Ordentlikheid vs Vrees

25 10 2011

Ek lees gister van ‘n bediende wat ‘n laboratorium hof toe sleep omdat hulle haar MIV status aan haar werkgewer bekend gemaak het.  Die werkgewer het agter gekom iets is nie pluis nie, die laboratorium gebel en die het haar vertel dat die werker positief getoets is vir MIV.  Volgens die berig vertel die werkgewer dat sy dit gedoen het om haar huiswerker by te staan – soos haar huiswerker haar sou bygestaan het as sy siek was.  Volgens die huiswerker het die hel losgebars.  Die werkgewer het glo gedreig om haar af te dank wanneer sy siek word en sal haar byvoorbeeld nie meer vra om tee te maak nie.

Dit is in Suid-Afrika onwettig om iemand af te dank omdat hulle MIV positief is.  ‘n Redelike mens kan die rede daarvoor insien.  Die plus is ‘n groot genoeg kruis om te dra, om dit boonop werkloos te doen vermenigvuldig net die las.  Iemand wat MIV positief is, is nie noodwendig siek nie.  Daar is geen rede hoekom hulle nie so goed soos iemand wat MIV negatief is kan werk nie.  Hulle kan nie iemand aansteek net om vir hulle, saam met hulle of met hulle te werk nie.

Die vlees is gewillig, maar die gees is swak.  Dit is alles goed en wel op skrif.  Dit is selfs nog fine by jou werk in ‘n formele omgewing.  Huishulpe aan die ander kant het toegang tot die mens se intiemste omgewing.  Hulle maak skoon waar jy slaap en bad.  Hulle berei in baie gevalle die kos voor en versorg selfs jong kinders.  Wat nogal geneig is om knieë oop te val en skrape op te doen, wat ek raai die huiswerker sommer sal dokter ook.  Laat die idee jou gemaklik voel?

Tegnies gesproke, as dit van die begin af reggedoen word, behoort daar nie ‘n probleem te wees nie.  Deesdae moet ‘n mens maar eerder handskoene gryp voordat daar na enige iemand se wonde omgesien word.  Ek het al gehoor van huishulpe wat sommer die werkers se kinders borsvoed ook.  Ek het selfs al gehoor dat wel kinders was wat die MI-virus van die huishulp gekry het.

Dit laat ‘n mens twee keer dink of jy dan iemand wat MIV positief is in jou huis wil hê.  Jou eie persoonlike huis, nie ‘n hipotetiese huis nie.  Al is dit nie redelik nie en al is dit nie eers regverdig nie.  As jy dus nie kan wegjaag nie, kan ‘n mens verstaan dat jy dalk nie heeltemal op jou gemak gaan wees nie.

Die geheim lê seker maar daarin om van die begin af die (redelike) reëls neer te lê sodat dit nie saak maak nie.  Daardie reëls kan in die kontrak gestipuleer word en kan afgedwing word.  Dit is net veiliger op die einde van die dag, vir almal betrokke.

Sal jy wil weet of jou bediende MIV positief is?  Sal jy ‘n brug kan bou as sy wel is?  Sal jy iemand kan aanstel wat van die begin af eerlik is oor die status?  Sal jy die regte ding kan doen?

Breinvasbrand:  Wanneer is Wêreld Vigs Dag?

Breinlosbrand:  Housing Opportunity Partnership.

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

25 10 2011
seegogga

Sjoe, maar ‘n moeilike saak.

25 10 2011
demoerin

Ek dink dit sal maklik wees om hier te sê, Ja natuurlik. Sal haar behandel soos vantevore. Maar ek dink dit sal anders wees as jy eers in die midde van so ‘n situasie is.
Soos seegogga sê – moeilike saak.

25 10 2011
Olga

ek is al daardeur. Sy het aanhou se dat sy asma gehad het. Het eendag weer geruk van n hewige hoesbui en op my mat opgegooi. Regtig. Ek het net gestaan en kyk en geweet watse asma dit is. Sy het gesien at ek weet en nooit weer teruggekom nie. Toe kom se haar tannie eendag sy het haar die oggend in die plantasie bus sien klim. Einde van die maand het die tannie haar geld kom haal. Drie maande later was sy dood. Ses maande later het ek steeds gesukkel by dept van arbeid om haar te deregistreer.

25 10 2011
J W W

Nee !

Ek vat GEEN kanse nie. Ek doen maar eeder die huiswerk self……

25 10 2011
Sonlig

1 Desember

Ek sal wil weet. Dan kan mens versigtiger wees en sekere reëls neerlê om jouself te beskerm. Ek dink nie dis onbillik nie. Dis bloot deur opvoeding dat ons met hierdie ding gaan leer saamleef en die verspreiding gaan vertraag.

Ek is ook al daardeur en moes my bediende laat gaan omdat sy regtig te siek was om te werk. Ek het vir haar hulp probeer kry by Helen Joseph, maar haar CD4 telling was op daardie stadium te laag om te kwalifiseer vir ARV.

Sy is huis toe en is deur haar familie versorg totdat sy sterk genoeg was om behandeling te kry. Dit gaan vandag goed met haar. Ek dink die rus en TLC van haar eie mense het waarskynlik haar lewe gered.

Een dag toe ek so met haar Helen Joseph toe ry het ek in Beyers Naudé ‘n groot bord gesien wat sê: “The only cure for AIDS is love”. Dit is so waar.

25 10 2011
Selene Phoenix

Dit is moeilik… maar ek glo nie ek sal haar afdank nie. Ek sien haar vroeg die oggend wanneer sy inkom en dis dit, so dit sal my nie so pla nie. Sy eet en drink ook uit ons koppies en borde uit, sy het nie haar eie nie.

As sy na my kinders moes kyk, sou dit ‘n ander storie wees – want jammer maar sy kan val en seerkry en hulle ook… en dit sal my pla.

Then again, sy kan dalk reeds MIV he ek weet dit net nie!

25 10 2011
Pikkelik

Elke liewe mens verdien ‘n kans in die lewe. So ook my kinders, wat my eerste prioriteit is. Ek kan/sal nie so ‘n kans vat nie. Laat die klippe maar reën…

25 10 2011
Twilight

Ons huiswerker het TB gehad, borde en koppies gedeel en ook na ons kind omgesien. Sy’t ons dadelik vertel toe sy uitvind, is afgeboek vir ‘n paar maande vir die behandeling om te begin werk en het uiteindelik teruggekom. (Ons het haar met ope arms terugverwelkom, want ons is baie lief vir haar en het haar ook veral op daardie stadium biter nodig gehad.)Ons het deur ‘n redelike oerwoud moes worstel om te probeer vasstel of ons kinders nie dalk TB by haar opgetel het nie. Ek weet nie of ek kans sien vir nog so iets nie. Ek sou egter nie sommer iemand summier wou afdank a.g.v. MIV positiewe status nie en sou so billik moontlik probeer wees om aan haar ‘n heenkome te verskaf.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: