Vrede in Groen?

8 11 2011

Dit is nogal vir my ironies dat ‘n organisasie soos Greenpeace nie juis bekend is vir hulle opheffing van vrede nie.  Dit is nie dat die groep stuit vir konflik nie, hulle maak konflik so ver hulle gaan.  In teenstelling met wat vrede is.  ‘n Naam soos Groenkonflik sou dalk meer gepas gewees het.

Greenpeace se belange word blykbaar bevorder deur navorsing, besprekings (lobbying) en direkte aksie.  Dit is veral die direkte aksie wat ‘n mens laat wonder of vrede enigsins in hulle koppe is.  Greenpeace huiwer nie om iets vernietig wat in hulle pad staan nie.  Of dit nou ‘n land vol geneties gemodiseerde graan of ‘n walvisjagskip is.  Vandalisme in die ergste graad en die meeste lande beskou dit as gewelddadig.  Greenpeace verskil egter van hulle en reken dat die vernietiging van eiendom nie geweld is nie.  Geweld is wanneer daar mense (en seker diere) lewens in gedrang kom.

Ek staan nie noodwendig koud teenoor baie van hulle sake nie, maar die organisasie as sulks het my nog altyd ‘n bitter smaak in die mond gegee.  Ek dink dat Greenpeace juis op direkte aksies fokus omdat hulle so beter op mense se emosies kan teer.  Verskeie kritici in die verlede het al aangevoer dat Greenpeace nie juis by wetenskap hou om hulle belange te bevorder nie.  Daar was al in die verlede foute in hulle berekeninge of aannames.

Sal Greenpeace se aksies Greenpeace se goedkeuring weggedra het as dit deur ‘n ander organisasie gebruik was?  In die 90’s het hulle byvoorbeeld Shell aangevat wat hulle ou gebruikte platforms in die see wou gaan gooi het.  Greenpeace het ‘n stokkie daarvoor gesteek en aangevoer dat dit ‘n presedent sou skep.  Tog huiwer Greenpeace nie om die walvisbote van Japan te sink as hulle ‘n halwe kans kry nie.  Is die bootrommel nie ook besoedeling van die see nie?  Hulle brand landerye af wat nie aan hulle standaarde voldoen nie.  Kan hulle dan vingers wys na ander organisasies wat ook van verbranding gebruik maak.

Ek wonder of Greenpeac altyd die groter prentjie ingedagte hou.  Net gister is ‘n paar aktiviste in Witbank gearresteer oor hulle betogings daar.  Hulle het basies ‘n groot banier van ‘n kraan afgehang en hulle self teen die hek vasgeketting.  Dit gaan juis oor ESKOM wat uit steenkool elektrisiteit wek.  Hulle het somme wat wys hoeveel biljoene sekondêre kostes daar is, maar dit voel ESKOM of die publiek nie juis aan hulle sakke nie.

Feit is dat steenkoolmyne werk aan derduisende mense verskaf en dat steenkoolelektrisiteit goedkoop is.  Greenpeace se navorsingspan sal dalk meer sukses behaal as hulle ‘n goedkoper meer omgewingsvriendelike krag kan voorstel, sonder dat duisende mense hulle werk gaan verloor.  As die verbruiker minder gaan betaal en ESKOM en die myne se mense nie honger ly nie, sal mense dalk ernstig na hulle luister.  Alternatief kan die navorsing dalk poog om die invloed teen die omgewing te minimaliseer.  Nie maklik nie, maar Greenpeace skrik seker nie vir sulke uitdagings nie?

Hoe voel julle oor Greenpeace?

Breinvasbrand:  By watter kragstasie het Greenpeace gister geprotesteer?

Breinlosbrand:  Selene was reg met Adrian Gore.


Aksies

Information

7 responses

8 11 2011
Olga

eerste.
Kusile kragstasie in wbk.

8 11 2011
Olga

ek kan jou n brief gee dat die greenpeace mense direk na hul protes-optrede in karre (petrol aangedrewe karre) geklim en weggery het. Hulle gebruik die steenkoolvervaardigde elektrieseteit, mikrogolfoonde en verseker parfuum ook. As jy nie self ‘groen’ lewe nie, durf jy ‘groen’ afdwing? Hoe wil hul elektrieseteit opgewek he? Ek glo in elk geval dat steenkool opwekking veiliger as kernkrag is.

8 11 2011
Toortsie

Daai lot wat geprotesteer het, gebruik seker nie elektrisiteit nie?

8 11 2011
Selene Phoenix

Dis so moeilik om deesdae vir iets op te staan want jy moet dood seker maak jy is op die regte pad! Ek stem nie saam met hoe hulle dinge hanteer nie.

Dis dieselfde met PETA. Daai mense moet 100% seker wees hulle gebruik nie diereprodukte nie. Ek is teen dieremishandeling, maar ek weet nie hoe daai bees dood gemaak was vir my om steak te eet nie… so mense sal sê eks nie regtig teen dit nie.

Ja sink daai walvis bote maar gaan maak skoon na die tyd en wees die betere een! En doen jou navorsing deeglik! Net soos ons land sy reels moet he oor hoe ‘n dier geslag moet word en seker maak die slagpale hou daarby.

Maar dis seker makliker gese as gedoen.

8 11 2011
JWW

Wel, klink vir my na ‘n klop hippies wat net wil skoor soek, nie juis enige rigting nie, hulle maak maar net lawaai – geen wonder niemand neem hulle ernstig op nie….

8 11 2011
MaanKind

Sterre! Dis soos diereliefhebbers wat aanhou om wrede foto’s te share.

9 11 2011
Psssst??? « OLGA SE OKSELTJIES

[…] het Grieters gal gebraak oor Greenpeace en hulle kaskenades. ’n 5c Wat Selene gelos het, het my herinner […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: