Veilige Paaie

18 10 2011

Padsterftes is ‘n werklikheid in Suid-Afrika.  Die mense is oor die algemeen die regering eens dat iets gedoen moet word om die stop te sit.  As ‘n mens daaroor dink, het die gemiddelde Suid-Afrikaner genoeg om hulle lewe elke dag oor te vrees.  Veilige vervoer sal ‘n welkome verandering wees.

Die regering en die publiek verskil egter radikaal oor hoe die paai beveilig moet word.  Eers was daar gefluister dat spoedbeperkings verminder gaan word tot 100 km / h.  Aan die een kant was daar oor die moontlikheid gejuig.  Ander mense, soos die uwe, het dit summier afgeskiet.  Dit is juis wat ‘n volgende groep vertel het dat wetteloosheid van Suid-Afrikaners eers aangespreek moet word, voor daar aan spoedgrense gekarring word.

Toe kry die regering ‘n ander plan, wat basies daarop neerkom dat dit jou 4 jaar lank gaan neem om ‘n voledige bestuursbewys te kry.  Die kort weergawe is dat jy ‘n rekenaartoets moet aflê vir jou leerlinglisensie.  Jy moet ‘n jaar lank daarmee ry en in die tyd 120 h ondervinding opdoen, ten minste 20 ure moet in die nag wees.  Jy kry dan ‘n fase 1 lisensie, nadat jy ‘n praktiese toets slaag.  As jy in die jaar ‘n spoedoortreding kry, word jou lisensie vir 3 maande opgeskort.  Dan doen jy ‘n rekenaar toets met gevaarsituasies.  Slaag jy, is jy in fase 2.  Na 2 jaar kan jy aansoek doen vir ‘n volledige lisensie, na nog ‘n rekenaar toets.

Ek is nie noodwendig teen die stelsel nie, al sien ek die donkie wat goue ponde bollie in die prentjie.  Punt is dat meeste mense die eerste paar kere hulle lisensie dop.  Om die tydperk langer te maak, gaan nie juis iets aan die saak verander nie.  Om die verkope van lisensies te stop, gaan dalk meer vrugte dra.

Jan Alleman se raad oor pad ongelukke kom gewoonlik neer op die toestand van die pad, padwaardigheid van karre en die verbrande taxi’s.  Die is seker ook nie ‘n allesomvattende oplossing nie, maar dit dra beslis by tot frustrasies.  Wat lei tot ongeduld en wel ongelukke kan veroorsaak.  Die padsterftes is nie net in die hande van bestuurders nie.  Ander padgebruikers moet ook verantwoordelikheid neem vir hulle veiligheid.

Persoonlik dink ek dit is waar die kern lê.  Die regering moet verantwoordelikheid neem om die paaie in ‘n goeie toestand te hou.  Die toets sentrums moet verantwoordelikheid neem om net mense wat geskik is lisensies te gee.  Dit help niemand om lisensies te weier net om meer geld te maak nie.  Elke padverbruiker moet verantwoordelikheid neem om die pad so veilig as moontlik te gebruik.  Met die houding, sal die ongeluk syfer moet afkom.

Wat dink julle moet gedoen word?

Breinvasbrand:  Wat is die verskil tussen gang en paralel parkering?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1918.


Aksies

Information

4 responses

19 10 2011
Olga

eerste.
Paralelle parking, is in n ry, agter mekaar.
Gangparkering is weer sy aan sy, langs mekaar.
Ek dink treine, die soort wat goedere en passesiers vervoer, mag stadiger wees, maar sal beslis tot padveiligheid bydra deurdat dit pvt voertuie, busse, TAXIES en trokke op ons paaie sal verminder.

19 10 2011
J W W

Dis die useless funsas wat ons paaie, en basies alles waaraan hulle vat opneuk !!! eenvoudig !

19 10 2011
demoerin

Om die spoedbeperking laer te maak, gaan boggerol verander. Metro gaan net meer geld maak.
Ja, paaie moet in goeie toestand wees. Enigiets onpadwaardig moet van die pad af wees. Voetgangers hoort nie op die pad nie. Hulle moet ontslae raak van die mense wat lisensies verkoop, wat beteken dat elkeen wat wel op die pad is, darem ‘n toets geslaag het.
En ja, elkeen moet net verantwoordelikheid neem en die reëls begin nakom.

19 10 2011
Klip

Elke oggend betree die trotse hoenderhaan die hoenderhok. Saggies soen hy nege van tien henne. Maar van die tiende hoenderhen pluk hy ‘n veer. So gaan dit aan van dag tot dag…. die nege gesonde hoenders is bly, en die tiende hoender dra die pyn geduldig.

Maar op die 14de dag het die hoenderhen nou genoeg van hierdie prosedure gehad en sy skree vir die haan: “Jy kom elke oggend breëbors hier ingestap en soen al die nege ander henne.

Maar by my pluk jy ‘n veer! Wats jou plan??“

Die haan fluister in haar oor:

“Vir jou wil ek kaalgat sien Skattie!“

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: