The best View in the City

23 10 2011

‘n Stad word dikwels sonder om twee keer te dink as lelik beskryf.  Aan die een kant kan mensgemaak nooit dieselfde omvang hê as iets wat God gemaak het nie.  Tog, is die siening dat die stad lelik is ook nie heeltemal waar nie.  Daar is baie mooi goed in die stad ook, mits jy natuurlik jou oë oopmaak en kyk.  Die maklikste is natuurlik om net die regte hoek en hoogte te kry om deur die stad betower te word.

Elke stad het seker hulle plekkies, maar vir die doel van die skrywe gaan ek op Pretoria konsentreer.  My gunsteling 4 met maklike toegang is as volg:

  • Voortrekkermonument – Dit kos wel ‘n bedraggie om die terrein te betree, maar dit is die moeite werd – veral as jy meer as net die uitsig ingedagte het.  Daar is die monument self en natuurlik Fort Schanskop.  Die monument se uitkykpunte kan maklik met ‘n hysbak bereik word.  Daar is selfs kaarte wat jou wys presies waarna jy kyk en jy kan amper reg rondom loop vir ‘n amper 360 ° uitsig.  By Schanskop weer kan jy soos ‘n wafferse verkenner op ‘n uitkykpos sit en dink hoe die seuns vir die Kakies moet uitkyk.  Jy sal die rede verstaan hoekom daar juis daar ‘n Fort gebou is en kan jy nogal die boere bejammer wat die Fort verloor het voordat daar een skoot gevuur is.
  • Fort Klapperkop – Hiermee bedoel ek eintlik die pad na die Fort.  Nie aanbeveel as jy alleen is of na donker nie, maar een van daardie plekke waar moontlike misdaad jou nie moet afskrik nie.  ‘n Bietjie logika sal baie help om jou veilig te hou.  Die pad aan die hang van klapperkop het verskeie uitkykpunte en is verseker om jou stom van bewondering te laat.  Ek verstaan dit is ook een van die beste plekke om saans liggies te kyk.  Daar is ‘n minimale toegang tot die Fort self, maar jy kan jou daar weer verkenner gaan hou.
  • Die Dieretuin – goed, mens gaan seker daarheen om die diere te beskou.  MAar daar is ‘n ongelooflike uitsig van bo die leeukampe af.  Die kabelkarretjie is seker die maklikste manier om daar bo te kom.  Net buite die boonste kabelkarretjie pos, is daar trappe wat na ‘n platform bo lei.  Die uitsig is ongelooflik.  Anders as die ander punte sien jy nie net die stad en ‘n gedeelte van Pretoria-Oos, met ‘n sweempie Centurion nie.  Jy sien van hier af agter die berg ook met ‘n gedeelte van Pretoria-Wes as ‘n bonus.
  • Die Uniegebou – asof die tuine nie genoeg van ‘n uitsig is nie, het jy ‘n wonderlike uitsig op die stad ook.  Die Uniegebou wemel van die Uitlanders en is relatief veilig ook.  Die tuine word ook netjies in stand gehou.  Die beste van alles is dat dit gratis is.  Ek gaan dat ‘n foto julle eerder vertel wat daar gesien kan word.
Wat is volgens jou die mooiste uitkykplekke in die land?  Waar wil jy nog jou oë gaan laat feesvier?
Advertisements

Aksies

Information

13 responses

23 10 2011
Olga

daar is soveel mooi plekke in die land. Hoe sonder n mens net een uit?
Du toitskloof, aan die kaapse kant. Veral as die wingerde vo bont verkleur is.

23 10 2011
seegogga

die jakarandastad bly maar mooi. enig seeuitsig is vi my mooi

24 10 2011
Xena Phoenix

Die mooiste uitkykpunt in die land is Kaappunt, ek is nou nog in vervoering.

23 10 2011
MaanKind

Wat van Unisa?
Bo-op Tafelberg
Bo-op enige berg

24 10 2011
Xena Phoenix

‘n Mens moet ten minste een keer in jou lewe bo-op tafelberg staan. Dit is ongelooflik.

In die Kaap is ek ook mal oor Chapmanspiek.

23 10 2011
Olga

In die Tugela Ferry, daar naby Pomeroy, as jy uitkyk oor die strooise. Dis werklik besonders.

24 10 2011
Xena Phoenix

Waar is dit? Ek wil gaan kyk?

23 10 2011
Olga

Daan ook, oppad van Lydenburg af Sabie toe is daar ‘n plek wat ‘n uitsig op die Staircase het. Asemrowend.

24 10 2011
Xena Phoenix

Die laeveld is amper in ‘n klas van hulle eie.

23 10 2011
Bileam se Donkie

Ek dog die mooiste uitsig op Pretoria is in die truspieëltjie daar by die Zambesi tolhek net so voor Petroport….

24 10 2011
Xena Phoenix

😉 Wat sal die plattelanders sonder die stad maak?

Wat is die mooiste uitsig in jou wêreld?

23 10 2011
Olga

Jou eerste foto is regtig stunning. Van waar is dit geneem?

24 10 2011
Xena Phoenix

Van Google af. 😉

Ek skat dit is van die uniegebou af.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: