Getel om te tel

16 10 2011

Daar ry ek amper die sensusdametjie onderstebo.  Ek was inderhaas oppad om ‘n sekere winkel  oop te vang, toe sy met die boek reg agter my kar opduik.

Ek het eerlikwaar simpatie met die sensuswerkers.  Ek kan my net indink hoe ongeskik die mense met hulle kan raak en hoe neerhalend hulle behandel kan word.  Ek kners toe maar op my tande en nooi haar maar na binne.  Hoe vinniger ek dit agter die rug kry, hoe vinniger kry ek ‘n plakker en hoe vinniger kan ek vergeet dat daar ‘n sensus was.

Ek moet erken dat ek nie heeltemal die nut van ‘n sensus insien nie.  Of eerder, ek wonder of daar nie beter maniere is om elke mens in die land persoonlik met die hand te kom groet nie.  In ‘n perfekte wêreld sal almal seker hulle vorms invul soos dit moet.  Ek bedoel nou wanneer ‘n baba skree, die kind geregistreer word.  Dat elke dooie aangemeld sal word.  Almal wat na Suid-Afrika emigreer, aan geteken sal word en so ook almal wat die land verlaat.  Dit is dan ‘n maklike plus en minus som.

Goed, almal wat al voorraad getel het weet dit is nie so eenvoudig nie.  Dit gee ‘n mens ‘n aanduiding, maar daar moet fisies getel word om te sien of die somme klop.  Die tellery is ook maar geneig tot foute, dus bly dit maar net ‘n plus minus getal.

Ek wonder nogal wat die gebruik van ander stelsels sal oplewer.  Soos die getal mense wat Werkloosheids Versekering betaal, plus die aantal mense wat Werkloosheid Versekering eis en die aantal mense wat toelae ontvang.  Daar moet seker ‘n manier wees om te weet hoeveel afhanklikes elk het.  Dalk kan genader word en van die aantal kinders die res van die bevolking bepaal.  Probleem is egter dat iemand iewers uitgelaat gaan word.  Is sensus regtig die enigste manier om te verseker dat die getal wat uitgelaat word, die kleinste is?

Terug by die boek wat ek moes invul in die naam van sensus.  Ek was verbaas dat hulle my naam en geboortedatum gesoek het, maar nie my ID nommer nie.  Hulle wou weet waar ek gebore is en waar ek voorheen gewoon het.  Daar was vrae oor water en elektrisiteit voorsiening en of ek my besigheid in ‘n spoeltoilet of ‘n long drop doen.  Dit kon ek nog insien.  Ek kon self die vraag insien van hoe ek die dak oor my kop bekom het.  Die vrae oor gestremdhede het my laat grinnik – blykbaar is die onvermoë om jouself te versorg (bad ens) ‘n gestremdheid.  Helaas was daar geen vraag oor domheid nie.

Dit is ook om een of ander rede belangrik om te weet of ek ‘n televisie, sateliet televisie, yskas ens het.  Ek wonder wat die staat gaan doen omtrent die mense wat nie het nie?  Gaan ek ook kry as ek nie op alles ja geantwoord het nie?

Dit is darem nou oor en verby.  Tyd sal leer of alles net ‘n groot mors van tyd was.

Breinvasbrand:  Watter Minister is in beheer van Stats SA?

Breinlosbrand:  Demoerin het reg gesnap dat ek van Steve Jobs praat.  😉

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

17 10 2011
Olga

eerste!

17 10 2011
Olga

minister in die presidensie vir nationale beplanning, trevor manuel.
Ek het mos gese dis sommer net n lot tjol. Hul doen kamma die senus om te bepaal hoeveel skole, kerke, hospitale ens in n omgewing moet wees. Hulle het nie geva waar die naaste skool(14km) kerk (31km) of hosp 42km is nie. Tog wou hul ras weet en of ek sal gaan werk was daar werk beskikbaar.

17 10 2011
Sonlig

Alhoewel ek bietjie jammer voel vir die “messengers”, kan ek verstaan hoekom die mense ongeskik raak en weier om die vrae in te vul. Met ons misdaad syfers, voel mens nogal huiwerig om jou adres op ‘n vorm te kryf en dan presies te vertel wat alles daar binne te vinde is. Ek het gedink die doel van ‘n sensus is net om die bevolkingsgetalle vas te stel. Die ander stelsels moet mos getuienis kan lewer van die sosio-ekonomies vlakke waarop almal verkeer.

Ek verstaan die sensus-vraelys in Amerika het 10 vrae op. Ons s’n het 75. Laat mens nogal wonder.

Anyway, ek het die gifappels nog nie by my hek gewaar nie.

17 10 2011
MaanKind

Daardie goed soos yskaste help maar net om jou LSM te bepaal.

17 10 2011
Olga

ons kyk nou teen karre, yskaste en sateliet tv vas. Nuus berigte op nationale tv het meer as 1 keer gese dat hul met die sensus wou vasstel WIE HET WAAR GESLAAP OP DIE NAG VAN 9 OKTOBER 2011. Niemand het my gevra waar ek geslaap het of wie anders het hier geslaap daardie nag nie. Ook hoeveel hospitale, kerke en skole in n omgewing hoort. Dit ook, was nooit gevra nie. Nou wonder ek steeds wat maak die nag van 9 / 10 besonders genoeg om oor te lieg.

17 10 2011
J W W

Wel, dis nou al die 3de sensus vanaf die useless regering in bewind gekom het en niemand van my naby familie en vriende was al ooit getel nie…. ook nog nie die keer iemand naby my huis gewees nie.

17 10 2011
Klip

Seuntjie sit op die sypaadjie en maak sy rugby helde uit klei.

Matfield, Bakkies, Habana, ens.

Met die kom ‘n ANC LP verby en vra wat hy doen.

Seuntjie vertel hom hy maak sy helde uit klei uit.

Die man sê as hy nou helde wil maak hoekom dan nie eerder Malema,

Zuma, Mugabe nie?

Seuntjie kyk half geskok op na die man en sê: “ek speel met klei, nie

met k@k nie!”

17 10 2011
Olga

😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: