‘n Mens in elke boek

2 11 2011

Daar is ‘n gesegde dat ander se boeke duister is, maar ek is orals bekend vir my nuuskierigheid.  Ek het juis gewonder wie se duistere boeke ek graag sal wil lees, toe dit my tussen die oë tref dat mense maar soos boeke is.

Daar is die die ligte romantiese fiksie mense.  Jy verwag nie veel nie en word dus nie teleurgestel nie.  Effens lig in die broek, oppervlakkig en voorspelbaar.  Tog goed genoeg om ‘n paar aangename ure te verwyl, maar jy verwag nou nie vuurwerke nie.

Daar is die strokiesprente mense.  Van die oog af pret en vol grappe, maar dit verskuil dalk net een of ander strewe op protes.  Jy dink dalk jy lag saam met hulle, maar dan is jy dalk die grap.

Die romans mense is nie so maklik om ‘n etiket aan te sit nie.  Dit lyk dalk aanvanklik belowend, maar teen die einde kom jy agter dat dit maar net ‘n leë dop was.  Ure aan ‘n storie spandeer, net om te besef dat dit maar net ‘n gespeel met woorde was sonder enige sin of doel.  Daar is mense wat hoogaangeskryf word, maar wat jy nie kan sien hoekom nie.  Jy kry dus nie wat jy verwag nie.

Al ooit met ‘n boek begin wroeg, deur die donkerste storms gegaan en die die vreeslikste trauma.  Dan kom die ontknoping en jy sit die boek neer met ‘n gevoel van dit absoluut briljant is.  Daar is sulke mense ook, dit sukkel dalk aan die begin, maar as jy die tot die einde vasbyt, sit jy met iemand wonderlik.  Die ongeluk is dat jy dalk aan die einde niks gevorder het nie en nog steeds wroeg.  Jy sal dit eers aan die einde van die pad besef.  Daar is natuurlik ook die boeke wat in die begin so ingewikkel en onverstaanbaar is, dat daar nooit verder as die eerste paar bladsye gevorder word nie.  Party mense se issues is net te veel.

Daar is die vakliteratuur mense.  Vol kennis en inligting, maar met weinig anders.  Neem die feite weg, dan is daar niks.  Dan is daar die instruksie mense, wat jou altyd kan vertel wat jy moet doen, maar nie weet wat om ‘n onverwagte probleem se gat te skop nie.  Foto boeke, mense wat mooi is om na te kyk en dalk inspirend, maar niks anders nie.

Daar is ook daardie boeke waar die leser basies besluit wat volgende gebeur.  Jy kom by ‘n waterskeid oomblik, besluit wat moet gebeur en volg daar die draad.  Jy kry dalk die storie wat jy wil hê, maar kom nooit agter wat die regte storie is nie.  Helaas is daar sulke mense ook.

Net ‘n paar voorbeelde, dalk kan julle aan nog ‘n paar dink?  Ken julle mense soos die wat ek aan sekere tipe boeke gekoppel het?  As watter boek sien jy jouself?

Breinvasbrand:  Wie se kneg was Friday?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Cloud Dancing.


Aksies

Information

14 responses

2 11 2011
Gerda. J

robinson crusoe.

2 11 2011
Gerda. J

jy kry ook die blokraaisel mense. die ‘leidrade’ verander heeltyd.

2 11 2011
MaanKind

Lekker pos die. Ek is die vrou in Agaat.

2 11 2011
Xena Phoenix

Ek het nog nooit Agaat gelees nie, maar al dikwels die boek opgemerk. Hoekom reken jy dat jy die vrou daarin is?

2 11 2011
Olga

dan kry jy seker maar die naslaanboek mense. Julle weet, die soort waarheen mense altyd terug gaan.
Ek hoop maar ek kan n gedigteboekmens word.

2 11 2011
Xena Phoenix

Hoe is ‘n gedigteboek mens?

3 11 2011
staaltjies

Valiant Swart se boek het ek gekoop die Saterdag wat verby is , dit is awesome boek , ek is nie dag spyt nie !boek se naam is toor woorde roep my ! julle sal van dit hou xxx

2 11 2011
Olga

jy ontdek altyd nog n juweeltjie tussen die twak in n digbundel.

2 11 2011
Olga

die site is nou regtig kak op n foon. Ek weet nie hoekom interblixem wp heeltyd met alles nie.

2 11 2011
Sonlig

Ek dink ek is Dan Brown se Da Vinci Code: Genuine feite, gemix met ‘n interessante verbeelding, bietjie hogwash, bietjie drama en ‘n tikkie romanties. Hopenlik iets waaroor mense darem so ‘n klein bietjie wonder en moontlik weer sal wil besoek.

2 11 2011
J W W

Ek is soos die advertensie blaaie van Liquor City in die koerante…. 😆

2 11 2011
Son

Ek dink ek wil Eat Pray Love wees 😉

2 11 2011
Sonlig

Son, ek laaik jou al klaar!

3 11 2011
staaltjies

ek stem saam met jou 🙂 dit was awesome boek en fliek , sjoe ek kon die fliek sommer drie keer agtermekaar kyk , ja nee kyk en dit is op ware verhaal gebaseer 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: