Verwerpde babas

20 10 2011

In 2005 was die wêreld in vervoering oor Tsotsi gewees.  Dit het selfs ‘n Oscar gewen vir die beste buitelandse fliek.  ‘n Fliek van hoop, van hoe ‘n baba goedheid uit die mees geharde misdadiger kan haal.  So iemand kan mos nie heeltemal sleg wees nie.  Terwyl daar iets goeds in iemand is, kan hulle vir de beste verander.

Deesdae gaan daar nie ‘n week om sonder dat daar iewers ‘n berig is van hoe babas versaak word nie.  Nie net gelos word vir die dood nie.  Deesdae word hulle dood gemaak ook en soms op die wreedste maniere denkbaar.  Ek het nou die dag gelees van hoe van die pap babas op die treinspoor vasgemaak word. Daar by dus seker net ‘n nat kolletjie oor nadat die trein sy gang gegaan het.

Die mens is geneig om na hulle eie goed beter om te sien as wat hulle na ander se goed sal kyk.  Om dit in konteks te plaas, sal ‘n ma waarskynlik sonder om twee keer te dink vir haar eie kind sterf.  Hoewel sy dalk baie vir ‘n ander kind sal doen, sal sy dalk nie so ver gaan nie.  Dit laat my wonder oor die tipe vrou wat haar baba op ‘n treinspoor vasbind.  As sy dit met haar eie vlees en bloed doen, wat sal sy met ‘n ander kind doen?  Met ‘n ander mens?  Is daar dan  nog enige hoop oor vir ons land se mense?

Baie volke het al terwille van oorlewing soms van hulle babas ontslae geraak.  Ek het byvoorbeeld gehoor van die boesmans wat die swakker een van ‘n tweeling sou doodslaan sodat die sterker een kan oorleef.  Die Khoi sou weer die baba wat nog geborsvoed is saam met die ma begrawe het as sy dood gegaan het.  Lewendig.  Baie wreed beslis, maar geweeg teen die voortbestaan van die groep was dit seker helaas nodig.  Dit was voor die tyd van voorbehoeding.

Kan die babamoorde aan oorlewing toegeskryf word?  In ‘n land waar daar geen rede is dat ‘n vrou ‘n ongewensde swangerskap moet volbring nie?  Ek het dit al van te vore gesê en ek sê dit weer.  Die toelaag wat vir kinders uitgereik word is die wortel van alle kwaad.  As dit nie daar was nie, sou daar nie geteel word vir ‘n plek en ‘n wen nie.  Daar sou nie iets wees wat aanspraak kon maak vir die geld nie.  Daar sou nie eers geld gewees het nie.

Die toelae is seker hier om te bly.  Gaan babas op treinspore ‘n werklikheid word waaroor ons net ons skouers ophaal?  Hoe gaan die grootskaalse verwerping gestop word?  Is daar omdraai kans vir ‘n volk waar ‘n ma haar eie kind kan doodmaak?  Is dit die begin van die einde?

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wie het die hoofrol in Tsotsi vertolk?

Breinlosbrand:  Olga was reg.  Paralel parkering is kar se deure teen die sypadjie.  Gang parkering is die neus (of meer korrek die stert) teen die sypadjie.

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

20 10 2011
seegogga

Sjoe, ek dink nie daar is ‘n eenvoudige asntwoord nie- het dit nie dalk ook te doen met oorbevolking van die wereld nie, die depressie van ‘n nasie en dalk selfs die grootword met die idee van die waardeloosheid van menselewens?

20 10 2011
Selene Phoenix

Benny Moshe

Dis erg! Ek sal dit nooit kan doen nie… nie eens ‘n aborsie nie, wat nog van as ek die kind al vasgehou het!

En dan kry mens nog die wat net seuns soek soos in Idie – en die dogtertjies sal dood maak, of laat verdwyn sodat die ma nog ‘n kind kan hê en hopenlik die keer ‘n seun!

Ek lees gister dat ‘n Tweejarige kind in China? as ek reg onthou raak gery was deur ‘n kar/trokkie. Van al die 18 mense het nie een haar probeer help nie. Toe ry nog ‘n kar/trokkie haar raak! Sy is nou in ‘n koma en sal moontlik nooit weer reg kom nie. Hoe loop mens net verby?? Waar was die ma?? Vrae wat ons seker nooit sal kan antwoord nie.

20 10 2011
Gerda. J

as hy weer kom as Hy weer kom kom haal hy sy perels.
sulke dinge laat my aan die liedjie dink.

20 10 2011
Olga

die toelaag is natuurlik die grootste wortel van alle kwaad. And who do we have to thank? Defnitief nie boland bank nie. Wanneer dieselfde r218 per maand kind dus aan n treinspoor vasgemaak word of in die bure, ses huise verder, se longdrop gesmyt word? Ag, wdf, dis ook apartheid se skuld.

20 10 2011
Olga

apartheid het mos te veel gefokus op God se gebooie. Waarom dus nou jou kniee teenmekaar hou? Jy kan dan n beloning gaan eis.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: