet dalk in 1 bele.

9 11 2011
Olga

ek het soos in glad nie geduld om met landlyn of 3g stokkie te karring om op die internet te kom nie. Ek gebruik my vorige foon met usb kabel vir n modum. Vandat ons nou sowat 3 weke gelede hspa sein gekry het, kan ek ‘first time, everytime’ connect. SOVER IN ELK GEVAL.

9 11 2011
MaanKind

Ek dink ons raad te vinnig te veel gewoon aan te lekker, en dan aanvaar ons alles as vanselfsprekend, maar terselfdertyd laat hulle ons te veel betaal daarvoor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: