Medisyne oor die verloop van tyd

1 11 2011

Ek het deesdae Dr Quinn op DVD raakgeloop en vir ‘n verandering kan dit my nie skeel dat daar niks op TV is nie.  Ek is te besig om met Dr Mike en al haar gespuis op te vang.  Ek moet egter erken, al geniet ek die storie en karakters, sidder ek oor haar mediese kennis en tegnieke.  Ek vir een is baie dankbaar ek lewe in die tyd wat ek lewe.

Ek dink deel van my skeptisme is die verstandhouding dat die mediese wetenskap so oud soos die berge is.  Wel, die wetenskap is dalk so oud, dit is dus nie ‘n goeie beskrywing nie.  Eerder ‘n verwagting dat die bietjie mediese kennis wat elkeen van ons vandag het, almal nog altyd gehad het.  In die geval van Dr Quinn, begin die storie in 1867 – 144 jaar gelede dus.  Net genoeg tyd om ‘n mens te laat besef hoe vinnig die mediese wetenskappe ontwikkel het.

Soos ek verstaan is Dr Mike ‘n goeie dokter.  Mag wees, ek weet darem regtig nie of ek myself aan haar genade sal oorlaat nie.  Nie dat ek al ooit van vertroue oorgeloop het waar ‘n dokter betrokke is nie.

Dr Mike weet byvoorbeeld dat sekere siektes aansteeklik is, maar sy weet nie hoekom nie.  Sy weet niks van kieme af nie.  Haar instrumente word wel skoon gemaak en “gesteriliseer” – maar dit gaan meer daaroor dat dit skoon moet wees.  Die steriliseer amuseer my geweldig.  Dit word gewas en baie noukeurig afgedroog en weggepak, maar ek twyfel sterk dat dit steriel is.  Dit was natuurlik voor die dae van stoom sterilisering.

Dr Mike vertel die een vrou om warm water oor ‘n paar spykers te gooi en dit dan te drink as ‘n ysteraanvulling.  Ek sal nou nie weet of dit werk nie, maar dit is ‘n vreemde gedagte.  Ek het regtig net gesidder oor haar idee van ‘n bloedoortapping.  Haar enigste kriteria vir ‘n geskikte skenker is dat hulle van dieselfde geslag moet wees.  Ek reken dat dit meer geluk as wysheid was dat dit wel gewerk het.

Die higiëne by die meeste kitskosplekke vandag is beter as die by haar operasies.  Mense word sommer van die straat afgepluk om te assisteer.  Hulle was wel hande, maar hulle klere is die wat hulle op straat aangehad het.  Handskoene en hoofbedekkings is nog in die toekoms op die punt.  Dr Mike sal byvoorbeeld ‘n inwendige ondersoek op ‘n vrou doen, met haar kom gesels en dan verder gaan krap.  Interessant genoeg het Joseph Lister se werk oor steriliteit eers van 1883 – 1897 plaasgevind.

Sy moet beslis geseënd wees dat haar kliniek nie vol pasiente is nie of dat almal aan bloedvergiftiging dood is nie.  Nie juis dat dit my verbaas nie.

Sien, as iemand in pyn en lyding is, help sy dadelik.  Sy gaan waar sy ookal nodig is en doen wat gedoen moet word.  Sou die pasient haar ‘n ietsie vir haar moeite wil gee, is dit goed.  Ietsie – sy aanvaar alles van eiers tot lap vir haar dienste.  Anders as vandag se dokters wat eers betaal wil word en dan kyk.  Geen wonder hulle kan nie op geluk staatmaak nie.

Ons sit dus vandag met dokters wat beter weet, maar minder omgee.  Wie is nou regtig te bejammer?

Breinvasbrand:  Wie was die Medicine Man onder die Indiane in Dr Quinn?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Atlantiese Oseaan.

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

1 11 2011
Olga

cloud dancing? Laaste maar eerste. Whoop! Whoop!

1 11 2011
JWW

Ja nee kyk, die mediese wetenskap het darm vooruitgang gesien wat ongelooflike is. Net jammer daar is nog so baie dinge om te probeer ‘n k uur te vand, soos kanker, hartkwale, die lys is lank.

1 11 2011
Olga

Kanker en hartkwale is nie die enigste nie. Daar is steeds nie ‘n kuur vir die verkoue nie. Net simptomatiese verligting.

1 11 2011
Olga

Tog was die “Dr Quin” reeks een wat my Vrydaeaande voor die tv gehou het.

2 11 2011
J W W

Verkoue is nie dodelik nie, die ligaam kan hom self gesond maak van verkoue en selfs griep.

2 11 2011
Xena Phoenix

Die medisyne vir verkoue mag dalk erger as die siekte wees.

Ek moet sê, ek geniet Dr Quinn ook baie.

2 11 2011
Gerda. J

tog bly verkoue n griep n siekte wat jou baie siek laat voel. ek het ook dr quin gelove. die mense was in n ander dimensie. maar die storielyn was puik. :-B ondanks die skoon, ongesteriliseerde instrumente.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: