Hoe om te kies

18 10 2011

Dit is ‘n ou, weemoedige prentjie.  Amper so oud soos tyd self.  Kinders wat besig is om spanne uit te roep.  Enetjie wie se gesiggie meer en meer val soos elke kaptein sy keuse roep.  Dan is elke span vol, sonder dat hy gekies is.  Amper erger, wanneer hy alleen oorbly, wil niemand hom in elk geval hê nie.  Mens kan net raai hoe hy voel.  Oorbodig?  Nie goed genoeg nie?  ‘n Onding?  In elk geval nie baie lekker nie.

Helaas is dit seker maar een van die lewe se dinge.  Ons is nou in die tyd wat Kersfees nou vir 3 maande gerek word in die naam van liefdadigheid.  Een van die grootste projekte is dat daar regtig ‘n moedige poging aangewend word om vir elke kind ‘n geskenkie te gee.  Niks fout daarmee nie.  Ek hou net nie daarvan hoe dit soms aangepak word nie.  Kortom, ek hou nie daarvan om self ‘n kind te kies nie.  Dit laat my altyd voel soos iemand wat ‘n perd moet kies.

Het julle al ooit op die 24ste by ‘n winkel gekom en dan een of twee verlore name op ‘n Kersboom gesien?  Ek wonder altyd aan die teleurstelling wat hulle die aand of die volgende oggend in die gesig gaan staar.  Al die ander kinders in die inrigting gaan ‘n geskenk ontvang, maar hulle gaan weet dat niemand vir hulle ‘n geskenk wou koop nie.

Dit is seker ‘n belangrike lewensles, maar Kersfees is seker nie die tyd om dit te leer nie.  Ek is seker self skuldig, want ek het nog nooit iets aan daardie vergete name gedoen nie.  En dit is nie net aan die bome in inkopiesentrum en kerke nie.  Weeshuise gaan dikwels nog ‘n stap verder, met ‘n nota van elke kind met hulle kerswens.  Omdat dit aan duisende mense gestuur word, sonder enige beheer wie watter kind gaan kies nie, gaan duisende mense die oulikste kinders kies.  Die wat ouer is of dalk nie hulleself oulik kan uitdruk nie, gaan wel, nie juis feature nie.

Ek weet kontant skenkings is dalk ‘n bietjie onpersoonlik en laat dikwels ‘n bitter smaak in die mond.  Veral omdat ‘n mens nie weet in wie se sak dit gaan opeindig nie.  Tog, in die geval dink ek dat kontant skenkings beter sal wees.  Die inrigting kan dan self vir elke kind in hulle sorg ‘n geskenk koop.

Terwyl daar nou van geskenke gepraat word, hoekom word daar altyd net op Kersfees gekonsentreer, in oorvloed.  Ek het al gehoor dat iets soos ‘n uitstappie na ‘n restaurant iets is wat die kinders nooit doen nie en iewers moet leer.  Hoekom word daar nooit na borge vir hulle verjaarsdag gesoek nie?  Die borg kan ‘n geskenkie koop, die kind vir sy verjaarsdag uitneem en die dag in ‘n restaurant afsluit.  Dit gee ‘n beter verspreiding van fondse.  Dit is makliker om ‘n kind ‘n maand te bederf as om 12 te bederf oor Kersfees.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Watter jaar is Louis Botha Kinderhuis gestig?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Trevor Manual.

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

18 10 2011
demoerin

Dit is ‘n ding wat my ook elke jaar pla, en sommer hartseer en depressed laat….veral as jy sien hoe familie en vriende se kinders blinkoog geskenke oopmaak – in oormaat. En hoe die meeste daarvan binne ‘n maand vergete in ‘n kas gaan opeindig.
My idee – Mamma en Pappa, sit saam met jou kinders, en hulle dikwels oormaat speelgoed. Stel jou kind voor die keuse, vir elke ding wat hulle hou, moet hulle een weggee aan minderbevoorregtes. Sommer ‘n goeie les vir die kinders ook. En mens hoef dit nie net een maal per jaar te doen nie. Daar is baie kinderhuise, veiligheidshuise, kleuterskole ens. wat kan doen met daardie speelgoed wat net so in ‘n kas of speelgoedkis opgaar.

18 10 2011
Krista

Ons het navraag gedoen by ‘n kinderhuis – die idee was om verjaarsdae te “sponsor” – veral vir die kleintjies. Partytjie met snacks en verjaarsdagkoek en persentjies. Nie reaksie gekry nie.

Ons het ook aangebied om betrokke te raak by ‘n gesin wat ekstra kinders inneem – op daardie stadium was daar 9 dogters van verskillende ouderdomme in die huis. Nie reaksie gekry nie.

As jy nie geld gee nie, wil hulle niks van jou hê nie.

Nou wil ek nie meer nie.

18 10 2011
Olga

1918
ai, dis eintlik so hartseer wat kinders aan kinders doen. Wat mense aan mekaar doen. Ek het 1 dag so n paar van daardie supermark kaartjies bekyk en amper op my rug geval. Dit het gewemel met lables,
i kid u not. Toe het ek dit maar terug gehang en aangestap.

18 10 2011
MaanKind

Ons wou verlede jaar twee kinders vat vir die vakansie, maar het uiteindelik nie. Die kinderhuis het soveel vereistes gehad, waaraan ons nie kon voldoen nie, bv ons moes onderneem om elke naweek daarna beskikbaar te wees as naweekouers. Ons kan nie, ons werk naweke, ons wil ook nie. Maar 2 kinders het uitgelose op ‘n lekker seevakansie, met ‘n ouma en oupa wat kon koekies bak, speel en so.

18 10 2011
Selene Phoenix

Dit is hartseer, veral as mens sien hoeveel speelgoed kinders mors en net vir 10min mee speel!

Ons het nou elke een ‘n boks gemaak vir kinders, daar moes in wees;
– Tande borsel
– Tandepaste
– Waslappie
– Seep
– Speelding
– Skryfbehoefte
– Sweetie
– Klere

En alles moet in ‘n skoenboks pas. Dis vir my ‘n oulike idee!

18 10 2011
Olga

selene, met klere, wat soek hulle?

18 10 2011
seegogga

Ek stem saam, Selene. Hoewel dit lekker klink om kinjie uit te neem vir verjaarsdag na rewstourant, het dit bvaie implikasies en is ook gegfvaarlik vir kind. Jy kan hom nie saam met enigeen laat gaan nie. As hele groep in bus gaan, is dit egter ‘n ander saak- maar dit is weer duur vir die sponsor. Blymaar ‘n probleem.

18 10 2011
Selene Phoenix

Olga
Jy kies op ‘n website tussen kinders. Ek het ‘n vierjarige dogtertjie gekies, en het so vir haar klere gekoop volgens ouderdom – ‘n hempie en broek.

Hulle gaan ook die bokse na, so mens moet dit nie seel nie want daar is mense wat vitamien pille en bederfbare goed in sit – en ook speelgoed soos messe en plastiek wapens.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: