Balans

24 10 2011

Die weet het aangebreek waarin die sirkus belowe het om die land lam te lê.  Hulle beplan om by Beyers Naude Square Donderdag bymekaar te kom en dan teen Vrydag in Pretoria uit te kom.  Net betyds.  Boswell Sirkus is juis tans in Hatfield en vertrek Sondag.  Al die narre sal dus kan help om op te pak en hopelik sal ons hulle weer sien wanneer ons ‘n kaartjie koop om die binnekant van ‘n sirkus te sien.

Ek het al van te vore vuur gespoeg oor ‘n bakhand kultuur.  Ek het weer daaroor gedink en reken dat dit dalk ‘n onregverdige beskuldiging is.  Bedelaars weet darem nog van asseblief en dankie.  In die geval het ons met eisers te doen.  Hulle soek en basta.  Daar is geen rede nie, hulle wil net vat sonder om te verdien.

Tog is daar nie ‘n bodemlose put waaruit geëis kan word nie.  Sou die sirkus hulle sin kry en hulle blankes (interessant dat net rykdom in wit hande ‘n steen des aanstoots is) kaal uitgetrek het, gaan armoede nie uitgewis wees nie.  Dit is een ding om te kry en iets heeltemal anders om dit te behou en vermeerder.  Alles kunsies wat aangeleer word terwyl jy bloedsweet om te kry.  As jy nie bloedgesweet het nie, is die kanse nogal goed dat jy nie al die kunsies bemeester het nie.  Wanneer alles verkwis en vermors is, van wie gaan daar dan geëis word?

Ek wonder deesdae regtig of die regering nie te veel gee nie. Neem HOP huise byvoorbeeld.  Ek praat onder korreksie, maar ek dink daar is verskillende vlakke van die huise.  Die standaard huis is gratis, maar as jy iets meer soek, is daar wel ‘n minimale bedrag betaalbaar.  Dit is sommer snert.  Anders as wat die massas glo, kry geen blanke hulle huis verniet nie.  Jy betaal of huur of ‘n huispaaiement.  Ek het al gehoor dat van die HOP begunstiges die huis na ‘n paar maande verkoop teen ‘n belaglike prys (R15 000) en dan van vooraf huil oor ‘n huis.  Natuurlik, dit is nie asof hulle die huis verdien het nie.

Die regering moet dalk nie so vinnig goed aan mense oordra nie.  As hulle ‘n begunstige is, laat hulle vir die guns betaal.  Verhuur die HOP huis, plaas, myn, wat ookal aan die nuwe eienaar tot dit afbetaal is.  Dit is dalk een manier om ‘n bodem in die put te kry.  Selfs toelae behoort nie sonder meer net oorbetaal te word nie.  Laat die ontvanger werk daarvoor verrig – al tel hulle net papiere op.  As daar dalk gewerk word vir iets, sal dankbaarheid gekweek word.

Toegegee, die regering self dink dat hulpbronne onbeperk is.  Daar is/was beplan om R400 miljoen se opknappings werk te doen aan die president en ministers se huise en kantore.  ‘n Onafhanklike kontrakteur het nou die dag op die radio gesê dat dit nie meer as R87 miljoen behoort te kos nie.  Iewers gaan iemand dus R313 miljoen kry vir niks.  Dit is net een voorbeeld.  Hoeveel ander gevalle is dit?  Hoeveel geld word so van die armes gesteel?

Breinvasbrand:  Met HOP huise, waarvoor staan HOP?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 93.


Aksies

Information

7 responses

24 10 2011
Olga

eerste.
Dit meen die 4kers hop van 1 huis na n ander.

24 10 2011
Olga

ek vra steeds, hoeveel witmense in s. A het al gratis hop huise gekry?
Hul wil die land lam le? Ek hoop van ganse harte die sapd. Dis regtig stront. Dis tyd dat die president kyk na die anderkant van die munt ook. WERKGEWERS, WERKERS EN GEBRUIKERS HET DIE REG OP VEILIGHEID EN BESKERMING. Ek hoop hulle gaan dit van die regering kry. Dis tyd om die sirkus te stop. Beggars cant be choosers. Dwing hul om in stand te hou wat hulle verniet kry. Dwing hulle om te betaal vir basiese dienste of hulle sal dit verloor. Die land lam le? Gebruik skokstokke en skokgranate en le die bloedsuiers lam.

24 10 2011
Olga

modderpoel grieters? Dit le my lam! 👿

24 10 2011
Xena Phoenix

Sorry, sal seker nou uitgesorteer wees.

24 10 2011
Olga

Heropbou en Ontwikkelings Program.

24 10 2011
J W W

Presies soos ‘n parasiet werk…. suig die organisme leeg waarop hy sit, dan, as alles op is, spring hy na die volgende “victim” en as daar nie meer ‘n victim is nie, VREK die organisme ook self….. wanneer sal die weste OOIT leer die spul barbare op die kontinent kan net eenvoudig nie beskaafd gemaak word nie…..

24 10 2011
Gerda. J

as die weste so begaan oor hulle is, hoekom neem die weste hulle nie aan en herberg hulle nie? dit sal die weste leer om te interbliksem waar hulle geen reg het nie.

Lewer kommentaar