27 10 2011

Daar is mense wat beslisde winter mense is en dan is daar natuurlik diegene wat net lewe vir somer.  Ek is seker tussen in, ek kla as dit winter is en ek kerm as dit somer is.  Seker maar soos die meeste mense, maar ek sal dit erken.

Die afgelope paar dae kon ek aardverwarming voel.  Ek is die grootste deel van die hittegolf gespaar danksy ‘n kantoor met lugverkoeling.  Soms moet ‘n mens egter die veilige, koel hawe verlaat en dit is dan wanneer jy met ‘n hitte kombers toegevou was.  Ene wat jy boonop nie kan afsmyt as dit ongemaklik raak nie.  Die ergste van alles is dat ‘n mens nie eers na ‘n donderstorm kon uitsien om dit te verlig nie.  Selfs skemer bring nie enige verligting nie.

Die humiditeit het my laat wonder of ek nie maar die hitte kan opkap en bêre nie.  Dit sal dalk ‘n bietjie werk neem, maar dit sal dan beslis aangenamer wees.  Wanneer die winter kom, kan ek die hitte weer uitpak en aanwend soos benodig.  Daar is beslis oorvloed, dus kan ek dit dalk in die winter verkoop ook.  Omgewingsvriendelik verwarming.  Ek sal ryk genoeg raak om nooit weer aan die weer uitgelewer te wees nie.

Dit is helaas net wensdenkery.  Dit blyk of dit ‘n uitmergelende somer gaan wees en ons moet maar die beste van die saak maak.  Ongelukkig kan ‘n mens nie onder ‘n sproeier sit en lees nie, maar jy kan dalk ‘n plan maak om ‘n fliek so te kan kyk.  Of sommer net sit en droom.

Vandag wil ek weet hoe jy die beste van somer maak?  Wat doen jy vir verligting van die hitte en hoe buit jy somer uit?

Ek was seker maar ‘n krokodil in my vorige lewe.  Ek wil net in die koelte sit en my mond laat oophang.  Niks anders nie.

Wel, dalk eet en drink.  Somertyd is die tyd van waatlemoene, mango’s en ander sappige vrugte.  Ideaal om jou van binne te verkwik.  Somer is ook ideaal vir sushi en koue vleise.  Gemmerbier en koeksisters!  Alles goed waarvoor jy nie eers jou kolletjie onder ‘n boom met verlaat nie.

Breinvasbrand:  Wie het ‘n treffer gehad met The Heat is On in 1975?

Breinlosbrand:  Selene was reg met Impulse.


Aksies

Information

6 responses

27 10 2011
Olga

donna summer.
Ai, as ek die kwaaiste deel van winter en somer kon hiberneer, sou ek.
Nou spandeer ek somer voor die stoof, sodat my gesinslede koekies kan he.

27 10 2011
Olga

o, ja, EERSTE.

27 10 2011
Olga

ag, ekskuus, the isley brothers. Net ek sal the heat is on lees en she works hard for the money hoor en ure later di konneksie maak.

27 10 2011
Son

Ek is mal oor somer – hoe warmer, hoe beter. Maar dan wil ek ‘n swembad by my huis hê 😉

27 10 2011
J W W

Ek is nie mal oor winter nie, die wereld is so vaal, maar somer is ook erg as dit so kwaai warm word en reen is skaars….. Entlik is herfs die lekerste tyd vir my…. 😛

27 10 2011
Gerda. J

lekker lang hanesterte langs die swembad kan werk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: