Ledigheid

26 10 2011

Ek verneem dat aanstoot nog steeds die warmste mode bykomstigheid is.  Dalk is aanstoot net die nuwe swart.  Dit lyk soms vir my asof daar ‘n kompetisie is om te kyk wie kan die meeste aanstoot neem.  Velkleur, taal, geloof – enige iets solank daaroor ‘n bohaai opgeskop word.

Deesdae kom ek maar selde by die TV uit.  Daar is bittermin wat ek wil kyk en dit wat ek wil kyk, het ek al gekyk.  Daar is natuurlik die uitsondering van ‘n skerp advertensie hier en daar.  Jy weet sommer jy moet dit geniet terwyl dit hou.  Dit sal wel op iemand se tone trap en van die lug gehaal word.  Ek grinnik juis nou die dag by myself oor die nuwe Nissan Tough advertensie.  Heeltemal geskooi op mans natuurlik en ek het juis gewonder hoe lank gaan dit wees voor een of ander poppie kla dat dit haar uitsluit.  Wag netnou gee ek iemand idees.  (Hoe kan ek aanstoot neem met die ENB radio advertensies, irriteer die wit waks uit my uit.)

Belaglik soos dit is, word ek nog steeds soms vir ‘n 6 geslaan.  Soos met die nuwe Axe advertensie wat nie meer vertoon kan word nie.  ‘n Vaal mannetjie spuit ‘n halwe blikkie op homself uit en dan val daar vroue uit die hemel uit om hom te besnuif.  Hulle kleredrag het my aanvanklik laat dink dat dit Diana (godin van jag) en gespuis is, maar dit blyk toe dat selfs engele vir die nuwe Axe val.

Nou het daar een suurknol gaan kla daaroor en hy het wragtig sy sin gekry.  Volgens die ASA direktoraat:  “Die probleem is nie as sulks dat engele in die advertensie gebruik is nie, maar eerder dat die engele hul hemelse status opgee vir sterflike drange. Dit is iets wat Christene aanstoot kan gee op dieselfde wyse waarop dit die klaer aanstoot gegee het.”

Ironies genoeg sal dit nie die eerste keer wees dat hemelwesens op mense verlief raak nie.  In Genesis 6 – net voor die sondevloed – word daar juis vertel van engele wat op die mense se dogters verlief geraak het en die hemel verlaat het om by hulle te wees.

Ek wonder nogal of ASA regoptree om gehoor te gee aan een mens se klagte.  Erger nog, om die een persoon se klagte verteenwoordigend te maak vir ‘n hele groep.  Ek meen, as die groep regtig aanstoot geneem het, het die klagtes soos die Amazone rivier ingestroom.

ASA gee aan individue onregverdige mag en onthou dat mag ‘n baie gevaarlike dwelm is.  Ek het ‘n vermoede dat dit ‘n handvol mense is wat kla oor die advertensies wat die lug haal.  Hulle sit seker heeldag voor die televisie, reg om hulle misnoë te lig oor enige iets wat nie aan hulle standaarde voldoen nie.  Al moet hulle natuurlik hulle standaarde aanpas om dit te doen.  Onttrekte advertensies is seker die vere in hulle hoed.

Doen mense dit uit eensaamheid of ledigheid?  Ek dink in elk geval as hulle werk vir hulle hande het, kan hulle ander dalk ‘n plek in die son gun wat hulle waarskynlik minder eensaam sal maak.

Hoe voel julle?  Het die AXE advertensie julle aanstoot gegee?  Watter advertensie haal julle nerwe af of watter advertensie geniet julle?  Hoeveel klagtes moet ASA ontvang om ‘n aanvaarbare minimum te wees?

Breinvasbrand:  Watter vroueproduk het die AXE reeks in 1983 geinspireer?

Breinlosbrand:  Sonlig was reg met 1 Desember.

Advertisements

Aksies

Information

12 responses

26 10 2011
demoerin

Daar is baie stok-innie-hol mense wat niks ander met hul tyd doen as iets soek om oor te kla nie. Ek kyk nie baie advertensies nie, maar ja, daar is sommige wat my laat glimlag, soos daai vrou wat skielik tough word omdat sy haar man se bakkie ry…dis skreeusnaaks EN slim. En dan daai een van, is dit CTFM, se visvang academy? LOL

26 10 2011
Olga

eerste.

26 10 2011
Olga

nie eerste nie.

26 10 2011
Olga

ek is nie op dieselfde page as julle nie. Ek ken gn van die advertensies nie. Plaas van kla mense oor die regte goed. Soos die hemelhoe skoolfonds. Die skokkende prys van brood en melk. Ai, laat ek daarmee volstaan. Anders hou ek heeldag aan.

26 10 2011
Xena Phoenix

GRRRRR

Ek skeur sommer my blog op!!!! Iewers het iemand besluit om die helfte van my skrywe weg te gooi.

26 10 2011
demoerin

Ek het gewonder oor die oop gat…toe tog ek dalk is vandag se kopkrap vragie ‘n geheim 😆

26 10 2011
Xena Phoenix

Eerder soos ‘n raaisel . . . Julle kans om speurders te speel. 😉 Maak my die wetter in as my harde werk net so verdwyn. Darem nou weer daar.

26 10 2011
Selene Phoenix

Impulse?

Mense wil net kla! Ek het nie aanstoot geneem oor die advertensie nie, ek het wel gedink van die girls kon mooier gewees het 😉

Ek love daai Toyota advertensie met die vrou wat tough word as sy in haar man se bakkie klim – en die hond in die einde “Ma se honne” 😆

Nando’s was ook altyd goed!

FNB maak my al mal met hulle ads – genoeg is genoeg!!

Ek weet nie of julle kan onthou nie, maar ‘n ruk terug was daar ‘n Std Bank advertensie met ou mensies wat dans op club musiek wat ‘n jong DJ speel – iemand het gekla en die advertensie moes ook gaan.

26 10 2011
Olga

bodymist?

26 10 2011
pienkpantoffels

Ek haat Santam se advertensie met daai lelike haakneusmannetjie en die nuutste hippo. Die vrou wat so tough word is excellent en natuurlik is ek mal oor Toyota se advertensies met die pragtige hond.
Die Hyundai (spelling) Accent advertensie krap my ook, die boodskap dat die ou die werk gekry het oor sy kar … sprekend van ons land waar mense werk kry oor allerhande ander redes behalwe meriete.
Ek love die Lux advertensie met die vrou met die pienk rok, ek dink dit is goed gedoen.
Ooooo en die KKNK (ek dink) waar ‘Art comes together’ waar daai ballerina so draai en die geel poeier so onder haar rompie uitval. Ek dink dis beautiful!
Die tjoklit Axe advertensie het my meer geirriteer as die godinne een.
Ek is mal oor ‘n goeie advertensie 🙂

26 10 2011
Sonlig

Ek hou van die monnike wat so jive en rap nadat hulle die helium gas ingeasem het en die seeperdjie wat verby die twee clams swem.

Die advertensies waar kinders vreeslik volwasse act irriteer my so bietjie – soos die Checkers advertensies. Ek het ook kinders en hulle eet beslis nie 120 soorte kaas en Karoo lam nie. Solank dit gesmelt is en daar mince en pasta onder dit is is hulle happy.

Ek laaik ook nie die Toyota hond nie. Die tande-ding is aardig. Daai klomp kaal mense wat so heen en weer wieg is ook eeeuuuuwww man!!!!

26 10 2011
J W W

Ek verander gewoonlik die kanaal sodra advertensies opkom – irriteer die pis uit my uit…. !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: