Uithou Pryse

28 10 2011

My heel laaste dag in Gr 1 het ek meer as net ‘n rapport gekry om huis toe te vat.  Ek was die trotse eienaar van ‘n harde papier vir 100 % skoolbesoek vir die afgelope jaar.  Dit was my eerste sertifikaat wat ek op skool gekry het.  Daardie tyd het ‘n mens in st5 ‘n sertifikaat van die Departament van onderwys gekry om te wys dat jy 7 jaar lank die banke blink gesit het.  Teen die tyd was ek nie meer beindruk met sertifikate nie, maar die een het my aandag gekry.  Dit was selfs nog dunner as ‘n gewone stukkie papier.  Ek meen, na 12 jaar kon ek seker ‘n behoorlike stuk karton gekry het.  Daar het die sertifikate vir skool besoek opgedroog, behalwe vir ‘n vermelding in Gr 12.  Die keer het ‘n wel ‘n stukkie karton gekry:  ‘n A6 grote.  Die trofee wat daarmee saamgaan was beduidend groter.

Daar was altyd gespot oor ‘n goue horlosie wat na 20 jaar getroue diens uitgedeel is.  Soos ek verstaan is dit deesdae ‘n ongewone prestasie.  Mense se asse begin na ‘n paar jaar jeuk en maatskappye word gewissel soos onderklere.  Waar dit in die verlede ‘n klad op jou naam kon wees, is dit deesdae ‘n aanvaarde gebeurtenis.  Dit sê blykbaar ook iets van jou ervaring.  Baie maatskappye beloon ook deesdae werkers wat nooit gerieflike maagwerk gekry het die afgelope jaar nie.

Bekhou en uithou in die huwelik is deesdae nie meer algemeen te vinde nie.  Ek het gister so ‘n bietjie rondgekrap vir die tradisionele geskenke vir mense wat die groot mylpale behaal het.  As jy ‘n 100 jaar lank met ‘n man uitgehou het, is dit basies sy plig om jou ‘n 10 karaat diamant te gee.  Die vangplek is natuurlik dat jy en hy nog moet lewe.

Ek neem aan dat ‘n oom wat ‘n 100 jaar getroud is, seker ten minste 116 jaar oud is.  Behalwe natuurlik as hy as ‘n kleuter getrou het, die ou mense het mos maar  vreemde goed toegelaat.  Nie dat dit saak maak nie, maar na ‘n goeie 40 jaar op pensioen sal sy bankbalans nie sommer sulke geskenke kan verduur nie.  Ek het al gesien wat kos diamante van minder as ‘n karaat en ek dink nie eers my 12 jarige fietspomp sal die prys van ‘n 10 karaat diamant kan weerstaan nie.  Dalk deel die voorste juweliers die knewels sommer verniet uit.  Dit is nie elke dag dat iemand hulle 100ste herdenking vier nie.

Daar is tog ander unieke situasies wat ook ‘n prys verdien.  Dink aan iemand wat 50 jaar langs onaangename bure bly sonder om ‘n moord te begaan.  Iemand wat jare lank met die internet sukkel en nie met ‘n masjien geweer lostrek nie (prys moet verkieslik internet wees wat nie sukkel nie).  Dalk die persoon wat jare lank Zuma se PR doen.

Watter uithoupryse reken julle is daar ‘n mark voor?

Breinvasbrand:  Wie is huidiglik die persoon wat die langste in ons parlement diens gedoen het?

Breinlosbrand:  Olga was reg met die Isley Brothers


Aksies

Information

6 responses

28 10 2011
Olga

eerste!

28 10 2011
Olga

ek wens eintlik daar was n straf vir die -ste- mens. Dan sal jy sien hoe mense oor *blindheid
*doofheid
*toe neus
*(hou vas) 5 jr lange inkompleet gesigsverlamming waar die lip soos n laerskool koshuiskind sn dikgesuig word en die oog wat tydens die verlamming gehang het, optrek.
Toebek olga, toebek.

28 10 2011
demoerin

10 karaat zirkonia, of stuk glas, sal seker ook doen…die auntie sal nie meer so lekker kan sien nie 😆
Almal wat net SABC het verdien ook ‘n prys.

28 10 2011
Xena Phoenix

Die kanse is goed dat hy nie sy 101ste herdenking gaan sien nie.

28 10 2011
Selene Phoenix

Al die Leeus ondersteuners wat nooit van span verander het nie behoort toekennings te kry na al die jare! Daar spring nou baie uit omdat ons in die finaal gaan speel… waar was julle al die jare?? Help nie jy bere nou daai blou trui nie! Grrr

Enige iemand wat Telkom se hulp lyn bel behoort ‘n prys te kry… en ek sal eerste in daai lyn wees vir my toekenning!

My sus het ook ‘n sertifikaat gekry vir 100% skoolbesoek… en as ek nou daaraan dink… WHY?? Ha ha ha!! Ek het lekker saam my ouma soms weggegaan en sommer ‘n paar dae by die skool gesteel! 😆

28 10 2011
JWW

Om heeldag saam die funsas te werk, en nog nie iemand dood ge blik sim het nie – waars my prys?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: