Aasfonds

7 11 2011

Ek lees nou die dag iewers dat baie Suid-Afrikaners se mediese fonds spaarrekeninge dit nie naastenby tot die einde van die jaar maak nie.  Natuurlik is dit nie die mediese fonds se skuld nie, is jy nou absurb?  Dit is die onnosele Suid-Afrikaners wat nie die regte fonds kies nie.  En wie kan hulle blameer?  Die vlagskip van produkte draai by meer as R4000 ‘n maand.  As jy ‘n glorified hospitaalplan vat (met die sogenaamde spaarplan), kom jy met ‘n aansienlik meer bekostigbare R1500 weg.  En dit is nie eers dat die vlagskip geen bybetalings het nie.

Ek moet erken dat ek een van die dom mense is wie se spaarrekening nie tot die einde van die jaar gehou het nie.  Om meer korrek te wees, die fondse van 2 jaar se spaarrekening het nie eers Maart gesien nie.  Dit lyk verskriklik op skrif, maar dit is nie eers dat ek wild te kere gegaan het of vir elke haar wat skeefstaan dokter toe gehardloop het nie.

Ek moet volgens herriereëls ten minste een van ‘n moontlike 3 kriteria bereik, voordat ek my sal verwerdig om dokter toe te gaan.  Ek moet voel asof ek enige oomblik dood kan neerslaan, dit moet iets wees wat ek nie self kan behandel nie (basies net omdat ek nie antibiotika self kan voorskryf nie) of my toestand kan nie deur Google beskryf word nie.  In die 2011 geval het ek nie te lekker met Google se diagnose saamgestem nie en ek het nie geweet hoe om myself te behandel nie.

Ook geen wonder nie, die dokter (‘n locum wat vir my gewone dokter ingestaan het) het dit ook net een kyk gegee en my na ‘n spesialis verwys. Sy het ‘n buisie bloed getrek en twee moontlike diagnoses gemaak.  Die eerste een was totaal en al van die pad af (volgens Google en die spesialis) en die ander is gelukkig nie bevestig met my bloed nie (neem ek aan, nooit weer iets gehoor nie).

Die spesialis moes ek boonop kontant betaal (met die idee dat ek dit self van die medies kan terugeis – waarby ek terloops nooit uitgekom het nie).  Nadat hy hier gedruk het en daar ge-ahh het, het ek weer ‘n verwysing na ‘n spesialis in ‘n ander dissipline gekry.  Daar was ‘n paar toetse gedoen en ‘n diagnose gemaak.  Blykbaar dek my mediese fonds operasies, maar al wat ek nodig gehad het, was ‘n paar terapie sessies.

Daar is dit – 2 jaar se spaarvoordele uitgeput met 1 toestand.  Dit was een besoek aan ‘n gewone dokter, een besoek aan ‘n spesialis (onthou ek het die ander een self betaal), een stel toetse gedoen deur die spesialis en 3 terapiesessies.  Nou blykbaar sou die spesialiste en terapie ten volle gedek gewees het as ek in die hospitaal was.  Wat die fonds aansienlik meer sou kos as die buitepasient tariewe.  Wat nie heeltemal sin maak nie, maar dit is ‘n geldige ekskusie om hulle hande in onskuld te was.

Ek het seker nie rede om te kla nie.  Ek het nie weer my fonds nodig gehad vir die res van die jaar nie.  Behalwe nou die spesialis wat ek self moes betaal het, het ek geen ander bybetalings gehad nie.  My plan was dan seker reg vir my behoeftes.  Niemand kan sê dat ek die fonds misbruik het nie, maar ek voel nogtans dat die fonds my misbruik het.

Hoe voel julle oor mediese fondse?  Wie lag laaste in jou verhouding met die mediese fonds?

Breinvasbrand:  Wie is die groep hoof uitvoerende beampte van die Discovery Groep?

Breinlosbrand:  Selene was reg met Tobias en Adelheid.

Advertisements

Aksies

Information

13 responses

7 11 2011
Selene Phoenix

Adrian Gore

Ons spaargeldtjies het die jaar ook nie gehou nie! Ek het dit al semi in April uitgewis, en toe het ons darem nog bietjie oor van laas jaar… en nou betaal ons elke vier weke R1 000.00 en dis nie al die pille nie – dit kos +- R400 per maand. Hulle het ook genoeg bloed getrek om ‘n nuwe mens te bou, en dit was ‘n paar duisend rand.

Dis belaglik wat as mens nou regtig ernstig siek word? Want jammer maar al daai ander goed is ook nooit 100% gedek nie!

7 11 2011
MaanKind

Ek is uiters dankbaar, ons het ‘n wonderlike fonds wat alles dek, ek gaan na ons GP en sy stuur die rekening na ons fonds, wat dit en goed soos bloedtoetse, sonars, moesies brand ens wat sy in die spreekkamer doen, ten volle betaal.
Vir groter goed, gaan ons 2 Mil toe, waar ons absolute hoogstaande behandeling kry. Gratis. Van spesialiste.
Sien my pos oor ‘n onlangse ervaring. Sou jy dieselfde behandeling kry privaat? Ek twyfel.
http://maankind.wordpress.com/2011/10/20/woensdag-tot-woensdag/

8 11 2011
Xena Phoenix

Ek neem aan dat julle baie dankbaar is dat hulle nie van 1 Mil afhanklik is nie. Ek verstaan dit is deesdae maar beroerd daar. Hulle kan byvoorbeeld nie eers x-strale neem nie.

7 11 2011
Olga

ek kan nie dink hoekom die mediesefondse so skelm is nie. Ek het vroeer vanjaar met my honde gaan stap, gegly en agteroor geval. Ek het my skouer gebreek. Toe die dr amper 6 ure later beskikbaar was, wou hy my natuurlik dadelik hosp toe stuur. Ek het gevoel aangesien ek nog self kon stap en tot olga denke in staat was, het ek nie hosp nodig gehad nie en hom dit vertel. Wat ook n goeie ding was. Voordat jy opgeneem word, moet jy r2000 bybetaling doen. Kan jul dink wat ek hul sou aandoen? Want die medisefondse se net eenvoudig dat STAATSWETGEWING dit van hul vereis. BULLSHIT se ek.

7 11 2011
Olga

daar noem maankind dit nou. Ons word uitgebyt sodat staatsdiens alles, gratig en mahala kan kry? Het die mediese fondse opgestaan en die beste vir hulle BETALENDE kliente geeis? O, 4k, nee! Die bastards het omgerol en dood gespeel. Ngv, hier kom ek.

7 11 2011
MaanKind

Olga, ons het darem vir ‘n paar dekades bygedra tot die fonds. Tot en met ouderdom 60. En vir baie jare betaal wat ons gesond was.

7 11 2011
Olga

julle is inderdaaa gelukkig, mk. (dink jy die nuwe generasie staatsamptenare dra by tot hul medies) ek weet ou sar + h pensioenarisse betaal steeds ma se premies en geniet bitter min dekking. Dis regtig so pateties hoe die oues bevark word.

7 11 2011
Olga

uitgebuit.

7 11 2011
Sonlig

Ons probeer maar versigtig wees, maar glo my: as een van jou huislede met ortodonsie besig is, kan jy maar probeer soos jy wil. Ons spaarrekening was teen einde September uitgeput en teen middel Oktober was ons met ‘n enkele besoek deur die selfbetalingsgaping toe iemand ‘n bril moes kry. Nou, met die uitsluitsel van skedule 1 en 2 medisyne, is ons onbeperk totdat die spesifieke limiete bereik is. So…nou gaan ons vir goud: Gine; tandarts…die WERKE!

By watter fondse is julle dat julle spaarrekeninge akkumuleer? By ons fonds verloor jy dít wat jy nie jaarliks gebruik nie…..so dis dié dat ons die hoener so bietjie ruk as ons wel die selfbetalingsgaping moet vul. Ons maak maar net op vir dit wat ons ander jare verloor het!

7 11 2011
Selene Phoenix

Sonlig
Ons is by Liberty Medies op die platinum saver (Platinum my @ss! Maar nou ja) Ek het ook nie geweet die geld word oorgedra nie, uitgevind toe ons uit geld is! LOL

7 11 2011
Klip

A man boarded an aircraft in New York and took his seat. As he settled in, he noticed a very beautiful woman boarding the plane. He realized she was heading straight towards his seat and, Bingo! She took the seat right beside him.

Eager to strike up a conversation, he blurted out, “Business trip or vacation?”

She turned, smiled enchantingly and said, “Business. I’m going to the Annual Nymphomaniac Convention in France .”

He swallowed hard. Struggling to maintain his composure, he calmly asked, what’s your business role at this convention?

“Lecturer,” she responded. “I use my experience to debunk some of the popular myths about sexuality.”

“Really,” he smiled, “What myths are those?”

“Well,” she explained, “one popular myth is that black men are the most well endowed when, in fact, it’s the Red Indian who is most likely to possess that trait. Another popular myth is that French men are the best lovers, when actually it is the men of Indian descent. We have found that the best potential lovers in all categories are the Afrikaners.”

Suddenly the woman became uncomfortable and blushed. “I’m sorry,” she said, I really shouldn’t be discussing this with you; I don’t even know your name

“Running Bear,” the man said….”Running Bear Naidoo, but my friends call me Frikkie.”

7 11 2011
JWW

Mediese fondse – moes eerder komonssteelaljougeldengeejounokkolinruildaarvoor skelms !!! Maar, maar, doktors en prosedures en medisyne is rerig ook krimineel met hulle tarriewe…. soms wonder ek, hoe de mur het die mensdon 7 biljoen bereik….

8 11 2011
Xena Phoenix

Hi Julle

‘n Spaarplan is ‘n bietjie anders as ‘n limiet op sekere dinge. Die Spaarplan is omtrent 20 % van jou premie wat vir alles wat nie in ‘n hospitaal gebeur nie, gebruik word. Jy het dus eintlik net ‘n glorified hospitaal plan. As jy jou pie vat en waai, kan jy jou spaarfonds saamvat – wat jy nog nie gebruik het nie. Dit is amper soos geld wat jy bêre wat net vir mediese uitgawes gebruik mag word.

Limiete is spesifiek vir iets (jy kan dit nie oordra soos dit jou pas nie – helaas) en dit word nie van jaar tot jaar oorgedra nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: