Voorspellings

28 10 2011

Ek het toevallig die dag by ‘n vriendin koffie gedrink.  Daar hak haar man af en kondig aan dat haar span (Transvaal of dan die Goue Leeus) die jaar die Curriebeker gaan wen.  Dit was in Junie en ek was regtig so effens uit die veld geslaan dat die groot Ossies man, so vroeg al boedel oor gee.  Toe word ek van die voorspelling vertel.

Iemand – vermoedelik Leon Schuster – het besluit dat die Lions eers weer die Currie Beker sal wen wanneer daar in Namibië sneeu.  Nie ‘n groot waarskynlikheid nie.  Hy het egter nie met aardverwarming (die IRONIE!!!) tred gehou nie.  Junie 2011 . . .

En wragtig – op 29 Oktober kan die Lions hom sy woorde laat sluk.  Ek dink dit sal ‘n klassieke voorbeeld wees van Famous Last words.

Dus, aangesien dit my tweeling se span van keuse is, wens ek hulle sterkte toe.  Sal hulle wen, sal dit die eerste keer in 63 jaar wees wat hulle dit op hulle tuisveld regkry.

Hulle moet dit geniet, want volgende jaar gaan daar Weer Probeer word om die koppie te kry waar dit hoort – Nuweland.

Advertisements

Aksies

Information

3 responses

28 10 2011
MaanKind

ALmal het mos gestry oor hierdie foto, was dit toe nou waar, of nie?

28 10 2011
Xena Phoenix

O heng.

Tannie Maan, ek hoop regtig nie jy bederf ‘n goeie storie met feite nie. Daardie nommers lyk nou vir my verdag.

28 10 2011
Olga

dit het vanjaar in gobabis gesneeu. Ek het n foto vanuit nam geepos.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: